ONTSTAAN VAN DIE MENSDOM
VANAF DIE SKEPPING TOT DIE MENS
Stes de Necker
Eeue reeds soek die mens na antwoorde op die tergende vrae soos: “Wie was Adam?” “Waar kom die mens vandaan?” “Was Adam regtig die eerste mens op aarde?” “Waar het die kruising van die Rooisee plaasgevind?” ”Wanneer het die aarde ontstaan?” ”Wanneer het die heelal ontstaan?” “Wat was daar voor die heelal ontstaan het?” ens.
Na al die soeke op antwoorde vir hierdie, en talle ander kwelvrae, moet die mens erken dat, desnieteenstaande die vordering wat daar op wetenskaplike, tegnologiese en intellektuele terrein gemaak is, die mens nog steeds niks weet van die Goddelike terrein nie.
Steeds het die mens nog geen persepsie van die grootsheid van die skepping en die ontsaglike grootsheid van God nie. Steeds weet ons nie wat lewe is nie. Wat is intelligensie? Wat is bewussyn? Wat is waarheid? Wat is werklikheid? Met ons beperkte verstandelike vermoë, vasgevang in die beperkende dimensies van tyd, ruimte en oorsaak en gevolg, is die mens eenvoudig nie in staat om hierdie begrippe te verstaan of te begryp nie. Die gevolg is dat menige wetenskaplike teorieë en selfs teologiese sienings, God eerder tot ons bestaansfeer probeer “aftrek”, om Hom sodoende meer verstaanbaar en meer “hanteerbaar” te maak. Dan kan ons ook ons mensgemaakte teorieë en versinsels, makliker formuleer en verdedig.
Met betrekking tot die ontstaan van die mensdom, is dit egter insiggewend dat wanneer ons die natuur-wetenskaplike teorieë oor die skepping en die ontstaan van die kosmos en die mensdom aan die een kant, en die Bybelse weergawe en gegewens oor die skepping en ontstaan van die mens Adam aan die anderkant, prakties en sistematies ontleed, die Bybel en die wetenskap verstommend in ooreenstemming met mekaar is!
In sy boek: “Die Groot Gedagte – abstrakte weefsel van die kosmos” skryf Gideon Joubert die volgende: “Die wetenskap se terrein is om die natuur te ontdek. God se terrein is die geestelike wêreld, ʼn gebied wat onmoontlik is om met die gereedskap en taal van die wetenskap te ontdek. Laasgenoemde moet deur die hart ondersoek word, en die verstand en die siel…” Dit beteken egter nie dat hierdie twee wêrelde, naamlik God se terrein en die wetenskap se terrein, verskillende wêrelde verteenwoordig nie. Die wêreld van die moderne wetenskap, hoe uiters klein en beperk in vergelyking tot die Goddelike grootsheid dit ook mag wees, is nog altyd deel van God se wêreld! Wetenskaplikes en teoloë kyk miskien vanuit verskillende perspektiewe na dieselfde universele vrae en waarhede en dikwels verskil hulle, maar deur die geskiedenis heen het beide se standpunte mekaar gereeld ontmoet.
Hierdie ooreenkomste bevestig die feit dat die wetenskap en die godsdiens wel langs mekaar kan staan en mekaar kan verryk en verlig. Harmonie tussen die Bybel en die natuurwetenskappe is sekerlik moontlik!
God het die mens ʼn ondersoekende gees gegee en gevolglik kan hy nie anders as om voortdurend te hunker na meer kennis en ʼn beter begrip van sy doel en betekenis op aarde nie. Handelinge 17:27: “God het hulle (die nasies) gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook moet rondtas om Hom te vind.”
Die briljante fisikus en wetenskaplike, Galileo, wat in ernstige konflik met die Rooms Katolieke Kerk gekom het oor sy standpunt dat die aarde om die son roteer, het by geleentheid gesê: “I do not feel obliged to believe that the same God who has endowed us with sense, reason and intellect, has intended us to forgo their use.”
Ek glo dat God alreeds in sy heilige woord, die meeste antwoorde op ons menslike vrae gegee het. Ons moet dit net soek!
Reeds in die Middeleeue het die Joodse filosoof Moses Maimonides (1135-1204) geskryf dat die botsing tussen die Bybel en die wetenskap, óf vanweë ʼn gebrek aan wetenskaplike kennis, óf ʼn foutiewe begrip van die Bybel is. Daar kan net één waarheid wees. Prof. Albert Einstein, sekerlik die grootste wetenskaplike van ons tyd, het by geleentheid gesê: “Science without religion is lame, religion without science is blind”
Soos reeds gemeld, word daar in hierdie boek geensins gepoog om die wetenskap Teologies korrek te bewys, of om die Bybel, wetenskaplik korrek te bewys nie. Waar ʼn bevinding ook nie strook met ʼn spesifieke bepaling van die meer algemene belydende geskrifte nie, word so ʼn afwyking spesifiek uitgewys.
Terwyl die Kerkordelike standpunt van die Nederduitse Gereformeerde Kerk m.b.t. die Bybel, (soos vervat in Artikel 11 van die Riglyne en Funksionele Besluite) naamlik dat die Bybel nie gesien kan word as ’n eksakte handboek vir historiese of wetenskaplike kennis nie, in beginsel ondersteun word, moet daar ernstig gewaak word dat die hedendaagse teologiese kritiek op die Bybel se historiese korrektheid, nie twyfel of skeptisisme in die geloofwaardigheid van die Ou Testament, veroorsaak nie.
George Ladd, The New Testament and Criticism (Grand Rapids: Eerdmans, 1967) sê op
Bld. 16: “The authority of the Word of God is not dependent upon infallible certainty in all matters of history and criticism.”
Die mens kan net met absolute sekerheid (sonder enige twyfel) glo, in dit wat hy sintuiglik kan waarneem, of in die alternatief, as hy dit nie self kan waarneem nie, die feite deur betroubare getuienis bevestig en gestaaf kan word. Vir die res is alles vir die mens, binne sy persoonlike en unieke verwysingsraamwerk, bloot aanvaarbaar (geloofwaardig) of nie-aanvaarbaar (ongeloofwaardig).
Terwyl die Bybel nog altyd as ʼn “geloofs-boek” gelees moet word, beteken dit sekerlik nie dat die historiese inligting en gegewens wat daarin vervat is, sonder meer as historiese versinsel afgemaak kan word nie.
Om vir die tipiese pragmatis (wat ek glo die meeste van ons is) bloot te sê om maar net te glo, is so goed jy sê vir ʼn regter in ʼn hofsaak om enige getuienis wat aangebied word, maar net goedertrou te aanvaar.
Wanneer ons die Bybel se getuienis (gegewens) vanuit ʼn meer praktiese oogpunt (pragmaties) benader, beteken dit geensins dat die Christelike geloof hierdeur aangeval word nie, inteendeel, dit bied vir ons ʼn soveel breër en ryker siening van die Bybel waardeur ons geloof net verder versterk kan word.
Die Christen gelowige beskik sekerlik ook oor die mees betroubaarste en geloof waardigste getuienis wat ʼn mens op aarde kan kry; Die Heilige Gees. Die Bybel sê vir ons baie duidelik dat die Heilige Gees getuig vir ons, en Sy getuienis is waar.
In Hoofstuk 1 word die vraag bv. gevra, hoe is dit moontlik dat Adam en Eva, op die tydstip toe die slang (satan) Eva verlei het, kon weet dat hulle sondig, aangesien hulle op daardie stadium nog nie van die vrug van die Boom van kennis, van goed of kwaad (oor reg of verkeerd), geëet het nie? ʼn “Catch twenty two” as jy van een wil praat!
Net so min as wat ʼn dier kan onderskei tussen goed of kwaad, of reg en verkeerd, aangesien dit nie oor ʼn rede of morele gewete (kennis en verstand) beskik nie, word daar in die beskouing in Hoofstuk 1 van die standpunt uitgegaan dat Adam en Eva net so min geweet dat hulle besig was om sonde te doen. Hulle was bloot te dom om te weet wat reg of verkeerd was!
Dit is my opregte begeerte dat die pragmatiese benadering wat in hierdie boek gevolg word, vir elkeen wat dit lees, ʼn soveel breër en ryker praktiese siening van die Bybel sal gee dat dit sal veroorsaak dat ons weer die Bybel met opwinding en verwagting sal lees.
Genesis 3:6-7 (a) “…..En sy het van sy vrugte gepluk en geëet. (b) ... Hulle al twee se oё gaan toe oop…..”
Is dit moontlik, dat naas die koms van Jesus Christus na hierdie aarde, die grootse enkele gebeurtenis in die geskiedenis van die mensdom opgesluit lê in hierdie twee verse?
Vir meeste mense gaan Gen. 3: 6-7 net oor één ding, die sondeval. Adam en Eva moet veroordeel word omdat hulle gesondig het, en sodoende die hele menslike geslag sáám met hulle aan die dood en die vervloeking onderwerp het! Maar is dit werklik al wat daar gebeur het? Hoé is dit dat hierdie twee mense, wat nog nie van die boom van kennis, van goed en kwaad geëet het, moes geweet het wat sonde is? Hoe moes hulle onderskei tussen reg en verkeerd as hulle nog nie oor ʼn morele gewete (kennis en verstand) beskik het om tussen goed en kwaad te onderskei nie? Net so min as wat ʼn dier kan onderskei tussen goed of kwaad, of reg en verkeerd, aangesien dit nie oor ʼn rede of morele gewete (kennis en verstand) beskik nie, net so min het Adam en Eva geweet dat hulle besig was om sonde te doen. Hulle was bloot te dom om te weet wat reg of verkeerd was! (Verskil van die Heidelbergse Kategismus, Antwoord 9, die Nederlandse Geloofsbelydenis, Artikel 14, en die Dortse Leerreëls, Hfstuk 3 – Artikel 1, dat die mens hom “willens en wetens” aan die sonde en daarmee aan die dood en die vervloeking onderwerp het.
Moontlik kon die mens op daardie stadium reeds oor die vermoë om kennis te kon opdoen beskik het, maar nog nie in die praktyk die ervaring om tussen reg en verkeerd, (of goed en kwaad) te onderskei, prakties bekom het nie.
Vers 22: “…..Die mens het nou soos een van Ons geword deurdat hy alles kan ken.” Hierdie vers impliseer seer sekerlik dat die mens tot op daardie stadium nog nie alles “geken” het nie.
Feit van die saak bly dat, vóór die sondeval, die tot stand komming (skepping en ontwikkeling) van die mens, soos wat ons die begrip “mens” vandag verstaan, nog nie volkome afgehandel was nie.
