Postings

Tuesday 7 May 2019

Stes se Stories




Stes se Stories




SI de Necker









Die Pasella
Die matron van ʼn hospitaal reik by geleentheid ʼn omsendskrywe uit oor die dra van uniforms deur verplaagsters.
Een van die voorskrifte was dat die uniform nie korter as twee duim bokant die knie, (patella), mag wees nie.
Ongelukkig maak die tikster ʼn tikfout en toe die omsendskrywe uitgaan toe staan daar:
“Uniforms mag nie korter as twee duim bokant die pasella wees nie.”

Vasgehaak
Kerel neem ʼn girl uit die aand en na die tyd gaan hulle na haar woonstel toe.
Een ding lei tot ʼn ander en kort voor lank eindig hulle in die bed op.
Net voor die kêrel top-punt bereik kry die girl ʼn epileptiese aanval.
Die perd skrik so groot, hy laai haar net daar in sy kar en jag ongevalle toe.
Daar gekom vra die ongevalle dokter hom ‘Wat’s verkeerd?”
Antwoord die kerel, “Wel doc ek is nou nie ʼn dokter nie, maar as jy my vra sou ek sê haar orgasme hat vasgehaak”

Broer se van
Ou Mike vertel van die dag to hy so geskrik het vir ʼn verkeersbeamte.
“Jigge, ek ry nog so toe die spietkop my stop. En hy vra my “Wat is you van!?”
Hy sê “Jigge ek skrik so groot ek gee hom sommer my broer se van!”

Toe kinders nog kinders was
Een van die mees tragiese gevolge van ons sogenaamde moderne samelewing, is die feit dat ons kinder van vandag vergeet het hoe om te speel.
Vandag word elke spaar oomblik opgeneem deur 'n geklets op Blackberries, I-phones, Facebook, Twitter en wat nog alles. Graad 1 kindertjies doen op skool wat ons eers in Hoërskool geleer het. Alles gaan oor prestasie. Prestasie in die klaskamer, op die sportveld, op kulturele gebied ens. ens.
Ek het op 'n plaas grootgeword en gewoonlik was daar nooit genoeg ure in 'n dag op naweke en vakansies om alles te kon doen wat ek graag wou doen nie. Saam met my plaas vriende, kinders van die plaaswerkers, het ons perdgery, donkie gery, vlotte gebou om op die plaasdam mee te ry, kettie geskiet, kleilat gegooi, tol gespeel, albaster gespeel en wat nog alles. Die skool vakansies was almal te kort, om van naweke nie eers te praat nie.
En dan breek daardie verpeste Maandae aan. Terug koshuis toe. Terug na die roetine van opstaan, ontbyt, skool toe, middagete, studie, sport, aandete, studie, slaaptyd. En dit terwyl die verlange terug na die plaas en jou plaas maatjies, jou nie vir 'n enkele oomblik laat los nie.
As enigiemand my vandag sou vra wat my punte op laerskool was, sal ek dit om my lewe te red nie kan onthou nie! Want dit was nie belangrik nie. Van belang was om normaal groot te word. Om te leer deur te speel. Om wedersydse aanvaarding te leer deur met jou anderskleurige plaas maats saam te verkeer. Om respek vir grootmense te leer wanneer pa jou foeter omdat jy Outa Jan sommerso op sy voornaam genoem het en hom nie gerespekteer het deur Outa te sê nie. Om die natuur te leer ken en self te kon uitmaak wanneer die reën op pad is. En dan die grootste lesse van almal, en dit is om te leer dat melk van 'n koei kom en nie uit 'n bottel in die kafee nie; dat mieliemeel van gemaalde mielies kom wat eers geplant en gestroop met word. Dat koue botter jou brood gaan opfrommel as jy dit nie eers laat sag word het, nie. Om van vuur gebraaide mielies, stokbrood, vars “separater” melk, plaasbotter, die geur van 'n vars geplukte tamatie nie eers te praat nie.
Dit was leer!
Nie hierdie opgesmukte akademiese getjommel wat ons kinder vandag gevoer word nie. Hoekom moét klein Jannie of Sannie alreeds in standerd een, Newton se wette ken? Wat maak dit saak of hulle alreeds in standerd een, Fisika en toegepaste wiskunde moét ken?! Genade, daar lê vir hulle 'n hele lewe nog voor waarin hulle al hierdie dinge kan leer as hulle eers groter is.
Maar nou word so veel as moontlik so gou as moontlik in hulle ingedril en ingestop dat 'n mens sou sweer iemand is bang die arme bloedjie gaan dood vóórdat hy/sy al hierdie goed geleer het.
Ek onthou nog so goed toe ek in standerd drie was, moes ons 'n Engelse opstel skryf oor enige iets interessants wat ons die vorige naweek gedoen of beleef het. Hoe kon ek dan anders as om oor die plaas te skryf.
Die betrokke Saterdag het die weer uit die Noord-weste begin saampak en kort voor lank toe bars daar 'n donderstorm los dat dit lyk of hemel en aarde wil vergaan. Ons skape het dié dag in die veld geloop en toe die weer effens opklaar, besluit ek dat dit beter sal wees as die skaap die aand eerder in die kraal slaap.
Dit was die onderwerp van my opstel, maar tale en spelling was nog nooit een van my sterk punte nie. In daardie dae het ons van “diktee”, inplaas van spelling gepraat.
Die tweede paragraaf van my opstel sal ek nooit vergeet nie. Dit klink toe so:
“I went to bring the sheep too the kraal. But every time I keer them here, the wetherlight strikes there. And when I keer them there the wetherlight strikes here.”
'n Dag later, toe die juffrou my opstel boek vir my teruggee, het sy onderaan my literêre kunswerk geskryf: “Vir jou storie kry jy tien uit tien. Maar vir Engels net 'n halwe punt, want hierdie keer het jy darem nie weer sheep met n "j" gespel nie"!
Dit was die dae toe kinders nog normaal grootgeword het. Toe kinders nog kinders was.
En daar het dit my nou net aan my volgende wysheid laat dink.
As jy vandag normaal grootword, is jy al klaar mal genoeg.

