Stes se Stories
SI de Necker
Die Pasella
Die matron van ʼn hospitaal reik by
geleentheid ʼn omsendskrywe uit oor die dra van uniforms deur verplaagsters.
Een van die voorskrifte was dat die uniform nie korter as
twee duim bokant die knie, (patella), mag wees nie.
Ongelukkig maak die tikster ʼn tikfout en toe die
omsendskrywe uitgaan toe staan daar:
“Uniforms mag nie korter as twee duim bokant die pasella wees nie.”
“Uniforms mag nie korter as twee duim bokant die pasella wees nie.”
Vasgehaak
Kerel neem ʼn
girl uit die aand en na die tyd gaan hulle na haar woonstel toe.
Een ding lei tot ʼn ander en kort voor lank eindig hulle in die bed op.
Net voor die kêrel top-punt bereik kry die girl ʼn epileptiese aanval.
Die perd skrik so groot, hy laai haar net daar in sy kar en jag ongevalle toe.
Daar gekom vra die ongevalle dokter hom ‘Wat’s verkeerd?”
Antwoord die kerel, “Wel doc ek is nou nie ʼn dokter nie, maar as jy my vra sou ek sê haar orgasme hat vasgehaak”
Een ding lei tot ʼn ander en kort voor lank eindig hulle in die bed op.
Net voor die kêrel top-punt bereik kry die girl ʼn epileptiese aanval.
Die perd skrik so groot, hy laai haar net daar in sy kar en jag ongevalle toe.
Daar gekom vra die ongevalle dokter hom ‘Wat’s verkeerd?”
Antwoord die kerel, “Wel doc ek is nou nie ʼn dokter nie, maar as jy my vra sou ek sê haar orgasme hat vasgehaak”
Broer se van
Ou Mike vertel van die dag to
hy so geskrik het vir ʼn verkeersbeamte.
“Jigge, ek ry nog so toe die spietkop my stop. En hy vra my “Wat is you van!?”
Hy sê “Jigge ek skrik so groot ek gee hom sommer my broer se van!”
“Jigge, ek ry nog so toe die spietkop my stop. En hy vra my “Wat is you van!?”
Hy sê “Jigge ek skrik so groot ek gee hom sommer my broer se van!”
Toe kinders nog kinders was
Een van die mees tragiese gevolge van ons
sogenaamde moderne samelewing, is die feit dat ons kinder van vandag vergeet
het hoe om te speel.
Vandag word elke spaar oomblik opgeneem deur 'n geklets
op Blackberries, I-phones, Facebook, Twitter en wat nog alles. Graad 1
kindertjies doen op skool wat ons eers in Hoërskool geleer het. Alles gaan oor
prestasie. Prestasie in die klaskamer, op die sportveld, op kulturele gebied
ens. ens.
Ek het op 'n plaas grootgeword en gewoonlik was daar
nooit genoeg ure in 'n dag op naweke en vakansies om alles te kon doen wat ek
graag wou doen nie. Saam met my plaas vriende, kinders van die plaaswerkers, het
ons perdgery, donkie gery, vlotte gebou om op die plaasdam mee te ry, kettie
geskiet, kleilat gegooi, tol gespeel, albaster gespeel en wat nog alles. Die
skool vakansies was almal te kort, om van naweke nie eers te praat nie.
En dan breek daardie verpeste Maandae aan. Terug koshuis
toe. Terug na die roetine van opstaan, ontbyt, skool toe, middagete, studie,
sport, aandete, studie, slaaptyd. En dit terwyl die verlange terug na die plaas
en jou plaas maatjies, jou nie vir 'n enkele oomblik laat los nie.
As enigiemand my vandag sou vra wat my punte op laerskool
was, sal ek dit om my lewe te red nie kan onthou nie! Want dit was nie
belangrik nie. Van belang was om normaal groot te word. Om te leer deur te
speel. Om wedersydse aanvaarding te leer deur met jou anderskleurige plaas
maats saam te verkeer. Om respek vir grootmense te leer wanneer pa jou foeter
omdat jy Outa Jan sommerso op sy voornaam genoem het en hom nie gerespekteer
het deur Outa te sê nie. Om die natuur te leer ken en self te kon uitmaak wanneer
die reën op pad is. En dan die grootste lesse van almal, en dit is om te leer
dat melk van 'n koei kom en nie uit 'n bottel in die kafee nie; dat mieliemeel
van gemaalde mielies kom wat eers geplant en gestroop met word. Dat koue botter
jou brood gaan opfrommel as jy dit nie eers laat sag word het, nie. Om van vuur
gebraaide mielies, stokbrood, vars “separater” melk, plaasbotter, die geur van
'n vars geplukte tamatie nie eers te praat nie.
Dit was leer!