Eindelose debatte is in die verlede gevoer rondom die tydskaal en chronologiese verloop van die skeppings geskiedenis soos opgeteken in Gen. 1, terwyl net soveel teoriё bestaan rondom die mens “Adam” as sogenaamde “eerste” mens op aarde.
Darwin se evolusie teorie, soos beskryf in sy boek “The Origin of Species” (1856), het nie veel bygedra om lig te werp op hierdie kwelvrae nie; inteendeel, die Darwin teorie het juis as grondslag gedien vir baie mense om die Bybel se weergawe van die skepping te bevraagteken.
Grondslag van die Beskouing
A. Die Geslagsregisters van Genesis en Lukas
Terwyl die diepere betekenis van die Skeppings geskiedenis en die Christelike leer nooit uit die oog verloor moet word nie, bied die Bybel vir ons waardevolle inligting oor die tydperk vanaf Adam tot en met die koms van Jesus.
Die Ou Testament, en veral die Pentateug (eerste vyf boeke van die Bybel), is sekerlik nie bedoel om ʼn feitelik korrekte geskiedkundige handboek oor die tydperk vanaf die skepping tot en met die vestiging van die Jode in Palestina te wees nie. Die Pentateug bied in werklikheid vir ons ʼn terugblik, of openbaring, van die voorgeskiedenis van die Israeliete en hulle omgewing.
Soos algemeen aanvaar is die Pentateug geskryf gedurende die tyd van die ballingskap, m.a.w. nagenoeg 550 -560 v.C. en moes die skrywers daarvan hulle grotendeels verlaat het op die mondelinge oorleweringe van die geskiedenis, van een geslag tot die ander.
Wanneer ons die latere boeke van die Ou Testament lees, is dit merkwaardig hoe volledig en betroubaar hierdie oorleweringe in werklikheid was. (Sien in hierdie verband byvoorbeeld die geslagsregisters van Numeri en 1Kronieke)
Gen. 5 en 11:10-26, wat ook op sterkte van sulke mondelinge oorlewering geskryf is, dui vir ons in jare die geboortes en sterftes aan vanaf Adam tot en met die geboorte van Abram (Abraham), terwyl Gen. 21: 5 die geboorte van Isak beskryf.
Soos later in hierdie boek aangedui sal word was die jaartelling, wat deur die Bybel skrywers gebruik is, egter nie die jaartelling soos wat ons dit vandag ken nie.
Die moderne jaartelling het eers in 1582, met die aanvaarding van die moderne of sogenaamde Gregoriaanse kalender, ontstaan. [Vernoem na Pous Gregory XIII (1582)]
Na die geboorte van Isak vind ons egter nie weer ʼn chronologiese tyds-register van Isak se nasate nie behalwe die verwysing in Gen. 25: 26, wat aandui dat Jakob en Esau gebore is toe Isak sestig jaar oud was.
Die volgende belangrike verwysing wat as grondslag vir hierdie beskouing gebruik is, word gevind in Lukas 3 vanaf vers 23 wat die volledige geslagsregister van Jesus aandui tot en met die ontstaan van Adam. Hiervolgens sou Jesus die agt- en- sewentigste geslag na Adam wees.
Die tydperk vanaf Jakob tot en met die geboorte van Christus word nie in die Bybel kronologies uiteengesit nie, alhoewel Bybelse historici wel beweer dat Dawid ongeveer 1018 jaar voor Christus geleef het. (In hierdie beredenering 1024 v.C.)
Hierdie aanname maak dit dan moontlik om te bereken dat Dawid (1024 v.C.) die een-en-veertigste geslag voor Jesus was, en dat die een-en-veertig geslagte na Dawid dus gemiddeld ʼn geslag duurte van vyf-en-twintig jaar per geslag was. Ons verwys hier na ʼn gemiddelde geslag duurte wat duidelik onderskei moet word van ʼn gemiddelde lewensduurte. (Sien grafiese voorstelling later in hierdie artikel vir die lewensduurtes van Adam tot by Abram)
ʼn Gemiddelde lewensduurte verwys na die gemiddelde ouderdom wat mense leef (gemiddelde lewensverwagting), terwyl ʼn gemiddelde geslag duurte verwys na die ouderdom van een geslag tot en met die geboorte van die volgende geslag, m.a.w. “pa A” was vyf en twintig jaar oud toe sy seun, “seun B”, gebore is en “seun B” was ook vyf en twintig jaar oud toe sy seun, “seun C”, gebore is, ens.
Terwyl daar algemeen aanvaar word dat die gemiddelde lewensduurte van die mens, in die tyd van die Joodse ballingskap, nie veel hoër as 44 jaar kon wees nie, was die gemiddelde geslag duurte nagenoeg vyf en twintig jaar. (Sien die gemiddelde lewensverwagting van die mens sedert die bo-paleolitiese tydperk later in hierdie artikel)
Indien hierdie geslag duurte van 25 jaar op die voorgeslagte van Dawid toegepas word, tot en met die geboorte van Isak, arriveer ons op presies dieselfde tydstip as die tydperk 2046 jaar na Adam, wat volgens Gen. 11 en Gen. 21: 5 bereken kan word as die geboorte van Isak!
Soos voorheen genoem is dit belangrik om daarop te wys dat die jaartelling wat deur die skrywers van die Ou Testament gebruik is nie dieselfde jaartelling is wat ons vandag gebruik nie. In hierdie beskouing word daar gesteun op die werk van Sir Robert Anderson, ”The Coming Prince” (1894), wat beweer dat meeste ou-Testamentiese datering na die sogenaamde “Biblical Lunar Calendar” (30 dae per maand x 12 maande =360 dae jaar) verwys. (Sien voorstelling wat volg)
Aangesien dit egter 2106 ou Testamentiese jare verteenwoordig, is Bylae A op hierdie tydstip reggestel om huidige kalender jare (Gregoriaanse Kalender), 2135 jaar na Adam aan te dui. Bereken teen ʼn gemiddelde geslag duurte van 25 jaar, was Dawid dus gebore 2377 jaar na Adam, of te wel 1024 v.C.
Daar bestaan dus ʼn verskil van 24 jaar tussen hierdie berekening in die datering van die Afrikaanse verklarende Bybel wat die geboorte van Dawid aangee as 1000 VC. Volgens die Afrikaanse Bybel (2 Sam.5) was Dawid 30 jaar toe hy Koning geword het en hy het veertig jaar lank regeer. Volgens dieselfde berekening moes Salomo dus koning geword het 954 v.C. Volgens die King James Bybel sou Salomo regeer het vanaf 978 tot 938 v.C.! (978 - 954 = 24!)
Die verskil van 24 jaar in hierdie beredenering, vervaag egter teen die agtergrond van hierdie beskouing, wat daarop gemik is om aan te toon dat die bepaalde ontstaan datum van Adam, naamlik 3300 – 3400 VC, deur beide die wetenskap en die Bybel ondersteun word. 24 Jaar vroeër of later is in werklikheid onbeduidend, aangesien dit nie die kern waarheid van hierdie beskouing enigsins kan affekteer nie.(1)
(1) In ʼn studie wat in 1630 deur ʼn span studente en teoloë onder leiding van aartsbiskop Ussher van Ierland (Armagh) gedoen is, het hulle die bestaan datum van Adam vasgestel op 4004 – 3074 v.C. (J. Ussher, The Annals of the World iv 1658). Ussher se werk verskil met slegs enkele jare van die studies wat deur Johannes Kepler (3992 BC) en Sir Isaac Newton (c. 4000 BC) gedoen is. (Al drie hierdie werke is egter gedateer van ná die sondeval en het nie rekening gehou met die tydperk wat die mens in die tuin van Eden kon deurgebring het vóór die sondeval nie.)
Bybelse Maan Kalender bestaande uit 12 “maande” van 30 dae elk = 360 dae jaar.
B. Die Skeppings geskiedenis volgens die Bybel.
Volgens Gen.1 het die skepping soos volg verloop:
Dag 1 : Skepping van die “Lig”
Dag 2 : Skeiding van die waters bo en onder die gewelf (Hemel)
Dag 3 : Skepping van die son maan en sterre
Dag 4 : Skepping van die droë aarde, see, en plante
Dag 5 : Skepping van die seediere voëls en plante
Dag 6 : Skepping van alle diere en die mens
Dag 7 : Sabat
Later in hierdie beskouing word daar verwys na die “raamwerk interpretasie” waarbinne die skrywers van Gen.1 die skepping beskryf.
C. Die Geologiese Tydskaal vir die ontstaan en Geskiedenis van die aarde en sy bewoners
Bylaag B toon die wetenskaplike uiteensetting van die geologiese tydperke verteenwoordigend van die aarde se ontstaan tot en met die huidige tydvak.
Wetenskaplikes blyk eenstemmig te wees oor die feit dat die aarde nagenoeg 4600 milj. jaar oud is. Afgesien van die feit dat daar min wetenskaplike data bestaan oor die lewensvorme wat voor die Kambrium tydperk bestaan het, maw. vroeër as 540 milj. jaar gelede, bestaan daar ʼn groot mate van eenstemmigheid oor die lewensvorme en hulle ontstaan datums sedert die Kambrium tydperk soos in Bylaag B aangedui.
Hiervolgens sou die vroeëre “mens” of sogenaamde Hominied, (groot ape) alreeds in die Plioseen tydperk (1.5 tot 6.3 milj. jaar v.C.) ontstaan het. Argeoloë verwys na hierdie ontwikkelings tydperke as:
Onder-paleolitiese tydperk: 2 Milj.-120,000 jaar v.C.
Middel-paleolitiese tydperk: 120,000-35,000 jaar v.C.
Bo-paleolitiese tydperk: 35,000-8,000 jaar v.C.
Mesolitiese tydperk: 8,000-6,500 jaar v.C.
Neolitiese Tydperk: 6,500-3,300 jaar v.C.
In hierdie verband is dit interessant om daarop te let dat, volgens die wetenskap, die vroeë Neolitiese “mens”, of Hominied, bloot van jag vir sy bestaan afhanklik was, en eers teen die einde van die Neolitiese tydperk, oor die eienskappe van redenasievermoë en skeppende denke sou kon beskik het.
Dit is ook eers gedurende die laat Neolitiese tydperk waarin die eerste tekens van grond verbouing en landbou-produksie gevind word.
Verder ontstaan die skryfkuns, die wiel word ontdek en met die ontstaan van die Bronstydperk (3,300 – 800 v.C.) ontstaan ommuurde stede. Tydens die Ystertydperk (800–1 v.C.) kom die groot ryke tot stand, word paaie aangelê en verbeter vervoer. Die Assiriese ryk, die ryk van die Egiptenare, Babiloniërs, die Perse, Grieke en Romeine ontstaan.