Daardie Verdomde Skoenveter
Dit het alles die dag begin met daardie verdomde skoenveter. Ek was alreeds laat vir werk, sommer heelwat laat, toe my skoenveter boonop ook nog breek. Ek het die betrokke oggend 'n baie belangrike afspraak met 'n kliënt gehad en kon eenvoudig nie bekostig om laat te wees nie.
Ek het toe maar 'n skoenveter by een van my ander skoene geleen en inderhaas, vroulief gegroet, my baadjie gegryp en motor toe gestorm. Daar het die tweede probleem my reeds ingewag, want toe ek die aansitter draai, was daar net so een moedelose hum...hum... en toe niks verder nie. Pap battery.
Gelukkig was vroulief se motor byderhand en kon ek my Colt bakkie redelik vinnig ge-“jumpstart” kry.
Op pad kantoor toe het hierdie gebeure in my kop bly draai. Hoekom gebeur sulke goed altyd met 'n mens op die onmoontlikste tye. My bakkie se battery kon mos eers môre pap geword het en die skoenveter kon darem seker nog tot môre gehou het. Hoekom nou juis vandag. More sou ek nie 'n afspraak moes nakom nie en sou ek boonop genoeg tyd gehad het om met sulke soort probleempies te deel.
“Murphy’s Law” sê hulle.
Terwyl ek nog so sit en dink aan die onbillikhede van die lewe, word die verkeerslig voor my rooi en ek moet stop. Al weer 'n oponthoud! Om alles te kroon kom daar nog een van hierdie stopstraat bedelaars en klop aan my venster om te vra of ek nie vir hom net 'n paar sente het sodat hy vir hom 'n brood kan koop. Onmiddellik is ek sommer die moer in en vertel vir hom in geen onduidelike taal om my nie te probeer bullshit met sy brood kopery nie, want ek weet mos hy gaan die geld by die naaste kroeg of drankwinkel uitsuip. Stel jou voor, brood koop! Asof ek gister gebore is.
Die lig verander na groen en ek kon gelukkig weer ry.
Op kantoor aangekom moes ek hoor dat die kliënt nie langer vir my kon wag nie en het maar geloop. 'n Potensiële R50,000 se transaksie daarmee heen. Ag, Heretjie wat nog!
Die res van die dag het ook nie veel beter verloop nie. My sigarette raak op en daar is nie 'n spaar dosie in my lessenaar laai nie; My sekretaresse will die middag af hê want haar kind is ongesteld; Die lêer wat ek gister nog mee gewerk het, is nie meer op my lessenaar nie. Ens. ens.
Half vier die middag besluit ek dis nou genoeg, nou gaan ek huis toe. Nie nog 'n minuut van hierdie nonsens nie.
By die huis gekom het ek my kortbroek en loopskoene aangetrek en besluit ek gaan 'n ent in die veld stap, net om weer 'n slag vars lug te kry.
So in die stap, terwyl ek probeer om elke bossie met my kierie vlenters te slaan, dink ek weer aan die gebeur van daardie dag. Wragtig, dis darem nie “fair” nie. Alles kon mos maar reg geloop het ook. Maar nee, dit moes nou juis op daardie dag gebeur!
Eensklaps hoor ek 'n stem wat vir my vra: “Stes, wat loop jy so en mor. Wat het vandag met jou gebeur?”
Dadelik besef ek dat dit die Here is wat met my praat.
“Maar Here, U weet mos wat met my gebeur het. U weet dan alles. Alles het net verkeerd geloop. Ek het 'n groot besigheids transaksie verloor en dit net oor 'n verdomde skoenveter wat gebreek het en 'n kar wat nie wou vat nie.”
“Nou kom Ek vertel jou iets” antwoord die Here my. "Jou sekretaresse wou die middag afgehad het om haar kind dokter toe te kon neem, nè. Weet jy dat as sy daardie kindjie nie vanmiddag by die dokter gekry het nie, sou daardie kindjie vanaand gesterf het. Gelukkig kon die geneesheer haar net betyds die inspuiting gegee het wat haar lewe gered het.”
“En die kamstige transaksie wat jy verloor het. Het jy geweet dat die sogenaamde kliënt een van die mees uitgeslape bedrieërs op twee voete is. As jy daar daardie transaksie met hom aangeknoop het, sou jy vanaand R50,000 armer gewees het. Hy sou jou uit alles verkul het.”
“En die bedelaar wat aan jou venster geklop het by die verkeerslig. Het jy geweet dat dit eens een van die mees vooraanstaande sakemanne van die stad was wat deur dieselfde bedrieër wat jy so graag wou sien, ingeloop en van alles wat hy besit het, beroof is. Boonop het sy vrou hom verlaat, sy kinders wil hom nie meer sien nie en sy enigste heenkome saans is 'n bedjie by die Heilsleër se koshuis vir hawelose mans.”
“As jou motor gevat het toe jy dit wou aanskakel, sou jy daardie bedrieër nog in jou kantoor gekry het.”
“En, o ja, daardie verdomde skoenveter waaroor jy so moan. Het jy geweet dat vroeër vanoggend 'n swaar gelaaide vragmotor se remme ingegee het en dit oor die stopteken by die kruising naby jou huis, gejaag het. Gelukkig was daar op daardie oomblik geen verkeer of voetgangers by die kruising nie, anders was hulle gewis dood. Inteendeel, niemand het eers gesien hoedat daardie vragmotor oor die kruising gejaag het nie. Gelukkig kon die bestuurder van die vragmotor daarin slaag om die voertuig onder beheer te hou en het hy uiteindelik veilig sy bestemming bereik.
Die vyf minute wat dit jou geneem het om 'n ander skoenveter te kry, was presies die vyf minute wat jou lewe gered het. Want sien, as dit nie vir daardie vyf minute was nie, sou jy presies, op die oomblik toe daardie vragmotor oor die stopteken gejaag het, reg voor hom in die kruising gewees het. En Ek kan dit maar vir jou sê, jy sou dit nie gemaak het nie!”

Joumoerrologie
'n Amerikaanse toeris doen “white water rafting” op die Oranjerivier en Gatiep is sy toergids.
Die Amerikaner vra vir Gatiep: “Do you know psychology, methodology, biology or geology?
Gatiep antwoord: “Nei Master, never heard those big words!”
Amerikaner: “You sure don’t know a lot my friend?”
Skielik kry die boot 'n lekkasie en begin sink.
Gatiep vra die Amerikaner: ”Do you know swimonology and escapology away from crocodology?”.
Amerikaner: “What the fuck you mean??”
Gatiep: “Well, today you going to learn versuiptology just before you see joumoerology.”

Genie
Ou Koos loop eendag langs die see by Durban toe hy ʼn goue lampie op die strand optel.
Toe hy die lampie afvee, verskyn daar 'n Genie uit die lampie en sê vir Koos hy kan een wens kry omdat hy hom vrygelaat het.
Ou Koos sê vir die Genie: “Ag, jong, eintlik het ek al alles wat ek wou gehad het, maar die een ding wat ek nou regtig sal waardeer, is as jy vir my 'n brug kan gee van hier af tot in Australië.
Sien, die ding is so, al my kinders het al Australië toe emigreer en dit is net ek en my vrou wat nog in Suid-Afrika is. As jy nou vir my 'n brug kan gee Australië toe, dan kan ek elke naweek oorry soontoe en 'n bietjie by my kinders kuier en dan weer Sondag terugkom.”
Die Genie dink so 'n oomblik en sê vir Koos: “ Jong, nou vra jy darem 'n moerse groot ding! Het jy al gedink hoeveel beton, hoeveel staal, hoeveel bekisting daar in so 'n konstruksie sal ingaan?
En dan moet die brug nog hoog genoeg wees dat die groot vragskepe onderdeur kan vaar.
En ek aanvaar jy sal die pad geteer wil hê en dan moet daar nog straatligte ingesit word net sodat jy nie een aand van die brug afneuk nie.
Wil jy nie maar jou wens 'n bietjie heroorweeg en sien of daar nie iets makliker is wat jy graag sal wil hê nie?”
Ou Koos dink so 'n tydjie en toe sê hy vir die Genie: “Jong, nie regtig nie. Maar daar is een ding wat ek nog altyd begeer het om te weet en dit is hoe 'n vrou se kop werk.”
Na 'n paar sekondes toe sê die Genie: “Daardie brug waarvan jy gepraat het, hoe het jy gedink, moet dit 'n enkelbaan of dubbel baan wees!?”

Liewe Ma en Pa
Liewe Pa en Ma,
Dit gaan goed met my en met julle?
Sê vir boetie Wouter en boetie Koos dat om in die Army te wees baie lekkerder is as om vir Oom Piet te werk.
Hulle moet sommer gou kom aansluit voordat al die plekke gevul word.
Ek was eers baie ongemaklik omdat mens in die bed moet bly tot amper 06:00,
maar nou geniet ek dit om so laat te kan slaap.
Sê vir Wouter en Koos al wat mens voor ontbyt moet doen, is om jou bed netjies en glad te maak en goed blink te vryf.
Niks’e ge-varke voer, koeie melk, mampoer meng of braaihout kappery nie.
Jy doen amper niks!
Manne moet nog skeer, maar dis nie so erg nie, want daar’s warm water.
Brekfis is sterk op vrugtesap, pap, eiers en bacon, maar minder sterk op steaks, boerewors, tjops, aartappels en goed soos vetkoek.
Maar sê vir hulle jy kan altyd tussen twee dorpsjapies wat net koffie leef, gaan sit.
Hulle kos plus joune hou mens darem vol tot twaalfuur toe wanneer jy weer gevoer word.
Hierdie dorpsjapies kan nie juis ver stap nie.
Ons gaan op roete marse, wat ons sal taai maak, sê die Sersant.
As hy so dink is dit mos nie my plek om hom reg te help nie.
'n Roete mars is omtrent so ver soos tot by ons posbus by die huis.
Dan kry die dorpsjapies seer voete en ons almal ry dan terug
in lorries. Die veld is mooi, maar baie plat.
Julle gaan julle morsdood lag as julle hiervan hoor. Ek bly medaljes kry vir skiet.
Ek weet nie hoekom nie.
Die bulls-eye is net so groot soos 'n dassie se kop en beweeg glad nie eers nie.
En dit skiet nie eers terug soos daai Venter’s van die buurplaas nie. Al wat jy moet doen is om doodstil te lê en dit raak te skiet.
Jy hoef nie eers jou eie ammunisie te maak nie, dit kom in bokse.
Dan is daar wat hulle noem "hand-to-hand combat training".
Jy stoei met die dorpsjapies van die stad af.
Ek moet versigtig wees, want hulle kry maklik seer.
Dis nie soos om met ons ou bul, Swart Duiwel, by die huis te stoei nie.
Ek is omtrent die beste wat hulle in hierdie peleton het, behalwe vir Groot Jan Jordaan van die Bosveld.
Hy het saam met my aangesluit. Maar ek is omtrent 5 voet 6 en weeg 70kg en hy is 6 voet 8 en weeg maklik 150kg, droë gewig.
Sê tog my boeties moet gou maak en aansluit voordat ander ouens uitvind van die ongelooflike Army setup en aangestorm kom!
Julle liefdevolle dogter Saartjie!