Nie hierdie opgesmukte akademiese getjommel wat ons kinder
vandag gevoer word nie. Hoekom moét klein Jannie of Sannie alreeds in standerd
een, Newton se wette ken? Wat maak dit saak of hulle alreeds in standerd een,
Fisika en toegepaste wiskunde moét ken?! Genade, daar lê vir hulle 'n hele lewe
nog voor waarin hulle al hierdie dinge kan leer as hulle eers groter is.
Maar nou word so veel as moontlik so gou as moontlik in
hulle ingedril en ingestop dat 'n mens sou sweer iemand is bang die arme
bloedjie gaan dood vóórdat hy/sy al hierdie goed geleer het.
Ek onthou nog so goed toe ek in standerd drie was, moes
ons 'n Engelse opstel skryf oor enige iets interessants wat ons die vorige
naweek gedoen of beleef het. Hoe kon ek dan anders as om oor die plaas te
skryf.
Die betrokke Saterdag het die weer uit die Noord-weste
begin saampak en kort voor lank toe bars daar 'n donderstorm los dat dit lyk of
hemel en aarde wil vergaan. Ons skape het dié dag in die veld geloop en toe die
weer effens opklaar, besluit ek dat dit beter sal wees as die skaap die aand
eerder in die kraal slaap.
Dit was die onderwerp van my opstel, maar tale en
spelling was nog nooit een van my sterk punte nie. In daardie dae het ons van
“diktee”, inplaas van spelling gepraat.
Die tweede paragraaf van my opstel sal ek nooit vergeet
nie. Dit klink toe so:
“I went to bring the sheep too the kraal. But every time
I keer them here, the wetherlight strikes there. And when I keer them there the
wetherlight strikes here.”
'n Dag later, toe die juffrou my opstel boek vir my
teruggee, het sy onderaan my literêre kunswerk geskryf: “Vir jou storie kry jy
tien uit tien. Maar vir Engels net 'n halwe punt, want hierdie keer het jy
darem nie weer sheep met n "j" gespel nie"!
Dit was die dae toe kinders nog normaal grootgeword het.
Toe kinders nog kinders was.
En daar het dit my nou net aan my volgende wysheid laat
dink.
As jy vandag normaal grootword, is jy al klaar mal
genoeg.
Daardie Verdomde Skoenveter
Dit het alles die dag begin met
daardie verdomde skoenveter. Ek was alreeds laat vir werk, sommer heelwat laat,
toe my skoenveter boonop ook nog breek. Ek het die betrokke oggend 'n baie
belangrike afspraak met 'n kliënt gehad en kon eenvoudig nie bekostig om laat
te wees nie.
Ek het toe maar 'n skoenveter by een van my ander skoene
geleen en inderhaas, vroulief gegroet, my baadjie gegryp en motor toe gestorm.
Daar het die tweede probleem my reeds ingewag, want toe ek die aansitter draai,
was daar net so een moedelose hum...hum... en toe niks verder nie. Pap battery.
Gelukkig was vroulief se motor byderhand en kon ek my
Colt bakkie redelik vinnig ge-“jumpstart” kry.
Op pad kantoor toe het hierdie gebeure in my kop bly
draai. Hoekom gebeur sulke goed altyd met 'n mens op die onmoontlikste tye. My
bakkie se battery kon mos eers môre pap geword het en die skoenveter kon darem
seker nog tot môre gehou het. Hoekom nou juis vandag. More sou ek nie 'n
afspraak moes nakom nie en sou ek boonop genoeg tyd gehad het om met sulke
soort probleempies te deel.
“Murphy’s Law” sê hulle.
Terwyl ek nog so sit en dink aan die onbillikhede van die
lewe, word die verkeerslig voor my rooi en ek moet stop. Al weer 'n oponthoud!
Om alles te kroon kom daar nog een van hierdie stopstraat bedelaars en klop aan
my venster om te vra of ek nie vir hom net 'n paar sente het sodat hy vir hom
'n brood kan koop. Onmiddellik is ek sommer die moer in en vertel vir hom in
geen onduidelike taal om my nie te probeer bullshit met sy brood kopery nie,
want ek weet mos hy gaan die geld by die naaste kroeg of drankwinkel uitsuip.
Stel jou voor, brood koop! Asof ek gister gebore is.
Die lig verander na groen en ek kon gelukkig weer ry.
Op kantoor aangekom moes ek hoor dat die kliënt nie
langer vir my kon wag nie en het maar geloop. 'n Potensiële R50,000 se
transaksie daarmee heen. Ag, Heretjie wat nog!
Die res van die dag het ook nie veel beter verloop nie.
My sigarette raak op en daar is nie 'n spaar dosie in my lessenaar laai nie; My
sekretaresse will die middag af hê want haar kind is ongesteld; Die lêer wat ek
gister nog mee gewerk het, is nie meer op my lessenaar nie. Ens. ens.