Gedurende die onder-paleolitiese tydperk (2 miljoen tot 120,000 v.C.) was dit nog hoofsaaklik oermense wat bestaan het, en eers gedurende die middel-paleolitiese tydperk (120,000 tot 35,000 v.C.) het die spesie homo sapiens in Afrika ontstaan. Tydens die bo-paleolitiese tydperk (35,000 tot 8,000 v.C.) dring hierdie homo sapiens Eurasia binne.
Vroeër in hierdie beskouing is daar verwys na ʼn ”raamwerk” waarmee die skrywers van Gen. 1 die skepping beskryf.
Volgens die raamwerk-interpretasie van die skeppingsverhaal, gebruik die skrywers van Gen. 1 sewe dae as ʼn raamwerk om die skeppingswerk voor te stel. Die dae is dus simbolies van sewe tydperke.
Voorstanders van die raamwerk-interpretasie wys op die parallelisme tussen dag 1 tot 3 en dag 4 tot 6: Dag 1 praat van lig en dag vier van ligdraers; dag 2 praat van waters en die hemelkoepel en dag 5 van die inwoners van die see en voëls wat vlieg in die hemelruim; dag 3 praat van land en dag ses van landbewoners. Wanneer die opvolgende verloop van die skepping, parallel met die geologiese tydskaal geplaas word, vind ons dat die verloop van die skepping volgens die Bybel, 100% ooreenstem met die ontstaan orde volgens die geologiese tydskaal!
Die sogenaamde “raamwerk-interpretasie” geniet wye erkenning aangesien dit te verstane is dat die Genesis skrywers niks van evolusie en geologiese datering geweet het nie, en nog minder hierdie konsepte aan ʼn ongeletterde volk kon oordra nie! Om die skeppings verloop dus oor sewe dae voor te stel, kon die skeppings geskiedenis op hierdie wyse prakties en verstaanbaar verduidelik word.
In God se omgewing, waar daar nie tyd of ruimte bestaan nie, sê die Bybel ook dat een dag soos ʼn duisend jaar kan wees en ʼn duisend jaar soos een dag. In die skeppings geskiedenis kan een dag soos ʼn Bilj. jaar wees!
50 Milj. Jaar Gelede - Moderne Wêreld Gevorm – Ontstaan van Hominiede
2 Milj. Jaar gelede. Diere en voëls versprei saam met die kontinente
D. 3300 – 3400 v.C. en die Tuin van Eden
Meeste navorsers, maar veral Carol A Hill (Perspectives on Science and Christian Faith) (March 2000) en J Zarins, (Antiquity) , 1978, beweer dat die Tuin van Eden nagenoeg 4,000-3,400 v.C., bestaan het in die omgewing wes van waar vandag die Persiese Golf is.
“The Pishon River (Wadi al Batin) now enters the Persian Gulf at Umm Qasr, but the cobbles and pebbles from this fossil river system once extended as a far from southern Kuwait northward to the vicinity of Ur (Fig. 3). From about 5000 to 2000 B.C., Ur was possibly a seaport located at the confluence of the Euphrates River with the Persian Gulf, and it is also possible that the Pishon River flowed into the Gulf at or near this locality.”
Die argeoloog Dr. Juris Zarins, wat bekendheid verwerf het met sy sogenaamde “Eden Teorie”, skryf: “Thus the Garden of Eden, on the geographical evidence, must have been somewhere at the head of the Gulf at a time when all four rivers joined and flowed through an area that was then above the level of the Gulf. The wording in Genesis that Eden’s river came into four heads” was dealt with by Biblical scholar Ephraim Speiser some years ago: the passage, he said, refers to the four rivers upstream of their confluence into the one river watering the Garden.
Long before Genesis was written, the physical Eden had vanished under the waters of the Gulf. Man had lived happily there. But then, about 5000 to 4000 B.C. came a worldwide phenomenon called the Flandrian Transgression, which caused a sudden rise in sea level. The Gulf began to fill with water and actually reached its modern-day level about 4000 B.C., having swallowed Eden and all the settlements along the coastline of the Gulf. But it didn’t stop there. It kept right on rising, moving upward
Abraham se vader, Tera, was van die stad Ur afkomstig
Zarins se teorie gaan egter verder as die van Hill, deurdat hy met behulp van die LANDSAT Satelliet, presies kon vasstel waar die Gihon Rivier (Gen. 2:13) was.
“The Tigris and the Euphrates are easy because they still flow. At the time Genesis was written, the Euphrates must have been the major one because it stands identified by name only and without an explanation about what it “compasseth.” The Pison can be identified from the Biblical reference to the land of Havilah, which is easily located in the Biblical Table of Nations (Genesis 10:7, 25:18) as relating to localities and people within a Mesopotamian-Arabian framework. Supporting the Biblical evidence of Havilah is geological evidence on the ground and LANDSAT images from space. These images clearly show a “fossil river,” that once flowed through northern Arabia and through the now dry beds, which modern Saudis and Kuwaitis know as the Wadi Riniah and the Wadi Batin. “
Hierdie bevindinge is verstommend as ʼn mens dink dat die Bybel, wat vanuit ʼn Hebreeuse perspektief geskryf is, aandui dat: ”Die Here God het toe ʼn Tuin in Eden in die Ooste aangelê ..” (Gen. 2:8) maw. Oos van Israel.
Fig. 3a toon satelliet kaart van die Persiese Golf gebied waar die tuin van Eden geleë was. Volgens geologiese gegewens oor die sub-strata van hierdie gebied, lê die tuin tans begrawe onder nagenoeg 5000 tot 9000 meter afsettingsgesteente.
Meteoroloë blyk ook eenstemmig te wees dat 3,300-3,400 v.C. die mees onstuimige meteorologiese tydperk in die moderne geskiedenis was. Heelwat verwysings bestaan oor die enorme omvang van die onstuimige weerstoestande en donderstorms wat gedurende hierdie tyd voorgekom het.
Hier volg enkele voorbeelde daarvan:
1. 3500 BC: Mesopotamia; Leonard Woolley's flood
“3500 Leonard Woolley, head of the joint British American team excavating Ur, dates the flood layer of approximately 35000 feet, found at the base of the ruins of Ur, at 3500 BC.”
2. 3500 BC: Global; Holocene delta development worldwide
“The sequence of Holocene delta development worldwide is indicated as beginning at 6000 BC; by 3000 BC a transgressive sequence of deltaic deposits had developed. Under conditions of rapid sea level rise these fresh deposits would have been swampy and water-logged. However, a sudden regression would leave a silty, nutrient-rich floodplain well- drained with a slightly receding (downcutting) river, a condition ideal for irrigated agriculture. Journal of Coastal Research, Special Pub. 27, p. 235”
“Rain storms, climatic oscillation. Millennial-scale warming terminates with a period of climatic disturbance and flooding in the lower latitudes (Nile, Arizona, Morocco, Israel, Mesopotamia), followed by a drought; general, worldwide, climate-driven shock to early societies living in "edenic" geography of plenty with "fertile crescent" survivors organizing into more centrally administered culture based on irrigation.”
4. 3500 BC: China; Han River delta
“Recent data from the Han River delta indicate a rapid sea level rise (3 meters) from 4000 to 3000 BC. The data are not detailed enough to permit accurate charting of century scale variations, though the data at 3200 BC suggest the possibility of a major oscillation at that time”. (Journal of Coastal Research, Special Pub. 27, p. 133.)
5. 3250 BC: Europe; Piora oscillation, Europe
“Piora oscillation, named after Piora Valley in Europe where climatic irregularities were first noted. A major break in the climatic regime which resulted in a readvance of Alpine glaciers, a retreat of forests. Elms and linden trees declined in Europe and North America. In northern Europe the oak and hazel declined or disappeared. Changes occurred as far away as the Andes, Alaska, and the Kenyan highlands, so the disturbance was evidentially of global magnitude extended throughout the world. 3500 to 3000 BC. ( Lamb p 120)
Lamb notes that this is the time of the rapid spread of New Stone Age cultures in Europe; meanwhile there seems to have been a sudden stimulus to the growth of organized civilization, to deliberate cultivation along with development of the tools necessary for such activities. In Mesopotamia, and in the arid areas of the middle east in general, a period of wet years in which oases would have expanded and wild fruits and nuts abounded would have been followed by a growing dryer and less hospitable climate in which perhaps organized civilization would have been necessary for continued survival. Flourishing of civilizations in the Indus valley notably at the city of Harappa starting about 3000 BC with lands under cultivation that exceeded the areas of Mesopotamia and Egypt occurred up until about shortly after 2000 BC when drought brought an end of this culture. As the 3rd millennium progressed the flooding became erratic and finally disappeared, giving way to a period of calm in which travel by sea and over high mountain passes encouraged northerly migration and trade and exchange of metallic and monument building technologies that we now know as the Bronze Age.
Production of great funerary megaliths in northern Europe and the growth of prestige-oriented Beaker culture spelled the end of thousands of years of hunter-gatherer cultures, and the rise of centralized hierarchical civilization.”
Gen. 3: 24:”Die Here God het die mens uitgedryf, en om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak, het Hy oos van die Tuin van Eden gerubs gesit, en ook ʼn vlammende swaard wat heen en weer beweeg.” (Eie onderstreping)
Selfs wetenskaplikes erken dat die donderstorms gedurende die tydperk 3,300-3,400 v.C. van sulke enorme omvang en intensiteit was, dat die weerligstrale sekerlik, vir die mens van daardie tyd, soos ʼn vlammende swaard wat heen en weer beweeg het, kon lyk!
(Weerlig is in die antieke tyd as God se swaard asook Sy dienaar gesien. Ps. 104:4 “U wat die winde u boodskappers maak, die weerligte u dienaars”)
Mesopotamië (Gebied Ingekleur)
Die vraag kan met reg gevra word: “Is dit blote toeval, dat die “datum” 3,300 v.C., wat die Bybelse kronologie aandui as die ontstaan-datum van Adam; die 3,000-3,400 v.C. wat die argeologiese geskiedenis aandui as die totstandkoming van die “ontwikkelde” Neolitiese mens (Cro-Magnon), en die ongekende onstuimige klimaatstoestande wat in 3,300-3,400 v.C. in Mesopotamië voorgekom het, op enkele jare na, dieselfde is, of bestaan daar ʼn aanvaarbare verduideliking vir hierdie sameloop van gebeure?”
Uit die voorafgaande bespreking is dit duidelik dat daar tydens die laat Neolitiese tydperk (3,300 v.C.) een of ander dramatiese verandering (ingryping) in die ontwikkelings geskiedenis van die aarde plaasgevind het. Na ʼn tydperk van bykans 2 milj. jaar ontwikkel die wetenskaplikes se sogenaamde “mens”, in enkele dekades, vanaf ʼn oer-jagter tot die intelligente mens wat ons vandag ken!