The the Moer
Dit is die juffrou se eerste dag wat sy skoolhou en so voor in die klas sit 'n dogtertjie met so 'n blou vlek op haar wangetjie.
“En die ou kol op die wangetjie my skat?” vra die juffrou, “het my kind seergekry?”
“Nee juffrou,” sê die dogtertjie met 'n lispel, “ek ith so thebore juffrou!”
Die onderwyseressie voel aaklig omdat sy so 'n fout kon begaan en besef sy sal in die toekoms meer diplomaties moet wees.
'n Paar dae later kom sy weer in die klas en daar sit Willempie met so 'n behoorlike blou oog in die klas.
“My hartjie!” se juffrou, “en die ou blou oog? Is my kind ook tho thebore?”
“Nee, juffrou” se Willempie, “ek ith tho themoer!”

Daai lekker Moer word
Daardie lekker Moer woord.
1. Verbasing: Wat die moer..?
2. Opgee: Te moer hiermee.
3. Moeilikheid: Oo Moer..!
4. Sukkel: Hoe de moer moet ek dit verstaan!
5. Verwarring: Wat de moer!
6. Verdwaal: Waar die moer is ons?
7. Aggressie: Ek moer jou!
8. Belofte: Jy gaan ge-moer word.
9. Ongeloof: Nie 'n moer nie!
10. Waarskuwing: Pasop, sy’s die moer in.
11. Pyn: Eina Moer!
12. Onsimpatiek: Ek gee nie 'n moer om nie!
13. Ontkenning: Not de moer!
14. Aanwysing: Vlieg in jou moer!
15. Suspisie: Wie de moer is jy!?
16. Admirasie: Dis nou moer mooi!
17. Afguns: Sy moer!
18. Misnoeë: Sies moer!
19. Twyfel: Ek weet nie wat de moer om te doen nie.
20. Tydsberekening: Moer lank.
21. Afstand meting: Moer vêr.
22. Hoogtebepaling: Moer hoog.
23 Diepte bepaling: Moer diep.
24. Paniek: Ek’s moer laat!

Brakpan
Brakpan
*Jy weet jy is in Brakpan as jou girl se ouma verwag.
*As 'n Brakpanner verby n dam loop gooi die eende vir hom brood.
*Hoe vind 'n Brakpanner sy sussie in die donker? Blerri lekker.
*In Brakpan kan hulle net tot 3 tel: 1L Brandewyn, 2L Coke, 3L Cortina.
*6uur in die aand sluit die Brakpanners hulle kinders in die huis toe sodat die honde buite kan speel.
*Brakpan pickup line: “Ek weet jy's ni 'n klip ni maar kan ek jou maar gooi?” ......
*..... of: “Hey koekie, gaan jy buk of kan ek jou maar trip?”
*Kan iemand asb. vir die Brakpanners die verskil tussen sneeu en kokaiene verduidelik.. julle is nie op 'n trip nie, dis brain freeezzzz!!
*In Brakpan loop die honde in pare, hulle is bang die kinders byt.
*As 'n Brakpanner die lotto wen...sit hy Ferrari mags op sy Cortina.
*Hoe weet jy iemand kom van Brakpan af? As hy dink "fast food" is om 'n rooibok op 150km/h met sy Cortina te slaan.
*Die deurmekaarste dag op Brakpan is vadersdag.
*Brakpanners se huise lyk almal dieselfde; Die vensters is getint en fondasies is gedrop.
*Wat is die verskil tussen 'n Brakpan girl en 'n muskiet? As jy ʼn muskiet klap hou hy op suig.
*Brakpan girls is goedkoper as ‘please call me's’.
*Jy weet jy's in Brakpan as die kinders dink Jack Daniels is familie.
*Hulle sê dat Brakpanners so arm is dat hulle die kinders op die grasperk laat kak sodat die diewe kan dink daar is waghonde op die erf.
*Party Brakpanners laat weer die hoenders in die sitkamer kak om die grasperk skoon te hou.

Spook
Man op die hospitaalbed het heavy maagpyn! Hy try 'n wind los en bekak sy hele hosiptaalbed. Hy gryp die laken en gooi dit by die venster uit.
'n Dikgesuipte boemelaar stap op die sypaadjie en die vuil lakens val op hom.
Hy slaan, klap en gaan tekere tot die laken af is.
Die sekuriteitswag by die hoek van die straat vra vir die ou: "Wat het gebeur?"
Boemelaar:"Ek weet nie, maar ek het nou net die kak uit daai spook gemoer!”

Bloedbek
Die vlermuis kom ingevlieg by die grot met vars bloed om sy bek.
Die ander vlermuise gaan mal, want hulle wil ook daarvan hê.
Na 'n lang gesukkel om hom so vêr te kry om vir hulle ook te vertel waar die bloed vandaan kom, sê die vlermuis hy sal hulle gaan wys.
Almal vlieg toe agter hom aan en na 'n tydjie kom hulle voor 'n groot boom te lande.
"Sien julle hierdie boom?" 
"Ja, Ja" skree die honger vlermuise! 
"Wel goed vir julle, want ek het fokken ding nie gesien nie

Sal gaan aantrek
Fochville is toe al die tyd n rowwer plek as Brakpan.
Jannie het vir hom ʼn Boksburg girl gekry en gaan op die eerste date met die girl.
Later die aand kom hulle by haar woonstel en die girl gooi haarself op die bank neer en vra:
“So Jannie, wat wil jy nou van my hê?”
Jannie: “Jou panties op jou knieë!”
Girl: “Gee my net ʼn oomblik, ek sal gou een gaan aantrek”

45 cents
Sannie se vir haar ma: “Ek gaan van Jannie skei.”
Sannie se ma antwoord geskok: “Ag, nee Sannie, wat gaan dan nou aan. Is jy seker, jy wil skei?”
“Ja, ma. Al wat Jannie soek is seks, seks, seks en meer seks. My paddatjie is al die grootte van n 50c stuk. Dit was altyd die grootte van ʼn 5c stuk.”
Haar ma is geskok en antwoord. “Jy's getroud met n multi-miljoenêr sakeman wat jou op sy hande dra, jy bly in n 8 slaapkamer mansion, jy ry n R3 miljoen se Ferrari, jy kry R40000-00 per week se spending geld, jy vat 6 vakansies per jaar en jy wil dit als weggooi!?
En dit oor 45c!!”

Pagel
Die regte leeu het siek geword en kan die aand nie optree nie toe Pagel een van die tydelike werkers vra of hy nie in die plek van die leeu wil optree nie. Hulle sal dan vir hom 'n leeu pak aantrek wat op 'n druppel na aan 'n regte leeu lyk en al wat hy moet doen, is, hy moet die ring binne draf en dan der toertjies wat die leeutemmer vir hom sê om te doen, uitvoer.
Die aand draf die kêrel in sy leeu suit die ring binne en perform soos 'n wie weet watse leeu. Dan is hy op sy agterpote, dan weer op sy voorpote, dan spring hy op 'n stoeltjie en kap na die leeutemmer, net soos die genuine leeu.
Toe die vertoning klaar is, moet hy toe uitdraf deur die tonnel wat na die leeuhok lei, maar in sy opgewondenheid kies die kêrel toe die verkeerde tonnel en beland in die beer se hok. Toe hy die hok so binne draf toe sit daar een helse groot Grizzly beer in die oorkantste hoek wat hom glurend aanstaar.
Die leeu kêrel skrik sy melk weg en gaan sit in die teenoorgestelde hoek van die hok, doodstil.
Na 'n minuut of wat begeef die kêrel se moed hom en hy begin in so 'n diep growwe stem roep, “Pagelll!, Paaagell ! Pageeell!” Maar ou Pagel hoor hom nie.
Nog 'n minuut of wat later toe roep die kêrel weer, “Pagelll ! Pageeell, As jy nie nou gou kom nie dan kak ek in my broeeek!”
Net toe hy klaar is toe kom daar so 'n benoude stem uit die beer uit, “Jy kan maar los! Ek het klaar in mý broek gekaaak!”