Half vier die middag besluit ek dis nou genoeg, nou gaan
ek huis toe. Nie nog 'n minuut van hierdie nonsens nie.
By die huis gekom het ek my kortbroek en loopskoene
aangetrek en besluit ek gaan 'n ent in die veld stap, net om weer 'n slag vars
lug te kry.
So in die stap, terwyl ek probeer om elke bossie met my
kierie vlenters te slaan, dink ek weer aan die gebeur van daardie dag. Wragtig,
dis darem nie “fair” nie. Alles kon mos maar reg geloop het ook. Maar nee, dit
moes nou juis op daardie dag gebeur!
Eensklaps hoor ek 'n stem wat vir my vra: “Stes, wat loop
jy so en mor. Wat het vandag met jou gebeur?”
Dadelik besef ek dat dit die Here is wat met my praat.
“Maar Here, U weet mos wat met my gebeur het. U weet dan
alles. Alles het net verkeerd geloop. Ek het 'n groot besigheids transaksie
verloor en dit net oor 'n verdomde skoenveter wat gebreek het en 'n kar wat nie
wou vat nie.”
“Nou kom Ek vertel jou iets” antwoord die Here my.
"Jou sekretaresse wou die middag afgehad het om haar kind dokter toe te
kon neem, nè. Weet jy dat as sy daardie kindjie nie vanmiddag by die dokter
gekry het nie, sou daardie kindjie vanaand gesterf het. Gelukkig kon die geneesheer
haar net betyds die inspuiting gegee het wat haar lewe gered het.”
“En die kamstige transaksie wat jy verloor het. Het jy
geweet dat die sogenaamde kliënt een van die mees uitgeslape bedrieërs op twee
voete is. As jy daar daardie transaksie met hom aangeknoop het, sou jy vanaand
R50,000 armer gewees het. Hy sou jou uit alles verkul het.”
“En die bedelaar wat aan jou venster geklop het by die
verkeerslig. Het jy geweet dat dit eens een van die mees vooraanstaande
sakemanne van die stad was wat deur dieselfde bedrieër wat jy so graag wou
sien, ingeloop en van alles wat hy besit het, beroof is. Boonop het sy vrou hom
verlaat, sy kinders wil hom nie meer sien nie en sy enigste heenkome saans is
'n bedjie by die Heilsleër se koshuis vir hawelose mans.”
“As jou motor gevat het toe jy dit wou aanskakel, sou jy
daardie bedrieër nog in jou kantoor gekry het.”
“En, o ja, daardie verdomde skoenveter waaroor jy so
moan. Het jy geweet dat vroeër vanoggend 'n swaar gelaaide vragmotor se remme
ingegee het en dit oor die stopteken by die kruising naby jou huis, gejaag het.
Gelukkig was daar op daardie oomblik geen verkeer of voetgangers by die
kruising nie, anders was hulle gewis dood. Inteendeel, niemand het eers gesien
hoedat daardie vragmotor oor die kruising gejaag het nie. Gelukkig kon die
bestuurder van die vragmotor daarin slaag om die voertuig onder beheer te hou
en het hy uiteindelik veilig sy bestemming bereik.
Die vyf minute wat dit jou geneem het om 'n ander
skoenveter te kry, was presies die vyf minute wat jou lewe gered het. Want
sien, as dit nie vir daardie vyf minute was nie, sou jy presies, op die oomblik
toe daardie vragmotor oor die stopteken gejaag het, reg voor hom in die
kruising gewees het. En Ek kan dit maar vir jou sê, jy sou dit nie gemaak het
nie!”
Joumoerrologie
'n Amerikaanse toeris doen “white
water rafting” op die Oranjerivier en Gatiep is sy toergids.
Die Amerikaner vra vir Gatiep: “Do you know psychology,
methodology, biology or geology?
Gatiep antwoord: “Nei Master, never heard those big
words!”
Amerikaner: “You sure don’t know a lot my
friend?”
Skielik kry die boot 'n lekkasie
en begin sink.
Gatiep vra die Amerikaner: ”Do
you know swimonology and escapology away from crocodology?”.
Amerikaner: “What the fuck you
mean??”
Gatiep: “Well, today you going to
learn versuiptology just before you see joumoerology.”
Genie
Ou Koos loop eendag langs die see
by Durban toe hy ʼn goue lampie op die strand optel.
Toe hy die lampie afvee, verskyn daar 'n Genie uit die
lampie en sê vir Koos hy kan een wens kry omdat hy hom vrygelaat het.
Ou Koos sê vir die Genie: “Ag, jong, eintlik het ek al
alles wat ek wou gehad het, maar die een ding wat ek nou regtig sal waardeer,
is as jy vir my 'n brug kan gee van hier af tot in Australië.