Hoe is dit moontlik?
1. Die skepping van die mens
In Gen. 2: 19 lees ons dat, nadat die Here God die diere en voëls gemaak het, Hy almal na die mens gebring het om vas te stel hoe hy elkeen sou noem. Volgens Gen. 2: 19 sou dit dus lyk of God die diere ná die skepping van die mens geskape het! Gen. 2 vanaf die tweede deel van vers 4, is egter nie ʼn “tweede” skeppingsgeskiedenis nie, maar eerder ʼn samevatting van Genesis 1. Gen 2: 4, wat deur dieselfde skrywer as Gen. 2: 5 en verder geskryf is, bestaan duidelik uit twee dele: “(a) Dit dan is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskep is.” en (b) “Toe die Here God die aarde en die hemel gemaak het, …”
Die oënskynlike teenstrydigheid lê egter in die grammatikale styl van redevoering van die skrywer. Verse 4-7 van Genesis 2 is duidelik ʼn agtergrond opsomming vir verse 8-17, wat op hulle beurt weer dien as agtergrond opsomming vir vers 18. Vers 19 herhaal dan weer met die gebeure van dag ses, sodat die skrywer by die eintlike weergawe van verse 20- 25 kon uitkom.
As gelowiges moet ons dus aanvaar dat op die tydstip toe God vir Adam geskape het, al die voëls en diere reeds geskape was en dat daar tussen hulle nie een was wat as helper
of gelyke vir Adam kon wees nie. Daarom het God ook Eva op dieselfde “dag” geskape.
As gelowiges kan ons gevolglik nie met Darwin se evolusie teorie, dat die mens uit een of ander oer-aap ontwikkel het, saamstem nie, want geen van die geskape diere het gekwalifiseer as gelyke of helper vir Adam nie. Adam en Eva was unieke skeppings van God!
2. Die mens in die Tuin van Eden.
Hoe versoen ons dan die Bybel se gegewens met die wetenskaplik verantwoorde ontwikkeling van die wetenskap se “mens” sedert die Paleolitiese tydperk (nagenoeg 2 Milj. jaar gelede)
In Gen. 2: 8 lees ons: “Die Here God het toe ʼn Tuin in Eden, in die ooste aangelê en die mens wat Hy gevorm het, daar laat woon.”
Nêrens lees ons dat God die diere wat Hy geskape het, ook daar laat woon het nie!
In Gen. 1: 30 lees ons wel dat God al die groen plante as kos vir die wilde diere en voëls gegee het, en aan die mens al die plante wat saad gee en al die bome wat saad gee en vrugte dra. In Gen. 2: 16 lees ons verder dat God vir die mens gesê het dat hy van al die bome in die Tuin mag eet soos hy wil, “maar van die boom van alle kennis mag jy nie eet nie. Die dag as jy daarvan eet, sterf jy.”
Indien ons sou aanvaar dat die “Adam” wat die Bybel van praat; die sondvloed soos hierbo beredeneer, en “Adam en Eva” se uitdrywing uit die Tuin van Eden, alles in die tydperk 3500 tot 3400 v.C. plaasgevind het, kan daar net een logiese verduideliking wees vir die oënskynlike verskil tussen die wetenskaplike feite en die Bybel se gegewens, en dit is:
Die “mens”, wat God geskape het en in die Tuin van Eden laat woon het en wat ons normaalweg aanvaar Adam en Eva was, en die mens wat God uit die Tuin van Eden verdryf het, en wat ons weereens nog altyd aanvaar het, dieselfde Adam en Eva was, was nie noodwendig dieselfde mense nie!
Nêrens in Genesis staan daar dat die “mens’ en “vrou” van die skepping, Adam en Eva was nie, en net so staan daar nêrens dat Adam en Eva die “mens” was wat God uit die Tuin verdryf het. Die verwysings na spesifiek “Adam” en “Eva” in die Bybel vind ons eers in Hoofstuk 4 van Genesis; nádat God die “mens” reeds uit die Tuin van Eden verdryf het.
In Gen. 5: 1 staan daar:” Toe God die mense geskep het, het Hy hulle gemaak as beeld
van Homself. Man en vrou het Hy hulle geskep en Hy het hulle geseën en hulle “mens” genoem toe hulle geskep is.”
Die woord Adam kom van die manlike selfstandige naamwoord “Adamah” wat grond of aarde beteken. In die Hebreeuse vertaling word daar in die eerste vyf hoofstukke van Genesis gebruik gemaak van die woord “אָדָם” (Adm), wat in die oorspronklike Hebreeus na ʼn individu (man – enkelvoudig) of ʼn kollektief (mensdom – meervoudig) kan verwys.
In Gen. 1: 27 is dit duidelik dat die Bybel verwys na die enkelvoudige betekenis van die woord “mens”, wanneer daar staan: “God het die mens geskep …… man en vrou het Hy hulle geskep.” Hierdie is die enigste keer in Genesis waar daar na die “mens” in sy enkelvoudige vorm, verwys word. Vergelyk ook Gen. 2: 7 “Die Here God het toe die mens (man) gevorm uit stof van die aarde …”
Eva, wat in die Hebreeuse vertaling na verwys word as “חַוָּה,” (Hawwāh) beteken “lewe” of “bron van lewe” (afgelei van ḥāyâ wat beteken “om te lewe”) en word tydens die skepping na verwys as “vrou” (enkelvoudig). Uit haar het egter die hele mensdom ontstaan en gevolglik praat die Bybel van: “…. die moeder van al die mense” (Gen. 3: 20)
In die eerste vyf Hoofstukke van Genesis gebruik die skrywer/s van Genesis hierdie woordspeling tussen die enkelvoud en meervoud baie effektief om te onderskei tussen Adam, die man en die mensdom, en Eva, die vrou en moeder maar nog steeds “helper” van die man.
Manlike chauvinisme is niks nuuts nie!
Die “mens” , maar nou in sy meervoudige vorm, wat uit die Tuin verdryf is (Gen 3: 24) en wat ons nog altyd geglo het die twéé uitsluitlike individue, Adam en Eva was, kon gevolglik ʼn hele geslag mans, vrouens en kinders wat op daardie stadium in die Tuin gewoon en geleef het, wees.
In Gen 4: 1 lees ons dat “die mens” met sy vrou Eva gemeenskap gehad het. In die eerste gedeelte van vers 1 gebruik die skrywer beide enkelvoud en meervoud as hy praat van die “mens” (meervoud) wat gemeenskap gehad met “Eva” (enkelvoud). Hou egter in gedagte dat daar nog altyd na Eva verwys word as die moeder van alle mens. In Gen 4: 25 vind ons weer dat Adam met sy vrou gemeenskap gehad het. Dit wil amper voorkom of die skrywer hom, op hierdie punt, in ʼn soort van teenstrydigheid bevind het tussen die “mens” (meervoudig) en Eva (enkelvoudig)
Wat nou volg is sekerlik een van die interessantste woordspelings in die Bybel. In die tweede deel van vers een roep Eva uit:” Ek het ʼn man in die wêreld gebring …” (Die enkelvoudige betekenis van die woord Adam). Sy kon net sowel gesê het “Ek het nog “ ʼn Adam” in die wêreld gebring. Met die mens as Adam (vers 25) en die vrou as Eva (vers 1) (beide enkelvoudig) kan die skrywer nou voortgaan om hierdie twee mense, Adam en Eva, as afsonderlike eenhede te gebruik om as grondslag vir die res van die verhaal te dien. Gen. 4: 1 is dan ook die laaste keer wat ons van Eva lees.
Taalkundig kry ons dus die volgende woord konstruksies: (1) Die mens “man” en “vrou” word geskape: Enkelvoudig; (2) God laat die “mens” in die Tuin woon: Meervoudig; (3) God verdryf die “mens” uit die Tuin: Meervoudig; (4) Die “mens” het met sy vrou (Eva) gemeenskap gehad: Meervoudig na enkelvoudig; (5) “Adam” het weer met sy “vrou” gemeenskap gehad: Enkelvoudig na meervoudig. (6) Kain vermoor vir Abel en Set word gebore: Enkelvoudig.
Die feit dat die meervoudige mens wat God uit die Tuin verdryf het ʼn hele gemeenskap verteenwoordig het verklaar dan ook wie die “mense” was vir wie Kain bang was. [Kain was bv. bang vir die ander mense wat hom sou doodmaak Gen.4: 13]
Die laaste van die land diere, die primate, het nagenoeg 100 milj. gelede ontstaan. Aangesien die skepping van die “mens” ná die skepping van die voëls en diere gevolg het, bestaan die moontlikheid dus dat die “mens” van die skepping, selfs so lank as 100 milj. jaar in die Tuin van Eden kon deurgebring het voordat hulle uit die Tuin verdryf is!
Die “mense” van die Bybel, en die sogenaamde “oer-mens” van die wetenskap, kan gevolglik nie dieselfde mens wees nie! Die “mense” van die Bybel was tot en met die sondeval woonagtig in die Tuin van Eden en het eers daarná op die wêreld-toneel verskyn. (Die eerste aanduidings van die menslike beskawing (Sumeriese beskawing) is by Sippar wat tussen die Tigres en Eufraat reviere in suid Irak geleë is, gevind.
Dat die “evolusionêr” ontwikkelde hominied van die wetenskap (wat reeds verspreid oor die wêreld ontdek is), en die God geskape mens, (soos verteenwoordig deur “Adam” en “Eva” van die Bybel), wel groot ooreenkomste met mekaar getoon het, word bevestig deur die feit dat die Neanderdalmens wat gedurende die tydperk 15000 – 3000 v.C. bestaan het, en ook een van die wetenskap se evolusionêr ontwikkelde “mense” was, in vele opsigte net soos die mens gelyk en gereageer het. Die feit dat die Neanderdal eers 3000 v.C. uitgesterf het beteken egter ook dat die sogenaamde homo sapiens en die Neanderdal vir etlike jaar saam bestaan het.
Daar is vandag nog sekere mense wat op ʼn haar na, na sekere diersoorte lyk. Dit beteken egter nie dat hulle familie van mekaar is nie!
Hier weereens laat die Darwiniste ons met ʼn ernstige problem. Terwyl die evolusie teorie vir ons die “voorwaartse” veranderinge kan verduidelik, kan dit nie vir ons antwoorde verskaf op ʼn vraag soos byvoorbeeld: “As al hierdie wesens uit ʼn sekere oer wese ontwikkel het, waaruit het die oer wese self dan ontwikkel?” Die evolusie teorie kan nie vir ons “terugwaartse” ontwikkeling verduidelik nie!