Ry Bloots
Die vrou se motor gaan staan sonder brandstof en n Rooi Indiaan gee die vrou 'n geleentheid tot by die naaste vulstasie agterop sy perd.
Sover as wat hulle ry weergalm die Indiaan se Tarzankrete.
By die vulstasie aangekom wil die joggie by die vrou weet: Hoekom is hy so opgewonde?
Vrou: Hoe sal ek weet! Hy skreeu nog die hele ent pad so.
Joggie: Was jy nie bang nie?
Vrou: Nee ek was nie regtig bang nie. Ek het maar net al hoe stewiger voor aan die saalboom vasgeklou.
Joggie: Mevrou, Rooi Indiane ry bloots!

Bank Paartie
'n Spul bankrowers storm eenkeer 'n bank binne en skree, “Hierdie is 'n bankroof! Almal lê op julle mae dan sal niemand seerkry nie! Die een wat nie op sy maag bly lê nie sal geskiet word!”
Almal slaan op hulle mae neer en hou net hulle koppe toe.
Arme Sannie skrik egter so groot, sy slaan reg agteroor in 'n vloute en beland op die naat van haar rug, so uit soos 'n kers!
Toe Willem, een van die klerke, hoor daar val iets hier langs hom, maak hy sy oë so versigtig oop en sien Sannie langs hom lê.
“Ag Here Sannie,” fluister hy vir haar, “lê tog in Vaders naam op jou maag! Hierdie is 'n bank roof, nie 'n bank party nie!”

Gatiep kon swemTop of Form

Gatiep verdrink in ʼn wynvat op 'n wynplaas en daar moet eers 'n nadoodse ondersoek ingestel word voordat hulle hom kan begrawe.
Die dag met die ondersoek getuig een van Gatiep se pêlle oor wat nou eintlik gebeur het en die pêl vertel hoedat Gatiep bo-oor die vat gebuk het toe hy sy ewewig verloor en in die vat geval het.
Die landdros vra hom toe, “Maar kon Gatiep dan nie swem nie?”
“Dja Edelagbare, natuurlik kon Gatiep swem. Hy het drie maal uitgeswem om te gaan piepie!”

Vasgehaak
Die kêrel neem 'n meisie vir die eerste keer uit. Die jong dame lei ongelukkig aan epilepsie, maar die kêrel weet dit nie.
Later die aand is hulle in haar woonstel en die tweetjies is naderhand op die bed en dit gaan net te jollie. Die tweetjies vry 'n hond uit 'n bos, maar net voordat die meisie haar toppunt bereik, kry sy 'n epileptiese toeval.
Die kêreltjie skrik hom uit sy geloof en jaag met haar hospitaal toe.
By noodgevalle ontmoet 'n geneesheer hom en vra die kêrel wat fout is.
“Dokter”, sê hy, “Ek is nou self nie 'n medikus nie, maar as jy my sou vra, sou ek sê haar orgasme het vas gehak!”

Nie my style
Kees sit eendag onder ʼn Kameeldoring toe daar twee luiperd-welpies by hom kom en hom vra, ”Kees, wat maak jy hier?”
“Nee ek sit sommer en dink, voor hierdie dag uit is gaan ek daardie ma van julle raps!”
Die twee welpies storm daar weg, reg na hulle ma toe en vertel haar wat die bobbejaan gesê het.
“So ʼn ou dôner!” sê die luiperd, ek sal hom vrek maak!” en sy bestorm vir Kees.
Kees vlieg op en laat spaander vir die vaal duiwel.
So in die hardloop sien hy 'n erdvark gat en besluit om daarin weg te kruip.
In haar haas duik die luiperd sommer so met voorpote en agterpote gelyk die gat in en daar sit sy vas in die opening van die gat. Net haar sterre steek bokant die opening uit.
Nou die van julle wat weet, 'n erdvark gat het mos kleiner tonnels wat weer op 'n ander plek uitkom en nie lank of Kees is weer uit die gat uit en wat hy so wil begin hardloop sien hy wat met die luiperd gebeur het.
Hy loop so versigtig nader en toe hy sien die luiperd sit nou behoorlik vas, loop hy so 'n draai om die luiperd, snuif so 'n slag en sê, “Well, dis nou nie eintlik my styl die nie, maar nouja, ek het die kinders belowe, het ek nie.”

Goeie beleggings
'n Ou tannie gaan sien haar bankbestuurder omtrent 'n belegging en so 'n ent weg deur die gesprek toe sê die bankbestuurder vir haar.
“Mevrou, sê nou eers net vir my, jy bly op 'n plotjie buite die dorp en al wat daarop loop is 'n vark, twee koeie, 'n bok, 'n paar kalkoene en 'n paar hoenders. Hoe kry jy dit reg om soveel duisende rande in jou bankrekening te hê?”
“Dit is maar net goeie “risk management” meneer.”
“Risk management? Nou verstaan ek nie” sê die bankbestuurder, “wil mevrou nie miskien vir my verduidelik wat se “risk management” mevrou doen nie?”
Die ou tannie sê vir hom, “Meneer sien, ek wed die meneer nou R5000 rand meneer se testikels is vierkantig en nie rond nie!”
“Wat!” roep die bankbestuurder verontwaardig uit, “Maar natuurlik is my testikels rond!”
“As dit dan so is, hoekom wil meneer nie die weddenskap aangaan nie. Soos ek gesê het, ek wed die meneer R5000 meneer se testikels is vierkantig en nie rond nie. En dan môre, twaalfuur, ontmoet ek meneer weer hier in meneer se kantoor. Meneer bring vir jou 'n getuie saam en ek bring my getuie saam. Dan stel ons 'n behoorlik ooreenkoms op dat die een wat verloor moet die ander R5000 betaal en ons laat die getuies ook teken.
“Nou maar goed, reg so” sê die bankbestuurder en die ou tannie is daar weg.
Maar die weddenskap krap aan die bankbestuurder die hele res van die dag. Elke nou en dan het hy sy hand hier voor in sy broek in net om seker te maak sy testikels is rond en nie vierkantig nie.
Die aand by die huis gaan staan hy selfs voor die spieël om weer seker te maak.
Toe die ou die oggend wakker word roep hy selfs sy vrou om ook net te kom kyk of hulle nog steeds rond is en die verseker hom, hulle is verseker rond!
Hy is daar weg kantoor toe, hoogs tevrede dat vandag is die dag wat hy die maklikste R5000 gaan verdien wat hy nog ooit verdien het.
Presies twaalfuur toe is die ou tannie daar sommer met twee ouens saam met haar.
“Right” sê sy, “meneer klim nou hier op die lessenaar en laat sak meneer se broek. Dan kyk ons.”
Die bankbestuurder klim op sy lessenaar en laat sak sy broek.
Nee, maar sy moet darem net eers voel en sy vat die kêrel se hele balsak so vol in die hand.
“uh-hu, uh-hu” sê sy, “nee dis maar reg so. Meneer kan nou maar afklim.”
“Ek het jou gewaarsku mevrou, maar nouja, 'n weddenskap is 'n weddenskap, kom laat ons teken en dan moet die getuies ook teken.”
Dis reg so. Die bankbestuurder sê toe, ”Maar mevrou, dis nie nodig dat al twee jou getuies hoef te teken nie. Een sal genoeg wees.”
“Nee, meneer” sê die ou tannie, “hierdie ander kêrel is nie 'n getuie nie. Dis n ou wat ek vanoggend R20,000 gewed het dat voor eenuur vandag sal ek my bankbestuurder aan die balls beet hê!”

