Postings

Sunday 26 August 2012

Wysheid van die Grysheid


Wysheid van die Grysheid

Waarnemings uit my eie lewenservaringe


                                                                                                                        Stes de Necker



  1. Plenty of wine makes a good teacher but bad preacher. 
  2. Moenie onder 'n hoenderstellasie gaan sit en wanneer die hoenders dan op jou kop mis sê dit is die Here se skuld nie. 
  3. Three reasons why men love women over forty; they don’t tell, they don’t yell, and they’re as grateful as hell. 
  4. Om heeldag in 'n rolstoel (rocking chair) deur te bring, sal jou aan die beweeg hou maar jou nêrens bring nie. 
  5. Die Heilige Gees is daardie stil stem in jou binneste wat gedurig moet skreeu om gehoor te word. 
  6. As jy jou vandag maar net normaal gedra, is jy al klaar mal genoeg.
  7. Gholf is the only sport you can play until you can’t lift your balls any more. 
  8. When you party the whole world wants to party with you, but when you die, you die alone. The moral of the story? Die partying! 
  9. As jy van jouself 'n toffie maak moet jy nie tjank wanneer iemand jou eet nie. 
  10. Heimwee en dronkverdriet het verbasend baie in gemeen; Die mediese wêreld kon dit nog nooit verklaar nie; Daar bestaan nie medisyne daarvoor nie en beide duur ongeveer twee uur. 
  11. Wanneer jy lag wil almal saam met jou lag, maar wanneer jy huil is dit jou vriende wat saam met jou huil. 
  12. In die koudste plek op aarde sal liefde nog altyd warm bly. 
  13. I had a lot of worries in my life, most of which never happened.
  14. Dit is nie hoeveel jy verdien wat jou ryk maak nie. Dit is hoeveel jy gee.
  15. Die enigste wettige diefstal is om iemand se hart te steel.
  16. Daar is vier soorte mense in die lewe.
    1. Die wat wag dat iets gebeur;
    2. Die wat sit en kyk wanneer iets gebeur;
    3. Die wat hoop iets gebeur;
    4. Die wat iets laat gebeur.  
  17. Gebruik al die klippe wat die lewe na jou toe gooi om jou fondasies te versterk.
  18. Die Universiteit van die lewe is die duurste van almal. 
  19. Africa is running upwards on the downwards escalator. 
  20. Die probleem met demokrasie. As almal altyd reg is, hoekom is almal nie ryk nie? 
  21. In die Olimpiade van die lewe is daar net een opponent wat jy moet wen en dit is jyself. 
  22. Moenie oordeel wat jy nie verstaan nie.
  23. Die enigste iets nuuts in die lewe is die geskiedenis wat jy nog nie geleer het nie. 
  24. In die skildery van jou lewe het God 'n baie spesiale kleur gekies vir elkeen wat Hy in jou lewe laat kom het. 
  25. Wees versigtig vir iemand wat jou te vinnig antwoord. Dit beteken gewoonlik hy/sy het nog nie die saak van alle kante bedink nie.  
  26. Wysheid word met pyn betaal.  
  27. Bid vir krag en vermoë, nie om 'n ander te verslaan nie, maar om jou grootste vyand, jyself, te verslaan. 
  28. Die dag wanneer ons liggame weer terugkeer na die grond waaruit ons gemaak is en ons bloed weer die vog teruggee aan die waters waarvandaan dit gekom het, daardie dag sal ons eers besef dat die aarde nie aan ons behoort het nie.  
  29. Die paradoks van die geloof: 
    1. God gee jou die geloof waarmee jy in Hom moet glo.
    2. God gee jou die vertroue (hoop) waarmee jy op Hom moet vertrou.
    3. God gee jou die liefde waarmee jy vir Hom moet lief wees.
  30. 'n Wet moet streng juridies geïnterpreteer word, maar dit moet met groot deernis en verstandigheid toegepas word.
  31. Ons kon soveel by ons kinders geleer het as hulle net vóór ons al daar was.

No comments:

Post a Comment