Tot tyd en wyl die wetenskap dus kan bewys dat die “evolusionêr ontwikkelde” homo sapien, (die wetenskap se moderne mens), genetiese afstammelinge is van die God geskape mens van die Tuin van Eden, moét ons as Christene aanvaar dat die wetenskap se hominiede en die Bybel se “mens” nie dieselfde wesens is nie. Dit kan gevolglik net een ding beteken en dit is dat die wetenskap, iewers langs die pad, die historiese fossiel rekord van die hominiede en die God geskape “mens”, met mekaar verwar.
Skematiese voorstelling wat met die moontlike verwarring van die historiese fossiel rekord bedoel word.
In twee afsonderlike wetenskaplike studies wat deur Australiese en Amerikaanse wetenskaplikes gedoen is, kon hulle, met behulp van DNA en anatomiese ontledings, daarin slaag om aan te toon dat die oorgrote meerderheid Wes-Europiërs wat vandag leef, NIE uit een of ander Afrika-hominiede ontwikkel het nie! (Bron: American Association for the Advancement of Science. 2010 “The Mainstream Theory on Origin of Man”)
3. Die ontwikkeling en beperkinge van die mens.
In Gen. 3: 22: lees ons verder: “…..Die mens het nou soos een van Ons geword deurdat hy alles kan ken.” En dan in dieselfde vers: ……”As hy nou maar net nie sy hand uitsteek en die vrug van die boom van die lewe vat en daarvan eet en altyd bly lewe nie!”
Eers met die sondeval ontwikkel die mens, vir soverre dit sy aardse bestaan betref, tot die volledige beeld van God. In 1 Kor. 15: 49 verwys Paulus na die stoflike beeld van die mens wat eendag by God, ook die geestelike beeld van God sal wees.
Die psige van die “mens” (verstand, emosie, wils uitdrukking) kry nou eers volle gestalte; Die mens begin om oor kennis en begrip te beskik; die vermoë om te kan redeneer en om sy eie besluite te kan neem, (sogenaamde vrye wil) ontstaan. Die mens kry ʼn morele gewete! (Nou ken hy ook “verkeerd” en “kwaad”)
Volgens die Dortse Leerreëls, {Hoofstuk 4, Artikel 16} het die mens “nie deur die sondeval opgehou om 'n mens, toegerus met verstand en wil, te wees nie”. Daarteenoor is die essensie van hiérdie beredenering dat die volkome mens, Adam en Eva, toegerus met verstand en wil, juis met die sondeval tot stand gekom het! Gevolglik verskil hierdie beskouing van die Dortse leerreël 16 van Hfst. 4, en ook Reël 1 van Hfst. 3 en 4, wat sê: “Verstandelik was hy toegerus met ware en heilsame kennis van sy Skepper en van geestelike sake.” As die mens nog nie kon onderskei tussen reg en verkeerd nie, kon hy sekerlik nog nie oor ʼn” heilsame kennis van geestelike sake”, en daarom van reg en verkeerd, beskik het nie!
Gen. 3:10 “En die mens antwoord……” Hierin vind ons ook die eerste verwysing na ʼn beredeneerde twee-rigting gesprek tussen God en die mens. Die vermoë om te kommunikeer; te redeneer; begripsvermoë; die vermoë om ʼn ingeligte besluit te kan neem; die vermoë om tussen reg en verkeerd te onderskei en die vermoë om tussen goed en sleg te onderskei, plaas die mens nou in ʼn totaal ander posisie as die van sy voorgeslagte en mede-skepsels, wat nie oor hierdie eienskappe beskik nie.
ʼn Dier kan nie verantwoordelik gehou word vir wat hy doen nie, want hy kan nie tussen reg en verkeerd onderskei nie. ʼn Dier het nie ʼn morele gewete (verstand) nie! 2 Petr 2: 12: “Hulle is soos verstandlose wilde diere wat voortgebring word om gevang en doodgemaak te word.”
Die feit dat God die mens uit die Tuin verdryf het as gevolg van sy ongehoorsaamheid, beteken dan ook dat die sondeval aan die einde van die mens se verblyf in die Tuin van Eden plaasgevind het. Die “mens” en sy “vrou” het met die sondeval opgehou om te bestaan (sterf), en Adam die moderne “Mensdom” en Eva, die moderne “moeder van al die mense” kry gestalte. Die ontwikkeling van die totale mens {siel, gees en liggaam} word met hierdie gebeurtenis “voltooi”. Godsdienstig beskou maak dit ook nie regtig saak wat die mens voor die sondeval was nie. Wat saak maak is die feit dat, wat die mens ook al wás, daardie mens opgehou het om te bestaan en ʼn (nuwe) “mens” (Adam en Eva) gestalte gekry het. Die vermoë (potensiaal) om tussen reg en verkeerd te oordeel ontwikkel tot ʼn unieke eienskap van die mens. Daar ontstaan ʼn nuwe verhouding tussen God en die mens. God laat die mens toe om self te kies tussen ʼn lewe van gehoorsaamheid aan Hom, wat lei tot die ewige heerlikheid, of ʼn lewe van ongehoorsaamheid aan Hom, wat lei tot die ewige verderf. Hierdie intieme, persoonlike verhouding bestaan nét tussen die mens en God en word by géén ander van God lewende skepsels aangetref nie.
Wetenskaplikes poog onverpoos om die oorsprong en ontstaan van “die mens” te probeer vasstel. So byvoorbeeld word daar na die Sterkfontein omgewing verwys as die “Wieg van die Mensdom”. Dit mag miskien die wieg van die “mens van die wetenskap” wees, maar die wieg van die Bybelse mens, soos wat ons hom ken, was verseker in die Tuin van Eden!
ʼn Verdere belangrikheid van vers 22: “Die mens het nou soos een van Ons geword…..” is die feit dat met hierdie paar woorde die totale omvang van die dimensionele bestaan van die mens opgesom word. Die mens lewe vasgevang binne die dimensies van tyd; ruimte en oorsaak en gevolg. Die dier daarenteen is vasgevang binne ʼn vierde dimensie ook naamlik, redeloosheid (sonder kennis). Iemand het eendag gesê: “The only thing unique to Man is his mind. Everything else you can find in a horse and a pig.”
Die mens het nog nie van die vrug van die boom van die lewe geëet nie en het gevolglik geen begrip van tydloosheid (ewigheid) nie. Ewe-eens het die mens ook geen begrip van ʼn omgewing waar daar nie ruimte bestaan, of waar daar nie oorsaak of gevolg bestaan nie. In hierdie opsig is die ontwikkeling van die mens nog steeds nie voltooid nie! Toegang tot die ewige lewe is nie moontlik vir die mens wat aan die verval gebonde is en nog vasgevang leef in die dimensies van tyd, ruimte, en oorsaak en gevolg nie. Die mens moet nog eers van hierdie beperkinge ontslae raak.
4. Die opstanding van die liggaam.
Eeue reeds bely Christene dat hulle glo in die opstanding van die vlees. Die vraag is egter of die “vlees” werklik weer sal opstaan? By dood begin die proses van ontbinding en soos in Gen. 3: 19 geskrywe is: “Stof is jy, en jy sal weer stof word.”
Soos reeds gemeld bestaan die menslike liggaam uit 60% suurstof, 20% koolstof en 10% waterstof. Die orige 10% van ons liggaamsmassa bestaan uit stikstof, kalsium, fosfor, swawel, natrium, magnesium, yster en koper. Die natuurlike neiging, van alles wat bestaan, is om, soos Gideon Joubert dit stel: “…..in ʼn eentonige eendersheid te verval. Hierdie neiging, waarna dikwels al verwys is as die mees fundamentele natuurwet, word in wetenskaplike terme na verwys as die sogenaamde Tweede Wet van die Termodinamika. Alles gaan tot niet. Gideon Joubert sê: “Selfs die kosmos is ʼn ontbindende lyk.” Verval is onvermydelik. Plante vrek, klip verweer, vleis ontbind, metaal roes op, sterre brand uit en net so sal ons son ook eendag uitbrand en sal die aarde ook vergaan.
In die hiernamaals kan die stoflike liggaam (vlees), wat aan die verval gebonde is, nie bestaan nie. In 1 Kor. 15: 50 sê Paulus ook: “……vlees en bloed kan nie aan die koninkryk van God deel kry nie.”
As Christene glo ons in die opstanding na die dood soos wat Paulus dit beskryf in 1 Kor.15: 12- 34. Die opstanding-liggaam, is egter nie ʼn liggaam van vlees en bloed nie. “Hierdie verganklike liggaam moet met die onverganklike beklee word, en hierdie sterflike liggaam met die onsterflike.” (1 Kor. 15: 53)
Vir enige Christen moet Darwin se evolusie teorie op hierdie punt ʼn ernstige problem skep. Indien die mens evolusionêr ontwikkel het vanuit een of ander aap-agtige dier, ʼn proses wat, volgens die wetenskaplikes, oor miljoene jare gestrek het, ontstaan die vraag: Op watter stadium van hierdie proses het die mens dan ʼn “opstanding liggaam” bekom? Presies op watter tydstip (fase van ontwikkeling) het die “dierlike” liggaam ophou bestaan en het die “menslike” liggaam, die liggaam waarmee die mens weer sal opstaan, ontwikkel?
Indien ons die evolusie teorie tot sy logiese konsekwensie deurtrek, dan beteken dit seker dat daar ʼn menigte aap-agtige hominiede ook na die dood gaan opstaan en eendag saam met ons in die Paradys gaan wees!
In 1 Kor. 15: 51 sê Paulus: “Kyk ek maak ʼn geheimenis aan julle bekend: Ons sal nie almal sterwe nie, maar ons sal almal verander word.” Hierdie verandering is ook reeds waarneembaar in die fisiese verskynings van Jesus ná Sy opstanding. Markus 16: 12 “Daarna het Jesus met ʼn ander voorkoms aan twee van hulle verskyn …” (die twee dissipels wat op pad was na Emmaus)
In Lukas 24: 31 lees ons: “Toe gaan hulle oё oop, en hulle het Hom herken, maar Hy het uit hulle gesig verdwyn”, en in Johannes 20: 19 staan daar: “Daardie Sondagaand was die dissipels bymekaar. Alhoewel die deure gesluit was omdat hulle bang was vir die Jode, het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan …….” Jesus se verheerlikte liggaam kon dus verskyn waar en wanneer dit wou; dit kon van voorkoms verander; dit kon sigbaar of onsigbaar word, en dit kon selfs deur mure en tóé deure beweeg. Die mens sal gewis nie weer in sy verganklike stoflike vorm {vlees en bloed} opstaan nie!