Dokter gee raad
Twee landmeters is in die veld besig om opmetings te doen, toe die een 'n nood ontwikkel. Hy besluit toe om sommer agter die naaste vaalbos broek los te maak maar besef nie hy is besig om op 'n slang wat daar gelê het, te gaan sit nie. Toe die slang hierdie vreemde indringer spesie voor hom sien, pik hy die nuweling reg op die kop.
Die landmeter spring op en skreeu vir sy maat om te kom help, 'n slang het hom gepik. Reg op sy ou koggelmander se kop.
Die ander sê, maar hy weet nie wat om te doen hy, hy sal maar 'n dokter bel. Hy skakel toe sy huisdokter en vertel hom wat gebeur het. Met die selfoon aan sy oor klink die res van sy gesprek met die dokter toe so:
“Nee, dokter ons weet nie wat se slang dit is nie.”
“uh hu”
“ja”
“ek sien”
“Dit kan giftig wees ja”
“uh hu”
“dokter sê ek moet sy ding in my mond sit en suig!”
“uh hu”
“anders sal hy doodgaan?”
“ek sien”
“maar is daar geen ander manier nie?”
“niks”
“dokter sê as ek nie suig nie kan hy doodgaan?”
“ek sien. Maar dankie in elk geval vir dokter se advies.”
"Totsiens."
Teen die tyd is die ander ou al hoogs benoud en vra vir die een wat met die dokter gepraat het, “En toe! Praat man. Wat sê die dokter?”
Die ander ou kyk hom so toe sê hy, “Die dokter sê hy dink jy gaan doodgaan!”

Ouetehuis
Drie ou mans sit in die ouetehuis se sitkamer en gesels toe tant Ralie daar verbyloop.
Die een ou sê vir die ander, “Julle weet, ek kan daardie ou girl sommer 'n soen gee!”
Sy ou maat langs hom sê, “Man, ek sal haar nie net soen nie. Ek sal haar 'n soen en 'n druk gee!”
Die derde ou oom kyk hulle so skeef aan en sê, “Julle jongetjies weet nog niks. 'n Girl soos daardie, neem jy na jou kamer toe. Dan maak jy haar lê op die bed en jy trek haar onnodige kledingstukkies van haar af en dan strooi jy so 'n bietjie Johnsons baby powder so liggies oor haar lyfie tot sy nou mooi met die poeiertjies bedek is.”
Die oubaas aarsel so 'n oomblik terwyl hy diep peins en herhaal weer, ”jy strooi poeiertjies tot sy mooi bedek is .........., my bliksem ou Piet, wat het ons toe nou weer daarna gedoen?!”

Heel Aangenaam
Pas na die afloop van die episode met die verslaggeefster, vra ʼn vriend van Eugene Terreblanche hom wat hulle nou eintlik daar by sy huis gedoen het.
ET verduidelik dat hy nog handgemeen met die meisie wou raak toe die by die huis uit hardloop en vir hom skree: Jy kan my tog nie vang nie!
Die mielies was daardie jaar glo baie mooi en staan ruig geelwit op die land toe die verslaggeefster die mielieland inhardloop om ver ET te gaan wegkruip.
Die vriend vra hom toe, “maar Eugene, hoe het jy die meisie toe in die mielieland gevind?”
ET, “Heel aangenaam ou vriend, heel aangenaam!”

VOOR TROUE
Voor troue .....
HY; uiteindelik, ekt soooo lank gewag!
SY; wil jy he ek moet waai?
HY; neeeeee,ek dinki eers da ani.
SY; is jy lief vir my ?
HY; natuurlik, somer baie
SY; het jy my al ooit verneuk?
HY; nee, hoe vra jy dan so iets?
SY; wil jy my soen?
HY; elke keer as ek kans kry.
SY; sal jy my moer?
HY; is jy mal, ek isi so mens nie.
SY; kan ek jou vertrou ?
HY; JA!!!
SY; skat?
TWEE JAAR LATER, LEES NOU VAN ONDER NA BO!

Wat my ma my geleer het
Wat my ma my geleer het...
1) Ma het my geleer hoe om te bid: "Jy moet bid dat daardie kol op die mat uit is as ek vanaand by die huis kom"
2) Sy het my geleer van "time travel": "Ek sal jou tot in volgende week in klap!"
3) Sy het my geleer pa's is slimmer en ryker as ma's: "Gaan vra jou pa!"
4) Sy het my geleer oor plantkunde: "Lyk dit vir jou of geld op my rug groei?"
5) Sy het my geleer om altyd nederig en klein te wees: "Mannetjie !!!"
6) Sy het my van die weer geleer: "Dit lyk of 'n dekselse orkaan jou kamer getref het!"
7) Sy het my geleer van fauna en flora: "Moenie vir my vertel perredrolle is vye nie!"
8) Sy het my geleer om myself te ontdek: "Hou op om jou soos jou pa te gedra!"
9) Sy het my die wetenskap van osmose geleer: "Hou jou mond en eet jou kos!"
10) Sy het my geleer van uithouvermoë: "Jy sal by daardie tafel sit totdat jy jou spinasie opgeëet het!"
11) Sy het my geleer van sintuie: "Kinners word gesien en nie gehoor nie!"
12) Sy het my geleer van humor: "Hou aan lag, dan gee ek jou iets om oor te huil ook!"
13) Sy het my van jaloesie geleer: "Daar is duisende arm kinnertjies wat ouers soos joune begeer!"
14) Sy het geleer dat daar 'n plek en 'n tyd vir alles is:
"As julle mekaar wil vermoor, gaan doen dit buite! Ek't nou net hier skoongemaak!"
15) Sy het my wiskunde geleer: "Sit jy alweer en tanne tel!"
16) Sy het my logika geleer: "Want ek sê so, dis hoekom!"
17) Sy het my geleer dat wonderwerke nog kan gebeur:
"Ek sal jou klap dat jy jou antie vir 'n eendvoël aansien as jy my weer terug antwoord!"

Blou Vitterjoel
Die twee ou vriende loop in 'n parkie toe daar so 'n seksie jong bokkie met 'n nou passende oefen broekie aan, by hulle verby draf.
'n Paar minute later sê die een ou vir sy maat, “Ou Piet, onthou jy daardie blouvitterjoel wat hulle vir ons in die army gegee het? Hoe lyk dit dan vir my die bleddie goed begin nou eers werk!”

Wanneer om jou bek te hou
'n Olifant loop in die wildtuin en mis bo-op 'n mossie. Met 'n groot gesukkel spartel die mossie hom los uit die bol mis en met 'n helse geraas sit hy op die hoop mis en maak homself skoon. Net toe hy mooi skoon is kom daar 'n wilde kat en vang die mossie.
In 'n nabye boom het twee ander mossies hierdie eskapade sit en beskou en toe die kat die eerste mossie so wegdra, toe sê die een in die boom vir sy pêl, “ Die poepol het ook nooit geleer jy hou jou bek as jy in die kak is nie!”

Saad
So 'n jong boertjie van Wes-Transvaal is skoon uit sy vel van vreugde toe die verpleegstertjie vir hom kom sê hy is pa van 'n klein 1 kg. babatjie.
“Nou hoekom is jy so opgewonde oor so 'n klein ou dingetjie?” wil die verpleegster weet.
“Ou sussie,” sê die kêrel, “hier in die Wes-Transvaal is ons maar te dankbaar as ons elke jaar net ons saad terugkry!”


Resessie en Depressie R
Resessie is wanneer jou buurman sy werk verloor. Depressie is wanneer jy jou werk verloor. Ekonomiese herstel is wanneer die minister van finansies sy werk verloor.

Hy’s jonk
Twee girls ry in 'n oorvol hysbak toe die een die ander vra, “Hierdie kêrel agter my, is hy aantreklik?”
“Wel, hy lyk nog taamlik jonk” sê die ander een.
“Luister man” sê die eerste een, ”ek wil weet of hy aantreklik is. Ek kan voel hy is jonk!”