Sien, die ding is so, al my kinders het al Australië
toe emigreer en dit is net ek en my vrou wat nog in Suid-Afrika is. As jy nou
vir my 'n brug kan gee Australië toe, dan kan ek elke naweek oorry soontoe en
'n bietjie by my kinders kuier en dan weer Sondag terugkom.”
Die Genie dink so 'n oomblik en
sê vir Koos: “ Jong, nou vra jy darem 'n moerse groot ding! Het jy al gedink
hoeveel beton, hoeveel staal, hoeveel bekisting daar in so 'n konstruksie sal
ingaan?
En dan moet die brug nog hoog
genoeg wees dat die groot vragskepe onderdeur kan vaar.
En ek aanvaar jy sal die pad
geteer wil hê en dan moet daar nog straatligte ingesit word net sodat jy nie
een aand van die brug afneuk nie.
Wil jy nie maar jou wens 'n
bietjie heroorweeg en sien of daar nie iets makliker is wat jy graag sal wil hê
nie?”
Ou Koos dink so 'n tydjie en toe
sê hy vir die Genie: “Jong, nie regtig nie. Maar daar is een ding wat ek nog
altyd begeer het om te weet en dit is hoe 'n vrou se kop werk.”
Na 'n paar sekondes toe sê die
Genie: “Daardie brug waarvan jy gepraat het, hoe het jy gedink, moet dit 'n
enkelbaan of dubbel baan wees!?”
Liewe Ma en Pa
Liewe Pa en Ma,
Dit gaan goed met my en met julle?
Sê vir boetie Wouter en boetie Koos dat om in die Army te
wees baie lekkerder is as om vir Oom Piet te werk.
Hulle moet sommer gou kom aansluit voordat al
die plekke gevul word.
Ek was eers baie ongemaklik omdat
mens in die bed moet bly tot amper 06:00,
maar nou geniet ek dit om so laat
te kan slaap.
Sê vir Wouter en Koos al wat mens
voor ontbyt moet doen, is om jou bed netjies en glad te maak en goed blink te
vryf.
Niks’e ge-varke voer, koeie melk,
mampoer meng of braaihout kappery nie.
Jy doen amper niks!
Manne moet nog skeer, maar dis
nie so erg nie, want daar’s warm water.
Brekfis is sterk op vrugtesap,
pap, eiers en bacon, maar minder sterk op steaks, boerewors, tjops, aartappels
en goed soos vetkoek.
Maar sê vir hulle jy kan altyd
tussen twee dorpsjapies wat net koffie leef, gaan sit.
Hulle kos plus joune hou mens
darem vol tot twaalfuur toe wanneer jy weer gevoer word.
Hierdie dorpsjapies kan nie juis
ver stap nie.
Ons gaan op roete marse, wat ons
sal taai maak, sê die Sersant.
As hy so dink is dit mos nie my
plek om hom reg te help nie.
'n Roete mars is omtrent so ver
soos tot by ons posbus by die huis.
Dan kry die dorpsjapies seer
voete en ons almal ry dan terug
in lorries. Die veld is mooi,
maar baie plat.
Julle gaan julle morsdood lag as
julle hiervan hoor. Ek bly medaljes kry vir skiet.
Ek weet nie hoekom nie.
Die bulls-eye is net so groot
soos 'n dassie se kop en beweeg glad nie eers nie.
En dit skiet nie eers terug soos
daai Venter’s van die buurplaas nie. Al wat jy moet doen is om doodstil te lê
en dit raak te skiet.
Jy hoef nie eers jou eie
ammunisie te maak nie, dit kom in bokse.
Dan is daar wat hulle noem
"hand-to-hand combat training".
Jy stoei met die dorpsjapies van
die stad af.
Ek moet versigtig wees, want
hulle kry maklik seer.
Dis nie soos om met ons ou bul,
Swart Duiwel, by die huis te stoei nie.
Ek is omtrent die beste wat hulle
in hierdie peleton het, behalwe vir Groot Jan Jordaan van die Bosveld.
Hy het saam met my aangesluit.
Maar ek is omtrent 5 voet 6 en weeg 70kg en hy is 6 voet 8 en weeg maklik
150kg, droë gewig.
Sê tog my boeties moet gou maak
en aansluit voordat ander ouens uitvind van die ongelooflike Army setup en
aangestorm kom!
Julle liefdevolle dogter
Saartjie!
The the Moer
Dit is die juffrou se eerste dag
wat sy skoolhou en so voor in die klas sit 'n dogtertjie met so 'n blou vlek op
haar wangetjie.
“En die ou kol op die wangetjie my skat?” vra die
juffrou, “het my kind seergekry?”
“Nee juffrou,” sê die dogtertjie met 'n lispel, “ek ith
so thebore juffrou!”