Die mens sál weer opstaan, maar, soos wat Paulus dit noem, in ʼn geestelike liggaam (1 Kor. 15: 44) “Soos ons die beeld van die stoflike mens was, sal ons ook die beeld van die hemelse wees.” (Vers 49)
Hierdie beredenering verskil dus ook in hierdie opsig van die Heidelbergse Kategismus Antw. 57 en die Nederlandse Geloofsbelydenis Art. 37 in soverre beide hierdie geskrifte verwys na “hierdie selfde liggaam”. Die Dortse Leerreëls daarenteen verwys na “losgemaak van hierdie sterflike liggaam”!
Hierdie stoflike liggaam is nog gebonde aan die dimensies van tyd, ruimte, en oorsaak en gevolg. Die verheerlikte liggaam van die hiernamaals, kan sekerlik nie aan hierdie dimensies onderworpe wees nie.
5. Die verstandelike ontwikkeling van die mens.
Verder in Gen. 3: 23 lees ons: “Daarom het die Here God die mens weggestuur uit die Tuin van Eden uit om die aarde te gaan bewerk,….” Adam en Eva moet nou vir hulle self sorg deur te gaan boer! … (Dan is boerdery mos die oudste professie!)
Enige boer sal vir jou sê dat, om sonder enige implemente of toerusting, en sonder enige boerdery kennis of agtergrond, ʼn suksesvolle oes van ʼn land af te haal, jou kanse maar skraal is. Voeg daarby die feit dat die grond wat hulle moes gaan bewerk boonop vervloek was as gevolg van die sondeval, (Gen.3: 17), dan was hulle kanse nóg skraler!
Maar God laat nie die mens aan sy eie lot oor nie. Binne die bestek van ʼn relatief kort tydperk, vind daar, gedurende die laat Neolitiese tyd, ʼn dramatiese verstandelike en sosiale ontwikkeling by die mens plaas. Bruce Owen (Foundations of World Civilization 2009) verwys na die Uruk tydperk in die geskiedenis van Mesopotamië (4,000-3,200 v.C.), as ʼn tyd van “dramatiese ontwikkelinge” en die verskyning van baie voorwerpe en dinge wat ons vandag onder die begrip beskawing verstaan. Die wiel; ploeg; skryfkuns, ens. ontstaan in hierdie periode.
(Skematiese voorstelling van die tydskaal vanaf die ontstaan van die aarde tot met die koms van Jesus Christus en die gebeure wat gedurende die tydperk 3450 – 3350 v.C. plaasgevind het.)
In hierdie beskouing word daar gepoog om aan te toon dat die natuur-wetenskaplike teorieë met betrekking tot die ontstaan van die aarde en die heelal, en die Bybel se gegewens met betrekking tot die skeppingsgeskiedenis, wel ooreenkomste met mekaar toon en dat die wetenskap en die Bybel, ten opsigte van hierdie aspekte, mekaar ondersteun eerder as om mekaar te weerspreek. Daar bestaan ongelukkig net soveel wetenskaplike teorieë wat nie met die Bybel versoenbaar is nie.
Oor die feit egter dat daar gedurende die tydperk 3,450 tot 3,350 v.C. een of ander abnormale gebeurtenis in die ontwikkeling van die mensdom, plaasgevind het, blyk dit dat beide die wetenskap en die Bybel mekaar in hierdie opsig ondersteun.
Daar bestaan egter een baie belangrike kwalifikasie vir die aanvaarbaarheid van hierdie aanname en dit is: God is die Skepper van Alles, en Hy is nog altyd in beheer van Sy skepping.
Verder is dit ook belangrik om in gedagte te hou dat die gevolge van die skepping nog altyd voortgaan. God se skepping was op die sesde dag afgehandel en dit was goed (Gen. 1: 31) Dit beteken allermins dat God die skepping nou in ʼn staties onveranderlike toestand gelaat het. Die voortgesette veranderlike resultaat van die skepping gaan nog elke dag voort. Die omvang van lewe op aarde neem toe in kwantiteit en kompleksiteit.
Elke sekonde dyn die heelal verder en verder uit; nuwe sterre word “gebore”; ouer sterre brand uit; planete word “gebore”. Die heelal is n kookpot van botsende magte, duiselingwekkende kosmiese ontploffings, kernreaksies, stralings en woeling.
Astrofisici verwys na die Oerknal as die kataklismiese ontploffing toe alles in ʼn breukdeel van ʼn sekonde onverklaarbaar uit oënskynlik niks ontstaan het. Geweldige onbeskryflike energie is in die heelal uitgestort. “Die heelal het soos ʼn blom oopgegaan”
Kosmoloë is dit eens dat die heelal om en by 13,75 duisend miljoen jaar gelede op hierdie wyse ontstaan het.
Naastenby 6,000 duisend miljoen jaar later ontstaan die eerste sterre en nog 3,150 duisend miljoen jaar later ontstaan ons sonnestelsel en die planeet aarde. 4,600 duisend miljoen jaar later ontstaan die eerste vorme van lewe op aarde en nóg 4,500 duisend miljoen jaar later (100 milj. jaar gelede) ontstaan die mens. Hierdie Godgeskape “mens” verskyn eers ʼn onbenullige ongeveer 5,500 jaar gelede, op die wêreldtoneel. (Nadat die mens uit die tuin van Eden verdryf is.)
Sedert die Oerknal (wat terloops ook maar net ʼn onbewysbare wetenskaplike teorie is) het daar al reeds 1018 (tien gevolg deur agttien nulle) sekondes verloop. Lig (energie), wat tydens hierdie Oerknal opgewek is , en wat teen ʼn konstante spoed van 300,000 kilometers per sekonde beweeg, het tot nou toe reeds 10¹³X300,000 kilometer (3X10²³ of te wel 30, gevolg deur drie en twintig nulle) die heelal ingeskiet. Enige sterre wat dus verder as 10¹º ligjare van die aarde af weg is sal ons in elk geval nie kan sien nie, want hulle lig kon nog nie die aarde bereik het nie!
Toe God dus gesê het “laat daar lig wees” was dit biljoene jare voordat die eerste ster in die heelal begin flikker het en nog biljoene jare vroeër voordat die son op die “vierde” dag in ons sonnestelsel begin skyn het.
Of dit dan die Darwin teorie, of die meer onlangse Oer-knal teorie is, almal bevat elemente wat Godsdienstig akkommodeer kan word, mits ons glo en aanvaar dat God die skepper van al hierdie verskynsels is; of dit nou “evolusie” of die “oer-knal” is.
Gen. 1:3 “Toe het God gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.”
Is dit moontlik?
Dit is verseker moontlik, mits ons glo dat God die oerknal laat plaasvind het!
Volgens die Oer-knal teorie ontwikkel mikroskopiese eensellige wiere tot primitiewe plante en visse. Haaie, longvisse, walvisse en menigte ander soorte see bewoners ontwikkel evolusionêr tot die “groot seediere en al die ander lewende wesens waarvan die water krioel”. (Gen. 1: 21)
Gideon Joubert skryf oor die skepping van die diere en die voëls in deel 1 van sy boek “Die Groot Gedagte” : “Groot plantvretende reptiele speel in die moerasse van die Karoo. Die lewe op aarde neem steeds toe in kompleksiteit en omvang. Tyd gaan verby. Die lewe word uiters gespesialiseerd, sodat dit by tallose mikro- en makro-toestande kan aanpas”.
Is dit moontlik?
Weereens is dit verseker moontlik, mits ons glo dat God hierdie ontwikkeling (evolusie) laat plaasvind het!
Skematiese voorstelling van die ”Oer Knal”
(t=tyd, xy=ruimte) en die uitdyning van die Heelal.
Alhoewel die Bybel die skeppings geskiedenis beskryf asof alles in ses dae plaasgevind het, is dit egter duidelik dat die skepping oor miljoene- en selfs biljoene jare gestrek het.
Die heelal ontstaan 13.75 biljoen jaar gelede; die eerste sterre ontstaan 6 biljoen jaar later; na nog 3,150 miljoen jaar ontstaan ons sonnestelsel en die aarde, en na nog ʼn verdere 4,600 miljoen jaar ontstaan die eerste vorme van lewe op aarde.
Soos reeds genoem het die eerste land diere eers nagenoeg 200 milj. gelede op aarde ontstaan terwyl die voëls eers om en by 140 milj jaar gelede ontstaan het. Primate ontstaan 100 milj. jaar gelede en aangesien die skepping van die “mens” eers ná die skepping van die voëls en diere gevolg het moet ons aanvaar dat die “mens van die skepping” op die uiterste 100 milj. jaar gelede plaasgevind het. Hierdie “Godgeskape mens” verskyn eers nagenoeg 5500 jaar gelede op die wêreldtoneel nadat hulle uit die tuin van Eden verdryf is.
Die ontwikkeling van die mens na die beeld van God (Gen. 1: 26), kom egter eers tot volle gestalte ná die sondeval met die woorde: “Die mens het nou soos een van Ons geword….”
Ons moet ook in gedagte hou dat die “beeld van God” nie na ons fisiese voorkoms verwys nie, maar wel na ons geestelike beeld.
Met die sondeval gebeur daar dus twee uiters belangrike dinge:
1. Die ontwikkeling van die mens, kompleet met ʼn morele bewussyn, (soos wat ons ʼn “mens” ken), en wat reeds miljoene jare van tevore tydens die skepping ontstaan het, kry finale beslag. Alhoewel die skepping reeds voltooid en goed was, kry die uiteindelike vorming van die mens eers finale beslag toe hy ook oor die vermoë (kennis en verstand) kon beskik om, onder andere, tussen goed en kwaad (reg en verkeerd) te onderskei.
2. Die intieme vlekkelose verhouding tussen God en die mens word deur die sondeval verwoes, en daar ontstaan verwydering (skeiding) in die verhouding tussen God en die mens. Daarom word die “mens” uit die Tuin van Eden verdryf en staan hulle nou bekend as Adam en Eva. (verteenwoordigend van die mense wat nou buite die tuin van Eden moes woon.)
Daar kom ʼn nuwe verhouding tussen God en die mens, Adam en Eva, tot stand. Met hulle nuut gevonde redenasie vermoë moet die mens nou self kies tussen reg en verkeerd; tussen geloof en ongeloof.
God het nog nooit enigiemand geforseer om in Hom te glo of aan Hom gehoorsaam te wees nie!
Slegs deur gehoorsaamheid aan die Wet van God (ou verbond) en geloof in Jesus Christus (nuwe verbond), kan die mens van die straf vir die sonde, naamlik die dood, gered word. Die Dortse leerreëls, Hfst. 2 Par. 5, verwys hierna as “die belofte van die evangelie”
In Galasiërs 3: 24 skryf Paulus: “Ons was dus onder die toesig van die wet totdat Christus sou kom sodat ons deur te glo, vrygespreek sou word.” en in Johannes 8: 24 sê Jesus: “Daarom het Ek vir julle gesê julle sal in julle sondes sterwe, want as julle nie glo dat Ek is wat Ek is nie, sal julle in julle sondes sterwe.”