Die slet
Dominee doen huisbesoek en kom die aand by tant Lalie.
Toe hy so instap in die huis, toe is daar 'n papegaai in 'n hok in die voorportaal en die papegaai val weg met, “Ek is 'n slet! Ek is 'n slet!”
Tant Lalie maak groot verskoning en verduidelik aan die dominees dat dit eintlik haar kinders se papegaai is wat sy geërf het toe die kinders Australië toe getrek het. Sy is raadop en weet nie meer wat om met die ding te maak nie.
Dominee sê hy dink hy het vir haar 'n oplossing. Hy het twee mannetjie papegaaie by die huis en die twee is nou al mooi gekersten. Die een kan die Onse Vader al uit sy kop opsê en die ander is mooi op pad om Psalm 23 te resiteer. Hy dink hy moet tant Lalie se papegaai saamneem en in die hok by sy twee insit. Heel moontlik sal hulle 'n goeie invloed op haar papegaai hê.
Sommer daar en dan stem tant Lalie in en dominee is daar weg met die papegaai.
By die huis gekom is sy twee papegaaie juis besig om hulle gebedjies op te sê, toe dominee die wyfie papegaai saam met hulle in die hok sit.
Sy het skaars op die stokkie in die hok gaan sit toe sy weer laat waai met, “Ek is 'n slet! Ek is 'n slet!”
Die een mannetjie papegaai draai so na die ander een toe en sê vir hom, “Ou Pol, jy kan maar ophou bid. Ons gebede is verhoor!”

Skape gebyt
In my jong dae op die plaas het ons geweldig las van jakkalse gehad. Elke week is 'n paar skape in die omgewing doodgebyt. Toe die probleem later te erg word, reël die boerevereniging 'n vergadering waar alle rolspelers teenwoordig sou wees om 'n oplossing vir die probleem te vind. Van die kerkraad, deur natuurbewaring tot by die SPCA was teenwoordig.
Die boere is met niks minder tevrede as die uitroeiing van die ongediertes nie. Van skiet tot gif tot slagysters is al wat volgens hulle sal help.
Die ou girl van die SPCA staan toe op en sê nee, sy stem nie saam nie. Dit is onmenslik en wreed. Die boere moet eerder op 'n manier die jakkalse vang en hulle kastreer. Op daardie manier sal die probleem homself met tyd oplos.
Oom Gert, ouderling en lekeprediker het so in die tweede ry van voor gesit en staan toe op om te praat.
“Vrinne” sê hy, “miskien moet ons net weer aan die dame van die SPCA mooi verduidelik, die jakkalse být die skape!”

Lotto
My ou vriend Willie speel gereeld Lotto en nou die dag vra ek hom wat hy met al die geld sal maak as hy die Lotto wen.
“Ek sal seker maar die drankwinkel en die hotel en die dokter betaal.”
“En die res?” vra ek.
“Nee,” sê hy, “hulle sal maar moet wag tot 'n volgende keer!”

Gooi weg jou krukke
Ou Koos vertel vir sy maat hoe hy die vorige aand na 'n geloofsgeneser gaan luister het. “Ja, ja” sê sy pêl, “vertel laat ek hoor. Ek wil ook gaan. Wat het gebeur?”“Jislaaik jong, ek staan daar op die verhoog en die predikant sê vir my, “Gooi jou linker kruk weg!, en ek gooi my linker kruk weg.”
“Ja, ja man” sê sy pêl, “gaan aan, gaan aan, ek wil hoor!”
“Jislaaik jong, toe sê die predikant, “Gooi weg jou regter kruk!”
“Ja, ja en toe?” vra die pêl.
“Toe val ek op my gat man!”

Wiskunde
Ou Hendrik kom een aand hoogs besope by die huis en sy vrou ou Sêra wag hom by die voordeur in. “en toe...?” vra sy.
“Dis nie wat jy dink nie Sêra, ek het vanaand klas geloop!”
“Moenie #@% praat nie man, ek weet mos jy lieg!” klim sy hom in. “ Wat se klas nogal?”
“Genuine! Ek het wiskunde gaan leer. Kom ek nou vir jou verduidelik. Sê nou ek is 'n busbestuurder en by die eerste stop laai ek 5 mense op. By die tweede stop laai ek weer 3 mense op en 5 klim af. By die derde stop klim daar weer 5 mense af ....”
Sêra, “Uh hu, laat ek nou verder hoor?”
So deur die beneweldheid registreer ou Hendrik dat sy som nou nie uitwerk nie en hy hak af, “Sjee kans! Eks nogie klaar nie! Toe moes ek weer twee mense oplaai om fokôl op die bus te hê!”

Rede
As mans dronk word dan praat hulle #@%, raak vreeslik emosioneel, bestuur sleg en hou daarvan om vir geen rede te baklei…
Ek haal my hoed af vir vrouens…
Hulle kry dit reg sonder om te drink!

Net as dit reen
Vroeg somersoggend in die Kaap en dit reen so saggies. Koos slaap by n ander man se vrou, toe die onverwags tuiskom. Nie tyd vir aantrek nie en Koos spring sommer deur die venster en land tussen n groep drawwers (joggers). Die een kyk hom so en vra, "Hardloop jy altyd kaal?" Ja antwoord Koos, "Dit is mos lekker vars en vris so in die oggend." "Maar hardloop jy altyd met n kondoom?" vra die jogger. Koos, "Nee, net as dit reen"!

Duur mat
Een van ons gesofistikeerde Waterkloof Rif dames besoek n besigheid wat Persiese matte verkoop. Toe sy afbuk om na die mat se prys te kyk toe glip daar een van daardie embaraserende windjies uit. Na n tydjie sien sy n pragtige egte hand geknoopte sy Qum mat teen die muur hang en vra die handelaar wat dit kos. "Mevrou" se die handelaar, "as jy gepoep het toe jy daardie ander mat se prys gesien het, gaan jy jou heeltemal beskuit as ek jou se wat hierdie een kos!"

Boom van Potchefstroom
Die verpleegstertjie moet die ou man skeer voor sy breuk operasie, toe sy sien daar staan so bo-op die ou koggelmander geskryf, ‘oom oom’.
“En nou dit oom?” wil sy weet.
“Luister ou kinta” sê die ou, “laat ek jou nou iets vertel. In my jong dae op varsity het daar geskryf gestaan, Die Boom van Potchefstroom!”

Nommer 3
Koos kom hoogs ontsteld die middag die woonstel binne en sy vrou vra hom wat nou verkeerd is.
“Daardie arrogante posbode! Ek kry hom netnou hier onder by die ingang en sal hy nie wragtig vir my wil kom en vertel hy het al elke girl in die blok, behalwe een, deurgedraf het nie!”
Vrou: “Seker daardie stuckup bitch in nommer 3 van wie hy praat.”

Daai rooi lorrie
'n Blondine bel die brandweer histeries en sê hulle moet dadelik kom, haar woonstel is aan die brand. “Alles reg dame” antwoord die brandweerman, “bedaar, ons kom dadelik. Sê net vir my hoe kom ons by jou uit?”
Blondine, “Met daardie fokken rooi lorrie van jou natuurlik!”

Gaan die saak verloor
'n Twaalfjarige seuntjie word deur 'n derde jaar universiteit student daarvan aangekla dat hy haar verkrag het.
Die mannetjie se pa neem hom na 'n advokaat toe om die saak namens hom te verdedig, maar die saak lyk vir die advokaat so belaglik dat sy nie nog onnodig kostes wil aangaan om breedvoerig met die mannetjie te konsulteer nie. Sy is oortuig dat hulle die saak sommer maklik gaan wen.
Die dag toe die saak voorkom en die aanklaer die een getuie na die ander roep, toe kom hierdie advokaat agter dat die bewyse teen hierdie kêreltjie besig is om lelik op te stapel.
Sy besef sy sal nou met iets drasties vorendag moet kom om die saak te red en sy gryp die mannetjie en sit hom bo-op die getuiebank, pluk sy broekie af en gryp sy tottermannetjie so met die een hand en wys dit vir die landdros.
“Edelagbare, dink die agbare hof dat hierdie klein dingetjie regtig 'n derde jaar universiteit student kan verkrag?” sê sy terwyl sy die dingetjie op en afskud. “Lyk dit vir die agbare hof na iets wat so 'n daad kan vermag?” hou sy aan terwyl sy die mannetjie se katottertjie aanhoudend op en afskud.
Na 'n rukkie toe kyk die kêreltjie so af na die advokaat en sê vir haar, “Tannie advokaat, moet hom net nie so aanhou skud nie. Ons gaan hierdie saak verloor!”