Die onderwyseressie voel aaklig omdat sy so
'n fout kon begaan en besef sy sal in die toekoms meer diplomaties moet wees.
'n Paar dae later kom sy weer in
die klas en daar sit Willempie met so 'n behoorlike blou oog in die klas.
“My hartjie!” se juffrou, “en die
ou blou oog? Is my kind ook tho thebore?”
“Nee, juffrou” se Willempie, “ek
ith tho themoer!”
Daai lekker Moer word
Daardie lekker Moer woord.
1. Verbasing: Wat die moer..?
2. Opgee: Te moer hiermee.
3. Moeilikheid: Oo Moer..!
4. Sukkel: Hoe de moer moet ek
dit verstaan!
5. Verwarring: Wat de moer!
6. Verdwaal: Waar die moer is
ons?
7. Aggressie: Ek moer jou!
8. Belofte: Jy gaan ge-moer word.
9. Ongeloof: Nie 'n moer nie!
10. Waarskuwing: Pasop, sy’s die
moer in.
11. Pyn: Eina Moer!
12. Onsimpatiek: Ek gee nie 'n
moer om nie!
13. Ontkenning: Not de moer!
14. Aanwysing: Vlieg in jou moer!
15. Suspisie: Wie de moer is jy!?
16. Admirasie: Dis nou moer mooi!
17. Afguns: Sy moer!
18. Misnoeë: Sies moer!
19. Twyfel: Ek weet nie wat de
moer om te doen nie.
20. Tydsberekening: Moer lank.
21. Afstand meting: Moer vêr.
22. Hoogtebepaling: Moer hoog.
23 Diepte bepaling: Moer diep.
24. Paniek: Ek’s moer laat!
Brakpan
Brakpan
*Jy weet jy is in Brakpan as jou girl se ouma verwag.
*As 'n Brakpanner verby n dam loop gooi die eende vir hom
brood.
*Hoe vind 'n Brakpanner sy sussie in die
donker? Blerri lekker.
*In Brakpan kan hulle net tot 3
tel: 1L Brandewyn, 2L Coke, 3L Cortina.
*6uur in die aand sluit die Brakpanners hulle kinders in die huis toe sodat die honde buite kan speel.
*6uur in die aand sluit die Brakpanners hulle kinders in die huis toe sodat die honde buite kan speel.
*Brakpan pickup line: “Ek weet
jy's ni 'n klip ni maar kan ek jou maar gooi?” ......
*..... of: “Hey koekie, gaan jy buk of kan ek jou maar trip?”
*..... of: “Hey koekie, gaan jy buk of kan ek jou maar trip?”
*Kan iemand asb. vir die
Brakpanners die verskil tussen sneeu en kokaiene verduidelik.. julle is nie op
'n trip nie, dis brain freeezzzz!!
*In Brakpan loop die honde in
pare, hulle is bang die kinders byt.
*As 'n Brakpanner die lotto
wen...sit hy Ferrari mags op sy Cortina.
*Hoe weet jy iemand kom van Brakpan af? As hy dink "fast food" is om 'n rooibok op 150km/h met sy Cortina te slaan.
*Hoe weet jy iemand kom van Brakpan af? As hy dink "fast food" is om 'n rooibok op 150km/h met sy Cortina te slaan.
*Die deurmekaarste dag op Brakpan
is vadersdag.
*Brakpanners se huise lyk almal
dieselfde; Die vensters is getint en fondasies is gedrop.
*Wat is die verskil tussen 'n
Brakpan girl en 'n muskiet? As jy ʼn muskiet klap hou hy op suig.
*Brakpan girls is goedkoper as
‘please call me's’.
*Jy weet jy's in Brakpan as die
kinders dink Jack Daniels is familie.
*Hulle sê dat Brakpanners so arm is dat hulle die kinders op die grasperk laat kak sodat die diewe kan dink daar is waghonde op die erf.
*Hulle sê dat Brakpanners so arm is dat hulle die kinders op die grasperk laat kak sodat die diewe kan dink daar is waghonde op die erf.
*Party Brakpanners laat weer die
hoenders in die sitkamer kak om die grasperk skoon te hou.
Spook
Man op die hospitaalbed het heavy
maagpyn! Hy try 'n wind los en bekak sy hele hosiptaalbed. Hy gryp die laken en
gooi dit by die venster uit.
'n Dikgesuipte boemelaar stap op die sypaadjie en die
vuil lakens val op hom.
Hy slaan, klap en gaan tekere tot die laken af is.
Die sekuriteitswag by die hoek van die straat
vra vir die ou: "Wat het gebeur?"
Boemelaar:"Ek weet nie, maar
ek het nou net die kak uit daai spook gemoer!”
Bloedbek
Die vlermuis kom ingevlieg by die
grot met vars bloed om sy bek.