NOTA: Die tydsbepalings in hierdie beskouing is nie bedoel om absolute datum- dag- en tydsberekenings te wees nie, maar om eerder as benaderde, (maar nog steeds wetenskaplik aanvaarbare) tydperke te dien, wat ons kan help om die Bybel beter te verstaan en te begryp. ʼn Paar honderd jaar vroër of later gaan geen verskil maak aan die kernwaarhede wat in hierdie beskouing vervat is nie.
Betekenis van hierdie beskouing
Iemand sal sekerlik op hierdie punt met reg kan vra: “So what?” Wat hou hierdie siening vir ons, wat vandag in die jaar 2011 leef, in? Wat maak dit saak of hierdie beskouing aanvaarbaar of nie-aanvaarbaar is? Wat baat dit om te spekuleer oor wat sou gebeur het as Eva nié van die vrug van die boom van kennis geëet het nie of wat maak dit nou saak waar die Tuin van Eden nou eintlik geleë was?” Hou in gedagte dat die Tuin van Eden en die Paradys nie dieselfde plek is nie. Die Heidelbergse Kategismus Antw. 7 van deel 1 verwys eintlik verkeerdelik na die “Paradys”. Toe Jesus vir die misdadiger aan die kruis gesê het “Vandag sal jy saam met my in die paradys wees”, het die Tuin van Eden lank reeds nie meer bestaan nie. Ons kan verseker nie die bestaande toedrag van sake verander nie, en nog minder kan ons die gebeure in die Tuin van Eden, nagenoeg 4,600 jaar gelede, probeer regstel nie.
Myns insiens is daar hoofsaaklik drie belangrike implikasies wat hierdie beskouing vir ons inhou:
(1) dat die mens tevergeefs na intelligente lewe elders in die heelal soek, veral as dit gaan om lewe soos wat ons dit ken;
(2) Ons leef onder die “derde begenadiging”, die tydvak waarin God vir die derde keer, die mens oor sy sonde begenadig het, en
(3) Die mens is nie een of ander “super” ontwikkelde aap nie, maar ʼn unieke God-geskape wese na Sy beeld.
1. Kan daar lewe elders in die heelal wees?
Net soos wat organiese lewe op aarde kon ontstaan het as gevolg van chemiese verbindings en reaksies ná die Oerknal, net sowel kon lewe sekerlik ook elders in die heelal op dieselfde wyse ontstaan het.
Die verskil egter tussen hierdie “kosmiese” (organiese) lewe en intelligente lewe, soos wat ons dit ken, kan net moontlik wees indien daar in ons denkbeeldige “ander wêreld” ook ʼn “mens” sou bestaan het wat, soos Adam en Eva van ouds, teen God se opdrag in van die vrug van ʼn soortgelyke “boom van kennis” in daardie wêreld, sou geëet het! Die wiskundige waarskynlikheid hiervan is seker een uit ʼn paar triljoene.
Tensy daar in hierdie denkbeeldige “ander wêreld” van ons nie ook ʼn sondeval plaasgevind het soos wat in die Tuin van Eden plaasgevind het nie, sal ons verseker nie enige ander menslik-intelligente wesens, wat oor ʼn bewussyn en psige soos die van ons beskik, elders in die ruimte vind nie.
Daar mag wel ander vorme van lewe of ander vorme van “intelligensie” iewers in die heelal bestaan, maar dit is uiters onwaarskynlik, indien nie totaal onmoontlik, dat daardie lewe soortgelyk aan ons sondige beskawing sal wees. Die mens beskik oor ʼn bewussyn (die vermoë om te dink en te redeneer) weens sy vermoë om te kan “ken”, en sy vermoë om te “ken” weens sy sondeval!
Op 3 Maart 1972 het die Amerikaanse Ruimte Administrasie (NASA) die ruimtetuig Pioneer 10 lanseer met die doel om, onder andere, te poog om met ander buite ruimtelike beskawings kontak te maak.
Op een van die ruimtetuig se pote is daar ʼn plaatjie vasgeheg met simboliese inligting oor waarvandaan die tuig kom en hoe die bewoners van die aarde lyk. Dit beeld onder andere ʼn naakte aardse man en vrou uit en is gerig aan wie dit ook al, moontlik eers oor miljoene jare in die toekoms, sal vind. Die plaatjie, terloops, is deur Linda Sagan, vrou van die wêreld beroemde astrofisikus Prof. Carl Sagan van die VSA ontwerp.
Na miljoene kilometers se onsuksesvolle soektog is Pioneer 10 se instrumente op 31 Maart 1997 afgeskakel. Benewens Pioneer 10, stuur en ontvang dosyne radioantennas, regoor die wêreld, daagliks miljoene seine na en van die heelal in ʼn poging om met lewe elders kontak te maak.
Radiogolwe trek teen die spoed van lig naamlik 300,000 Km/sek. In ʼn straal van 20 ligjare om die aarde sal dit gevolglik minstens 40 jaar neem om ʼn antwoord uit hierdie gebied te ontvang! (20 jaar vir die golf om daar te kom en 20 jaar om terug te keer) Wat nog van hemelliggame wat honderde, duisende en selfs tienduisende ligjare van ons verwyderd is.
Nodeloos om te sê dat daar tot nou toe nog geen teken van enige intelligente sein of kode waargeneem kon word nie.
Dit is onwaarskynlik dat die mens nog sal bestaan teen die tyd dat ons ʼn antwoord terug ontvang!
Tensy ons buiteruimtelike familielede dus nie dieselfde ongehoorsame en sondige skepsels soos ons is nie, is alle pogings om wesens soortgelyk aan onsself in die heelal te vind, gedoem tot mislukking.
Die moderne beskawing het ontstaan as gevolg van kennis; kennis het ontstaan as gevolg van die sondeval en die sondeval as gevolg van die mens wat geëet het van die verbode vrug van die boom van kennis, van goed en kwaad! Dit is ondenkbaar om te glo dat God ʼn tweede sondige wêreld elders in die heelal sou toelaat.
In hierdie uitgestrekte, koue, swart ruimtes van die heelal, moet ons aanvaar dat ons die enigstes van ons soort is.
Indien ons net óns sonnestelsel kon krimp tot die grootte van ʼn rugbybal, sou die sterkste mikroskoop op aarde ons nie daarop kon vind nie!
Maar weereens, dit sluit nie die moontlikheid úit dat daar wel ander vorme van lewe of ander tipe lewende wesens elders in die heelal mag bestaan nie. Ons kan slegs waarneem dit wat ons sintuiglike vermoëns ons toelaat, met die gevolg dat as daar ʼn ander vorme van lewe, anders dan DNA samestellings, sou bestaan, ons sulke lewe moontlik nie sal kan waarneem nie.
Die heelal is ʼn groot plek en vir God is enigiets moontlik!
Die mens van vandag leef in die “derde tydvak” van die geskiedenis sedert die ontstaan van die moderne beskawing.
Die eerste tydvak was die periode vanaf die ontstaan van Adam tot en met die sondvloed. Die tweede tydvak was die periode vanaf die sondvloed tot en met die koms van Christus na hierdie wêreld en die derde tydvak is die periode sedert Christus se koms na hierdie aarde tot en met vandag.
Gen. 6:13: Toe sê God vir Noag: “Ek het besluit om ʼn einde te maak aan alle mense, want deur hulle toedoen is die aarde vol geweld.” en verder in vers 17: “Ek gaan ʼn oorstroming oor die aarde laat kom om al wat daarop lewe, te verdelg, elke lewende ding onder die hemel.”
Volgens die kronologiese tydskaal van die Bybel het die sondvloed nagenoeg 1656 jaar na die ontstaan van Adam plaasgevind.
1745 jaar later verskyn ʼn engel aan Josef en sê vir hom: “….dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos” (Matt.1: 21) en in Lukas 3: 9 sê Johannes die Doper: ”Die byl lê al klaar teen die wortel van die bome.”
Christus se koms na hierdie die aarde het volgens die Bybelse tydskaal, 1745 jaar na die sondvloed plaasgevind.
Vandag bevind ons onsself nagenoeg 2011 jaar na die geboorte van Christus.
Die eerste tydvak het dus nagenoeg 1,656 jaar geduur; die tweede 1,745 jaar en die derde tans 2011 jaar, oftewel 1,970 jaar ná die kruisiging en opstanding van Christus.
Statistici is dit eens is dat gedurende die tyd 3,400 tot 3,500 VC. (die tydperk vir die ontstaan van die mens Adam, volgens hierdie beskouing), daar reeds 25 miljoen mense op aarde was.
Met die sondvloed, in nagenoeg 1,745 VC., beraam statistici dat daar 44 miljoen mense op aarde was.
Met die geboorte van Christus, (jaar 1), word die wêreld bevolking op 200 miljoen beraam.
Tans (2011) word die wêreld bevolking op 7 biljoen beraam, en statistici voorsien dat in 2025, veertien jaar van nou af, hierdie syfer 8 biljoen sal beloop en in 2040, 9 biljoen!
Bron: “World Population Growth Through History” uitgegee deur die Amerikaanse Departement van Handel.
Dit is kommerwekkend dat reeds in 2025, (veertien jaar van nou af), 60 % van die wêreld bevolking (4,8 biljoen mense) van Asië afkomstig sal wees; 17% van Afrika; 9% van Europa; 8% van Noord Amerika; 5.5% van Suid Amerika en .5% van New Zealand, Australië en die Filippyne. In 1985 was die totale wêreld bevolking 4,8 biljoen!
Sedert die ontstaan van Adam, het dit die mensdom 5,200 jaar geneem om die 1 biljoen bevolkings kerf te bereik. Daarna het dit 120 jaar geneem om 2 bilj. te bereik; Toe 30 jaar om 3 bilj. te bereik; 25 jaar om 4 bilj. te bereik; 15 jaar om 5 bilj. te bereik; 10 jaar om 6 bilj. te bereik en toe weer 10 jaar om 7 bilj. te bereik in 2011.
Bereken teen hierdie groeikoers, beteken dit dat die aarde binne die volgende twintig jaar, nagenoeg 2 biljoen (2,000,000,000) addisionele mense moet akkommodeer en onderhou. Afrika alleen sal ʼn addisionele 300 milj. mense moet onderhou.