Bekommernis
Koos loop sy vriend Gert raak in die kroeg en die twee sit so en gesels toe Koos se, “Jong, ek is so bekommerd oor my dogter. Gisteroggend het ek in haar kamer ingegaan en weet jy wat kry ek op haar spieëlkas? 'n Leë pakkie van die “pil”. Sy is mos nog te jonk om nou al daardie soort pille te drink!”
“Ja, wragtig ou maat”, sê ou Gert, “ek het dieselfde probleem as jy. Vanoggend toe ek in my dogter se kamer instap, toe kry ek weer 'n hele pak kondome op die tafeltjie langs haar bed. Ek het nooit geweet sy het 'n penis nie!”

Parafeer
'n Blondine gaan lê 'n klag van inbraak by die polisie en twee jong konstabeltjies moet haar beëdigde verklaring afneem van wat presies gebeur het.
'n Goeie tien bladsye verklaring verder toe sê sy vir hulle dit is min of meer alles wat sy oor die saak kan verklaar.
Die een konstabeltjie sê, nee dit is reg, sy moet net vir hulle haar handtekening op die verklaring plaas.
Die girl sit haar hand so plat op die stuk papier neer en begin die vorm van haar hand op die papier aftrek.
Die een konstabel kyk so na die ander en sê vir hom, “As ek dit geweet het, het ek vir haar gesê om elke bladsy te parafeer!”

Pa oorlede
Wyle Mike Schutte se buurvrou skakel een aand die predikant en sê hy moet gou kom. Mike is in 'n toestand en niemand kry hom getroos nie. Hy ween dat jy hom kilometers vêr kan hoor.
Die dominee ry dadelik na Mike se huis toe en kry hom daar, totaal by die rou verby.
“Ou Mike, wat is dan nou die probleem?” vra die dominee.
“Dominees” sê Mike, “my pa is vanoggend ooglede.”
Die predikant praat toe mooi met ou Mike en na so 'n tydjie is ou Mike darem redelik getroos.
Toe die dominee sien dat Mike min of meer herstel het, gaan hy maar terug huis toe.
Nie tien minute later bel die buurvrou weer en sê dominee moet asseblief weer kom. Mike is weer eens so erg in sy beroude toestand.
Dominee ry toe maar weer na Mike toe en toe hy daar kom vra hy ou Mike, “Maar Mike, toe ek netnou hier weg is was jy so mooi gekalmeer. Hoekom nou weer so bedroef?”
“Nee, Hege dominee, wat dagem te egr is, is te egr. Dominee was skaags weg toe bel my bgroer my. Sy pa is ook vanoggend ooglede!”

Daai Generator
Hallo antie Hannie,
Lanklaas van antie gehoor. Net baie donkerte hier by ons op Paterson as gevolg van een of ander moerg wat moeligheid gemaak het by Koe..Koe…, ag daar innie Kaap se Yskor.
Ons se huis lyk party aande soos 'n disco so kort opmekaar gaan die krag af en aan. My pa het toe besluit genoeg is genoeg. Net voor Krismis het pa besluit lat hy wil oplaas 'n generator koep, oorlat hy moeg was virrie krag onderbrekings. My oupa het al gedink dis omdat my pa party maande die Munispaliteit se geld innie borrelstoor belê.
My pa sê hy's gatvol, dit maak nie saak nie, of dit nou daai simpel mannetjie vannie Cownsil is wat sy krag afsny, of daai simpel mannetjie van Eskom, hy worrie nie, hy wil 'n generator hê. Nou ja, toe gat ons winkels toe om die ding te koep.
Oppie kaart want my Pa sê my ma se kaart is baie lekker, jy koep net op Budget se rikening. As jy koep en jy vertel die mense om dit op Budget se rekening te sit, da doen hulle dit sommer. Ek weet nie lekker wie Budget issie, maar ek wiet my pa sit alles op Budget se rikening. Ek reken die Budget gat darem lekker moerig wees as hy uitvinne wat my pa alles op sy rekening koop. Hoe gaan hulle ooit wiet... wil pa weet.
In elk geval ons loep koop toe die generator ding, en dis mooi daar waarg die moeilikheid begin. Kyk, as julle dink my pa weet niks van kamp af nie, of van karre af nie, of van vroumense af nie, dit is tog goed wat 'n mens met djou oee kan sien, dan moet julle weet, hy weet éérs niks van lektriek af,.... dis wat my ouma altyd sê. Maar my pa worrie nie, toe hy eers na 'n hele paragraaf vreemde woorde daai generatortjie gestart kry, toe dink hy lat hy 'n elektriese engeneer is. Dis glo slim ouens wat krag vergstaan, sê hy.
Toe is my pa slim genoeg om te weet, solank daai generatortjie loep, solank maak hy krag, maar as hy stop, dan is hy net 'n stuk blik, met 'n fancy Japanese name. So, voor my pa die ding aan die krag loop koenek, toe swiets hy eers die generatortjie af, en hy se vir my " Jannie, as 'n ou met krag werk, dan moet djy slim wees, en nugter"... nou val dit my by...my pa is nie een vannie twee nie, so toe weet ek .... hie kom groot stront.
Maar ek het verniet geworrie, toe my pa daai drade vat, en hy shok nie, toe weet ek hy weet waarvan hy praat. Toe maak hy die drade mooi skoon solat die koper uitsteek en hy is toe reg om die masjientjie aan die kragpunt te konnek. Nou ja, toe sit ek lekker en kyk hoe my slim pa die kragonderbreking ding onner die knieg kry, en ek worrie niks nie, oorlat ek kan sien my pa ken.
Toe maak my pa daai swietsbord innie kombuis oop, en hy maak reg om sy generatortjie se drade aan die swietsbord se drade te koenek. Dis glo soe lat as die krag afgaan, dan start my pa net sy generatortjie en dié se krag sal die swietsbord maak werk. Daar is 'n gesegde wat die grootmense gebruik, hulle sê dat as die pawpaw die fan strike, dan is daar groot moeilikheid. Daai ooms wat so sê,.. het nog nie gesien wat gebeur as die swietsbord se krag my pa tref nie.
Kyk antie, toe my pa so oppie leertjie staan en hy konnek daai generatortjie se krag draad so aan die swietsbord se rooi draad, toe smaak dit vir my my pa is aan die hartaanval kry of hy kry 'n senuweeinstorting of 'n eleptiese aanval of 'n stroke offe ding, so beskyt hy hom. Die way wat my pa daai swietsbord ruk en pluk, met die briek-dance en alles, dog ek my pa gat die ding uit die muur uit ruk en net 'n gat daar los innie muur daar waar die swietsbordtjie was.
Met die smile op sy gesig van die ge-shock lyk dit nogal of hy dit geniet. My pa spog mos hoeka hy kon jongtyd deurnagdisko sonner ophou. Hy ruk daai swietsboks of hy aan't wen is op 'n pinball-masjien! Nou ja.. die swietsbordtjie moef nie, en my pa hou nie op rukie, en hy jodel soos Charles Jacoby dit sou gelaaik het.
Ek dog dis van woede wat my pa so skreeu oorlat hy nou begin kwaad word virrie swietsbordtjie. Hy dans so oppie leer dat die een na die ander boutjie uit die leer pop vannie skud ... en hy gooi sy dikkerige lyfie rond boop daai leer asof hy nou inne briekdans kompetisie deelneem, of 'n voordanser by die 20 -20 krieket is. Net toe ek vir my pa wil waarsku lat hy vannie lier gaan afval, toe gebeur dit al klaar, .... hy val van daai leer af, maar hy val nie grond toe soos 'n mens moet nie. Toe verstaan ek hoekom party mense sê " hy't daar afgemoer" want.. daai wassie 'n val nie, daai was 'n moerse harre slag!
In elk geval, kyk my pa val toe lat dit vi my lyk asof hy geskiet is, maar sy lyf gee nog so 'n paar rukke met die wat hy so deur die lug trek, nes daai ouens op TV wat by die olimpiese spiele innie swembad induik en dan sulke langarm S-draaie innie lug maak. Al verskil is nou dat daar nie water onner is nie - net die kombuisvloer met die tapyt wat golwe maak soos hy neerval.
Sy splinternuwe boe-tanne sit om die tafelblad vasgebyt, sonner lat my pa by hulle is. Toe dit vir my lyk dat my pa sy kop helemal gaan misval en op sy gat te lande gaan kom, toe skrik ek want ek vrees toe vir harsing-skudding, want my ma sê altyd my pa se verstand sit in sy hol en dat hy 'n harde kop en 'n lamsak is. Nou gaan my arme pa sy agterent verder lam val.
Maar toe is dit te laat, hy val dat die droogtestof in 'n wolk tussen die vloerplanke uitspring en my pa met sy asma lyf in die stofwolk sit en hoes. Maar toe is dit nogie kla nie. Daar sit my pa en jaaif, toe voel ek darem oek beter oorlat ek kan sien hy is nie heeltemal 'n lamsak nie. Hy wikkel sy boude soe lekke daar oppie grond en jodel..met die een kant van die kragdraad steeds in sy hand soos 'n getrynde sanger met 'n mike. Skielik dink ek weer aan Charles Jacobie.
Maar my pa weet van ..want so tussendeur trek hy nog vir my gesigte ok, en spoeg sy ondertande met een boog tot binne in die wasbak..
Wat 'n performance antie... ek kon wrgagtag nie anders as om vir Pa hande te klapie.
Groetnis,
Kleinboet