Die ander vlermuise gaan mal, want hulle wil ook daarvan hê.
Na 'n lang gesukkel om hom so vêr te kry om vir hulle ook te vertel waar die bloed vandaan kom, sê die vlermuis hy sal hulle gaan wys.
Die ander vlermuise gaan mal, want hulle wil ook daarvan hê.
Na 'n lang gesukkel om hom so vêr te kry om vir hulle ook te vertel waar die bloed vandaan kom, sê die vlermuis hy sal hulle gaan wys.
Almal vlieg toe agter hom aan en na 'n tydjie kom hulle
voor 'n groot boom te lande.
"Sien julle hierdie boom?"
"Ja, Ja" skree die honger vlermuise!
"Wel goed vir julle, want ek het fokken ding nie gesien nie
"Sien julle hierdie boom?"
"Ja, Ja" skree die honger vlermuise!
"Wel goed vir julle, want ek het fokken ding nie gesien nie
Sal
gaan aantrek
Fochville is toe al die tyd n
rowwer plek as Brakpan.
Jannie het vir hom ʼn Boksburg girl gekry en gaan op die
eerste date met die girl.
Later die aand kom hulle by haar woonstel en die girl
gooi haarself op die bank neer en vra:
“So Jannie, wat wil jy nou van my hê?”
Jannie: “Jou panties op jou
knieë!”
Girl: “Gee my net ʼn oomblik, ek
sal gou een gaan aantrek”
45 cents
Sannie se vir haar ma: “Ek gaan
van Jannie skei.”
Sannie se ma antwoord geskok: “Ag, nee Sannie, wat gaan
dan nou aan. Is jy seker, jy wil skei?”
“Ja, ma. Al wat Jannie soek is seks, seks, seks en meer
seks. My paddatjie is al die grootte van n 50c stuk. Dit was altyd die grootte
van ʼn 5c stuk.”
Haar ma is geskok en antwoord. “Jy's getroud
met n multi-miljoenêr sakeman wat jou op sy hande dra, jy bly in n 8 slaapkamer
mansion, jy ry n R3 miljoen se Ferrari, jy kry R40000-00 per week se spending
geld, jy vat 6 vakansies per jaar en jy wil dit als weggooi!?
En dit oor 45c!!”
Pagel
Die regte leeu het siek geword en
kan die aand nie optree nie toe Pagel een van die tydelike werkers vra of hy
nie in die plek van die leeu wil optree nie. Hulle sal dan vir hom 'n leeu pak
aantrek wat op 'n druppel na aan 'n regte leeu lyk en al wat hy moet doen, is,
hy moet die ring binne draf en dan der toertjies wat die leeutemmer vir hom sê
om te doen, uitvoer.
Die aand draf die kêrel in sy leeu suit die ring binne en
perform soos 'n wie weet watse leeu. Dan is hy op sy agterpote, dan weer op sy voorpote, dan spring hy op 'n
stoeltjie en kap na die leeutemmer, net soos die genuine leeu.
Toe die vertoning klaar is, moet hy toe
uitdraf deur die tonnel wat na die leeuhok lei, maar in sy opgewondenheid kies
die kêrel toe die verkeerde tonnel en beland in die beer se hok. Toe hy die hok
so binne draf toe sit daar een helse groot Grizzly beer in die oorkantste hoek
wat hom glurend aanstaar.
Die leeu kêrel skrik sy melk weg
en gaan sit in die teenoorgestelde hoek van die hok, doodstil.
Na 'n minuut of wat begeef die
kêrel se moed hom en hy begin in so 'n diep growwe stem roep, “Pagelll!, Paaagell
! Pageeell!” Maar ou Pagel hoor hom nie.
Nog 'n minuut of wat later toe
roep die kêrel weer, “Pagelll ! Pageeell, As jy nie nou gou kom nie dan kak ek
in my broeeek!”
Net toe hy klaar is toe kom daar
so 'n benoude stem uit die beer uit, “Jy kan maar los! Ek het klaar in mý broek
gekaaak!”
Ry Bloots
Die vrou se motor gaan staan
sonder brandstof en n Rooi Indiaan gee die vrou 'n geleentheid tot by die
naaste vulstasie agterop sy perd.
Sover as wat hulle ry weergalm die Indiaan se
Tarzankrete.
By die vulstasie aangekom wil die joggie by die vrou
weet: Hoekom is hy so opgewonde?
Vrou: Hoe sal ek weet! Hy skreeu nog die hele
ent pad so.
Joggie: Was jy nie bang nie?
Vrou: Nee ek was nie regtig bang
nie. Ek het maar net al hoe stewiger voor aan die saalboom vasgeklou.
Joggie: Mevrou, Rooi Indiane ry
bloots!