God het die mens se sonde vir 1,656 jaar verdra, voordat hy die mensdom die eerste keer uitgewis het. Daarna bly God steeds verdraagsaam met die sondige mens totdat Hy, 1745 jaar later sy Seun na hierdie aarde stuur, om vir die mens se sondes aan die kruis te boet; en dit net om die mens ʼn laaste kans te gee om hom van sy sonde te bekeer. Christus boet vir ons sondes met sy lewe, en ons ontvang die genadeverbond! Sodat “almal wat in Hom glo nie sal sterwe, maar die ewige lewe sal hê”
God neem, in Jesus Christus, die straf vir ons sondes op Homself.… God straf Homself! {Jesus is immers tegelykertyd ook God}
Op hierdie tydstip leef ons alreeds 1,970 jaar na die kruisiging van Christus. Die vraag is: Hoe lank gaan God hierdie keer die mens se sondes verduur, voordat Hy die mensdom vir ewig uitwis.
Dit wil voorkom asof hierdie tydvak waarin ons leef alreeds diep in “beseringstyd” is!
3. Die mens is uniek, geskape na die beeld van God
Die mens is NIE ʼn “super” aap nie! Vir ons as Christene bly die mens nog altyd die uniek geskape “lewende wese”, na die beeld van God. (Gen. 2: 7) Om enigiets anders te glo sal ʼn ernstige verwerping wees van die skeppings geskiedenis volgens die Bybel.
Die mens van God se skepping, soos opgeteken in die boek Genesis, en die ge-evolusioneerde mens van die wetenskap, is nie dieselfde wesens nie!
Tydens opgrawings wat by Sippar (60 Km. Noord van Babilon) gedoen is, is die oorblyfsels van die eerste menslike beskawing (Sumeriese beskawing) ontdek. Tot op hede kon die wetenskaplikes egter nie ʼn wetenskaplike verklaring vind vir die ontstaan (en verdwyning) van hierdie beskawing nie.
Volgens die voorafgaande beskouing van die “Ontstaan van die Mensdom” was die Sumeriërs die uitgedryfde mensdom van die tuin van Eden wat, ná die sondeval, (3400 v.C.) buite die grense van die tuin gaan vestig het. Met die Sondvloed, (1745 v.C.) (Sumeriese vloed) is hierdie beskawing uitgewis en het slegs Noag en sy familie oorgebly. Die vroegste Akkadiese geskrifte dateer die sondvloed op tussen 2000- 1500 v.C. Die Bybel gee reeds die antwoord op die wetenskaplikes se soeke na die ontstaan, en daarna die verdwyning, van die Sumeriese beskawing. Wetenskaplikes moet net op die regte plek soek vir antwoorde!
As Christene kán ons nie anders as om te glo dat ons afstam van die Godgeskape mens (na die beeld van God) wat, tot en met die sondeval, in die tuin van Eden geleef het.
Slot
Geen van die ou-Testamentiese geskrifte is sekerlik so bekend as die boek Genesis nie.
Selfs in lande waar die res van die Bybel nog grotendeels onbekend is, is daar min
mense wat nie die skeppings geskiedenis en die verhale van Adam en Eva in die Tuin
van Eden, Noag se Ark en die sondvloed, en die Toring van Babel, ken nie.
Die boek Genesis word allerweë as ʼn literêre meesterstuk beskou. Vir menige digters, skrywers en kunstenaars, was die boek Genesis nog altyd ʼn onuitputlike bron van inspirasie. Vir mense van alle ouderdom, geslag, oorsprong en oortuiging, was Genesis nog altyd dié bron van geestelike verryking. Vir argeoloë, historici, filosowe, studente en skrywers van watter geskiedkundige aard ook al, was dit nog altyd die verwysings raamwerk vir die oorgrote meerderheid van hulle sieninge en ideologieë.
Van al die Ou-Testamentiese boeke, is die boek Genesis sekerlik die boek wat die meeste belangstelling by die mens gewek het, en gevolglik die meeste debatte tussen wetenskaplikes en teoloë ontketen het!
Wanneer dit in die besonder gaan oor die ontstaan en ontwikkeling van die mens op aarde, bied die voorafgaande beskouing van Gen. 3, na my beskeie mening, ʼn praktiese en verstaanbare verduideliking vir die populêre strydvraag: “Wat (of wie) is ons en waar kom ons vandaan” Volgens hierdie beskouing is ons unieke God-geskape wesens wat, met die sondeval, die vermoë om tussen reg en verkeerd, goed en kwaad te onderskei, bekom het nie, maar wat ook, as gevolg van die sondeval, ons oorspronklike onbevlekte verhouding met God verloor het.
Na die “verkryging” van hierdie vermoë, ontwikkel ons tot unieke intelligente wesens, wat uiteindelik tot die bereiking van uitsonderlike prestasies in staat sou wees. Ons prestasies is alleenlik moontlik gemaak deur kennis wat ons as gevolg van die sondeval kon bekom. Net soos wat ons in sonde ontvang en gebore is, net so is ons prestasies ook in sonde ontvang en behaal! Die mens se beste bedoelinge, hoe edel of prysenswaardig dit ook al mag wees, dra nog altyd die kiem van die sonde.
Alleen uit genade en geloof in Jesus Christus kan ons van die straf vir ons sondes vrygespreek word. Deur die sondeval het die mens ʼn redenasie vermoë (verstand) verkry, maar slegs deur te glo kan hy vrygespreek word van die straf vir daardie sonde (die ewige dood).
Die mens kan homself nie onskuldig redeneer nie!
Verkorte verduideliking van die totstandkoming van
Fisici is van mening dat, onmiddellik na die Oerknal, slegs twee elemente in die heelal teenwoordig was naamlik waterstof en helium. Al die bekende elemente van vandag, soos suurstof, stikstof, koolstof, goud, koper, silikon, kalium, natrium, stikstof, deuterium en yster, het uit die voorgenoemde twee elemente gekom.
Soos wat sterre se waterstof (die brandstof vir kernkrag) opraak , neem die druk in die ster so geweldig toe dat die ster op homself instort. Hitte in die kern van die ster neem duisendvoudig toe en ʼn sogenaamde wit dwerg ontstaan.
Aangesien daar nie meer waterstofatome vir die kernreaksies is nie (alles het uitgebrand), is dit nou helium wat die ingewikkelde reaksies voortsit.
Helium word in koolstof verander, koolstof in suurstof en magnesium, suurstof word neon, magnesium word silikon, silikon word swael en so gaan die verbindings binne die ster kern voort totdat die ster “ontplof” en aan flarde geruk word. Met geweldige krag word hierdie elemente die ruimte in geskiet en ʼn sogenaamde super nova ontstaan. Eintlik is ʼn “nova” (nuut) nie soos die naam dit wil hê, ʼn nuwe ster nie, maar in werklikheid ʼn miljoene jare “ou” ster wat besig is om te vergaan.
Tydens so ʼn massiewe ontploffing word die swaarder elemente waaruit ons wêreld en alle lewende dinge saamgestel is soos stikstof, suurstof, koolstof, kalium, kalsium, fosfor, swawel, yster en nog baie ander swaar elemente, oor ʼn tydperk van biljoene jare, die heelal ingeskiet en versprei.
Soms ontplof die ster nie uitwaarts nie, maar na binne (inploffing) as gevolg van geweldige gravitasie kragte diep in die hart van die ster, en ʼn nuwe fenomeen, ʼn sogenaamde swart kolk, word gevorm.
Vandag is meer as 90% van alle atome (elemente) in die heelal steeds waterstof en helium.
Atome verbind en vorm molekules en molekules reageer met mekaar om komplekse strukture te vorm. Alles wat bestaan, bestaan uit elemente (atome) wat aanmekaar geskakel is om molekules te vorm en molekules was die voorlopers van die eerste lewende selle.
Per massa bestaan ons liggame uit 60% suurstof, 20% koolstof en 10% waterstof. Die orige 10% van ons liggaamsmassa bestaan hoofsaaklik uit stikstof, kalsium, fosfor, swawel, natrium, magnesium, yster en koper. Soos reeds genoem is hierdie atome alreeds biljoene jare gelede in die kerne van miljoene der miljoene uitgebrande sterre gevorm.
Geen wetenskaplike ter wêreld weet egter wat veroorsaak het dat molekules kan ontstaan wat in staat is om in ʼn ewebeeld van homself te verdubbel (soos wat met die groei van kristalle gebeur). Al kan ʼn kristal groei, bly dit nog steeds ʼn dooie ding en kan daar geen sprake van “lewe” wees nie.
Soortgelyke molekulêre verbindings het, oor biljoene jare, gely tot die ontstaan van organiese selle en hierdie selle ontwikkel die vermoë om te verdeel en nuwe selle te vorm. Die wonderwerk van lewe het plaasgevind! Gen. 1:24: “Toe het God gesê: ‘Laat die aarde lewende wesens voortbring….”
Alle lewe op aarde, die mens ingesluit, het op dieselfde enkele wyse ontstaan!
Grafiese voorstelling - Lewensduurtes vanaf Adam tot by Abram
Let veral op die afname in die lewensduurtes ná die sondvloed.
“GENESIS 6:3: Toe sê die Here: My Gees sal nie meer so lank in die mens bly nie, want hy is sterflik. Sy lewensduur sal nou honderd en twintig jaar wees.”
Sedert die sondvloed het dit 24 geslagte (vanaf Noag tot en met Dawid) geneem, om die nuwe ewewig (equilibrium) van gemiddeld 70 jaar te bereik. {Psalm 90:10 “Ons lewe maar sewentig jaar, of, as ons baie sterk is, tagtig” }
Gemiddelde lewensverwagting van die mens sedert die bo-Paleolitiese tydperk
Bo-paleolitiese tydperk 33 jaar Vanaf ouderdom 15 - plus ʼn addisionele 39 jaar
(35,000 – 8,000 v.C.)
Neolitiese tydperk 20 jaar
(6,500 v.C.)
Laat Neolitiese tydperk 26 jaar
(3,300 v.C.)
Klassieke Griekse tyd 28 jaar
(1,000 v.C.)
Klassieke Romeinse tyd 28 jaar Vanaf ouderdom 15 - plus ʼn addisionele 37 jaar
(1,000 v.C.) Nota:
Die gemiddelde lewensverwagting van ʼn Romeinse soldaat was 25 jaar in daardie tyd!
Bron: “ Marriage families, and survival in the Roman imperial army.” Walter Scheidel. scheidel@stanford.edu
Vroeg 20’ste Eeu 53 jaar
Huidige Wêreld gemiddeld 67.2 jaar ( 2010 beraming)
Suid Afrika (2010) 49.3jaar (2009 beraming 52 jaar – 1990 beraming 61jaar)
NOTA:
Weens die hoё kindersterftes gedurende die antieke tyd, het die gemiddelde lewensverwagting aansienlik toegeneem wanneer die ouderdom van 15 jaar eers bereik is