Old dogs
Ou Boel lê eendag onder sy geliefde boom daar in die Kalahri en kou aan ʼn paar ou bene wat daar rondgelê het, toe hy ʼn tier sien aankom. Wetende dat hy met al die jig in sy gewrigte en verkalking van sy rugwerwels nie vinnig genoeg daar gaan wegkom nie, bly hy maar lê en kyk ánderpad toe. Toe hy agterkom dat die tier binne hoorafstand is, toe sê hy hardop, sodat almal hom kan hoor: “Bliksem, dit was nou een van die lekkerste tiere wat ek in 'n lang tyd geëet het!”
Toe die tier dit hoor maak hy hom vinnig uit die voete.
Intussen het daar 'n aap bo in die boom gesit en heeltyd die affêre dopgehou. Die aap dink toe hier kan hy 'n paar punte by die tier score en hardloop die tier in en vertel hom wat nou eintlik daar gebeur het.
“So 'n ou donner! Klim op, vandag is die dag wat ek daardie ou hond vrekmaak!”
Ou Boel, wat die aap agter die tier sien aanhardloop het en alreeds besef wat die aap nou eintlik in die mou gevoer het, bly maar lê en toe hy agterkom dat die tier met die aap op sy rug weer binne hoorafstand is, toe sê hy weer hardop: “Nou waar bly daardie verdomde aap so lank weg. Ek het hom al vyftien minute gelede gestuur om vir my nóg 'n tier te gaan haal!”
The moral of the story: When push comes to shove, the wisdom of old age wil trump the arrogance of youth every time!

Broek trek op
By 'n ander geleentheid was ek en my vrou in Kaapstad toe sy vinnig by Foshini moes inspring om iets koop. Ek besluit to maar om my op een van die stoele in die skoene afdeling tuis te maak solank sy besig is. Die skoen afdeling was van die res van die vloer geskei deur een van daardie “wrought iron” afskortings wat met plastiek blomme versier was. Nie lank of twee van die winkelassistente kom staan net agter my aan die oorkant van die afskorting, toe die een die ander vra: “Het daai vrou toe die langbroek aangepas?”
“Dja” sê die ander een. “En hoe lyk hy?”
“Nay” sê die een, “hy lyk te bakgat! Maar nou gaan sta en buk die blerrie vrou so vooroer dat die blerrie ding tot hie boë in haar hol optrek!”

Hoe laat is dit
Ek dwaal eenkeer tussen die stalletjies op Groentemark Plein, toe die een Kleurling man by ʼn ander een verbyloop. So in die verbyloop vra die een vir die ander een, “Kan djy my altemit sê hoe laat dit is?”
“Dja” sê die ander ou, “ek kan”
“O thanks man” sê die eerste ou en loop verder!

Asem gaan nie saam
Meraai sê vir Gatiep : "Djy moenie dink djy sal by die Hiemel se hek ingan as djou asem soe na drank ruikie."
Gatiep sê : "Meraai, dais 'n technical point van Hiemel toe gan wat djy nie van wietie. My asem ganie saamie ."

Jou skuld
Gatiep sit in sy garage waar hy die laaste goed moet ontruim en bepeins sy lot. 
Hy't sy huis verloor, sy werk verloor en sy vrou het die kinders gevat en hom geskei.
Hy sien 'n kas met wynbottels en loop soontoe.
Hy vat 'n leë bottel, smyt dit teen die muur en skel: 'Djy issie reason lat ekkie 'n vrou hettie!'
Hy vat 'n tweede bottel: 'Djy issie reason lat ekkie kinners hettie!'
Derde bottel: 'Djy issie reason lat ekkie 'n job hettie!'
Vierde bottel: 'Djy issie reason lat ekkie ' n huis hettie!'
Hy vat die vyfde bottel en sien dis nog nie oopgemaak nie - vol wyn. 
Hy sit die bottel saggies neer en sê: 'Staan djy eers eenkant toe, my broe. Ek sien djy wassie involved nie!'

Opgehang
In die dae voordat die doodstraf in Suid Afrika afgeskaf is loop twee gammatte mekaar op straat raak.
“Het djy gehoor hulle het vir Gatiep gehang?” vra die een.
“Ney” sê die ander een; “hy’t dan ge-appeal!”
“Ek sê vir djou, hull het hom gehááng! ..... met piel en al!”

Soet Perskes
The fruit seller walks up to the car and says:
"Peske, Peske. Lekke peskes. Net vyf rand virrie laanie."
The guy in the car says: "Is hulle soet?"
The fruit seller says: "Dja menee, kyk hoe stil sit hulle!!"

Vars vars
Wanneer ek in Kaapstad was het ek gewoonlik by die Dorpshuis tuisgegaan.
Destyds het daar 'n kelner in die hotel gewerk wat verseker nie op sy bek geval was nie.
Een aand bestel ek vis vir aandete by die betrokke kelner. Toe hy die dis vir my bring, merk ek terloops op dat die vis darem seker varser is as dit wat ons in die Vrystaat kry.
“Heege master! Dis net soos die maaster daar sê, inigiets varser as daagie vissie sou mos nog galeef het!”

Verdwaal
My ou vriend Hennie vertel my hulle was met vakansie in die Kaap, toe hy in Belville ook moes rigting vra vir die pad Strand toe.
Die Bruinman verduidelik toe ook hoe hy by die volgende verkeerslig moet regs draai, met dié straat moet aanhou tot by 'n spoorweg kruising en dan ná die kruising, weer regs moes draai. Toe die ou op daardie punt kom toe sê hy:
“Seur moet nou moei luiste, wanneer seur klaar regs gedraai het, dan ry die seur tot by die laagwater bruggie. Annerkant die bruggie sal seur 'n fourway stop kgy. Daar draai die seur links en ry tot by die T-junction.”
Hennie vertel, die ou staan so 'n oomblik en peins oor wat hy nou net gesê het en toe sê hy, “Oo my gottatjie seur, as die seur by daagie T-junction kom dan moet die seur wiet djys nou in djou moer in verdwaal!”
Toe begin hy maar weer van vooraf verduidelik!

Electric moer
By geleentheid sit ek eendag by Kommetjie in 'n motor en luister na die gesprekke, toe daar so 'n jong klong met 'n 50cc motorfietsie daar opdaag.
Heel gou toe drom daar so 'n stuk of ses van sy makkers om die motorfietsie saam om hierdie nuwigheid te bewonder.
Die een vryf oor die saal, 'n ander vryf so oor die modderskerm, maar een van die makkers wil so oor die uitlaatstelsel (manifold) vryf toe dit hom brand dat jy eintlik die ssst kan hoor!
Hy spring met een sprong seker 'n goeie vier tree terug en toe hy grondvat skree hy vir die motorfietsie: “Hiert djou fokkin electric moer!”