Bank Paartie
'n Spul bankrowers storm eenkeer 'n bank binne en skree, “Hierdie is 'n
bankroof! Almal lê op julle mae dan sal niemand seerkry nie! Die een wat nie op
sy maag bly lê nie sal geskiet word!”
Almal slaan op
hulle mae neer en hou net hulle koppe toe.
Arme Sannie skrik
egter so groot, sy slaan reg agteroor in 'n vloute en beland op die naat van
haar rug, so uit soos 'n kers!
Toe Willem, een van die klerke, hoor daar val iets
hier langs hom, maak hy sy oë so versigtig oop en sien Sannie langs hom lê.
“Ag Here Sannie,”
fluister hy vir haar, “lê tog in Vaders naam op jou maag! Hierdie is 'n bank
roof, nie 'n bank party nie!”
Gatiep kon swem
Gatiep verdrink in ʼn wynvat op 'n wynplaas en
daar moet eers 'n nadoodse ondersoek ingestel word voordat hulle hom kan
begrawe.
Die dag met die ondersoek getuig een van Gatiep se pêlle
oor wat nou eintlik gebeur het en die pêl vertel hoedat Gatiep bo-oor die vat
gebuk het toe hy sy ewewig verloor en in die vat geval het.
Die landdros vra hom toe, “Maar kon Gatiep dan nie swem
nie?”
“Dja Edelagbare, natuurlik kon Gatiep swem.
Hy het drie maal uitgeswem om te gaan piepie!”
Vasgehaak
Die kêrel neem 'n meisie vir die eerste keer
uit. Die jong dame lei ongelukkig aan epilepsie, maar die kêrel weet dit nie.
Later die aand is hulle in haar woonstel en die tweetjies
is naderhand op die bed en dit gaan net te jollie. Die tweetjies vry 'n hond
uit 'n bos, maar net voordat die meisie haar toppunt bereik, kry sy 'n
epileptiese toeval.
Die kêreltjie skrik hom uit sy geloof en jaag met haar
hospitaal toe.
By noodgevalle ontmoet 'n geneesheer hom en
vra die kêrel wat fout is.
“Dokter”, sê hy, “Ek is nou self
nie 'n medikus nie, maar as jy my sou vra, sou ek sê haar orgasme het vas
gehak!”
Nie my style
Kees sit eendag onder ʼn
Kameeldoring toe daar twee luiperd-welpies by hom kom en hom vra, ”Kees, wat
maak jy hier?”
“Nee ek sit sommer en dink, voor hierdie dag uit is gaan
ek daardie ma van julle raps!”
Die twee welpies storm daar weg, reg na hulle ma toe en
vertel haar wat die bobbejaan gesê het.
“So ʼn ou dôner!” sê die luiperd, ek sal hom
vrek maak!” en sy bestorm vir Kees.
Kees vlieg op en laat spaander
vir die vaal duiwel.
So in die hardloop sien hy 'n
erdvark gat en besluit om daarin weg te kruip.
In haar haas duik die luiperd
sommer so met voorpote en agterpote gelyk die gat in en daar sit sy vas in die
opening van die gat. Net haar sterre steek bokant die opening uit.
Nou die van julle wat weet, 'n
erdvark gat het mos kleiner tonnels wat weer op 'n ander plek uitkom en nie
lank of Kees is weer uit die gat uit en wat hy so wil begin hardloop sien hy
wat met die luiperd gebeur het.
Hy loop so versigtig nader en toe
hy sien die luiperd sit nou behoorlik vas, loop hy so 'n draai om die luiperd,
snuif so 'n slag en sê, “Well, dis nou nie eintlik my styl die nie, maar nouja,
ek het die kinders belowe, het ek nie.”
Goeie beleggings
'n Ou tannie gaan sien haar
bankbestuurder omtrent 'n belegging en so 'n ent weg deur die gesprek toe sê
die bankbestuurder vir haar.
“Mevrou, sê nou eers net vir my, jy bly op 'n plotjie
buite die dorp en al wat daarop loop is 'n vark, twee koeie, 'n bok, 'n paar
kalkoene en 'n paar hoenders. Hoe kry jy dit reg om soveel duisende rande in
jou bankrekening te hê?”
“Dit is maar net goeie “risk management” meneer.”
“Risk management? Nou verstaan ek nie” sê die
bankbestuurder, “wil mevrou nie miskien vir my verduidelik wat se “risk
management” mevrou doen nie?”
Die ou tannie sê vir hom, “Meneer
sien, ek wed die meneer nou R5000 rand meneer se testikels is vierkantig en nie
rond nie!”
“Wat!” roep die bankbestuurder
verontwaardig uit, “Maar natuurlik is my testikels rond!”
“As dit dan so is, hoekom wil
meneer nie die weddenskap aangaan nie. Soos ek gesê het, ek wed die meneer
R5000 meneer se testikels is vierkantig en nie rond nie. En dan môre,
twaalfuur, ontmoet ek meneer weer hier in meneer se kantoor. Meneer bring vir
jou 'n getuie saam en ek bring my getuie saam. Dan stel ons 'n behoorlik
ooreenkoms op dat die een wat verloor moet die ander R5000 betaal en ons laat
die getuies ook teken.
“Nou maar goed, reg so” sê die
bankbestuurder en die ou tannie is daar weg.
Maar die weddenskap krap aan die
bankbestuurder die hele res van die dag. Elke nou en dan het hy sy hand hier
voor in sy broek in net om seker te maak sy testikels is rond en nie vierkantig
nie.
Die aand by die huis gaan staan
hy selfs voor die spieël om weer seker te maak.
Toe die ou die oggend wakker word
roep hy selfs sy vrou om ook net te kom kyk of hulle nog steeds rond is en die
verseker hom, hulle is verseker rond!
Hy is daar weg kantoor toe, hoogs
tevrede dat vandag is die dag wat hy die maklikste R5000 gaan verdien wat hy
nog ooit verdien het.
Presies twaalfuur toe is die ou
tannie daar sommer met twee ouens saam met haar.
“Right” sê sy, “meneer klim nou
hier op die lessenaar en laat sak meneer se broek. Dan kyk ons.”
Die bankbestuurder klim op sy
lessenaar en laat sak sy broek.
Nee, maar sy moet darem net eers voel
en sy vat die kêrel se hele balsak so vol in die hand.
“uh-hu, uh-hu” sê sy, “nee dis
maar reg so. Meneer kan nou maar afklim.”
“Ek het jou gewaarsku mevrou,
maar nouja, 'n weddenskap is 'n weddenskap, kom laat ons teken en dan moet die
getuies ook teken.”
Dis reg so. Die bankbestuurder sê
toe, ”Maar mevrou, dis nie nodig dat al twee jou getuies hoef te teken nie. Een
sal genoeg wees.”
“Nee, meneer” sê die ou tannie,
“hierdie ander kêrel is nie 'n getuie nie. Dis n ou wat ek vanoggend R20,000
gewed het dat voor eenuur vandag sal ek my bankbestuurder aan die balls beet
hê!”
Dokter gee raad
Twee landmeters is in die veld
besig om opmetings te doen, toe die een 'n nood ontwikkel. Hy besluit toe om
sommer agter die naaste vaalbos broek los te maak maar besef nie hy is besig om
op 'n slang wat daar gelê het, te gaan sit nie. Toe die slang hierdie vreemde
indringer spesie voor hom sien, pik hy die nuweling reg op die kop.
Die landmeter spring op en skreeu vir sy maat om te kom
help, 'n slang het hom gepik. Reg op sy ou koggelmander se kop.
Die ander sê, maar hy weet nie
wat om te doen hy, hy sal maar 'n dokter bel. Hy skakel toe sy huisdokter en
vertel hom wat gebeur het. Met die selfoon aan sy oor klink die res van sy
gesprek met die dokter toe so:
“Nee, dokter ons weet nie wat se slang dit is
nie.”
“uh hu”
“ja”
“ek sien”
“Dit kan giftig wees ja”
“uh hu”
“dokter sê ek moet sy ding in my
mond sit en suig!”
“uh hu”
“anders sal hy doodgaan?”
“ek sien”
“maar is daar geen ander manier
nie?”
“niks”
“dokter sê as ek nie suig nie kan
hy doodgaan?”
“ek sien. Maar dankie in elk
geval vir dokter se advies.”
"Totsiens."
Teen die tyd is die ander ou al
hoogs benoud en vra vir die een wat met die dokter gepraat het, “En toe! Praat
man. Wat sê die dokter?”
Die ander ou kyk hom so toe sê
hy, “Die dokter sê hy dink jy gaan doodgaan!”
Ouetehuis
Ouetehuis
Drie ou mans sit in die ouetehuis se sitkamer
en gesels toe tant Ralie daar verbyloop.
Die een ou sê vir die ander, “Julle weet, ek kan daardie
ou girl sommer 'n soen gee!”
Sy ou maat langs hom sê, “Man, ek sal haar nie net soen
nie. Ek sal haar 'n soen en 'n druk gee!”
Die derde ou oom kyk hulle so skeef aan en
sê, “Julle jongetjies weet nog niks. 'n Girl soos daardie, neem jy na jou kamer
toe. Dan maak jy haar lê op die bed en jy trek haar onnodige kledingstukkies
van haar af en dan strooi jy so 'n bietjie Johnsons baby powder so liggies oor
haar lyfie tot sy nou mooi met die poeiertjies bedek is.”
Die oubaas aarsel so 'n oomblik
terwyl hy diep peins en herhaal weer, ”jy strooi poeiertjies tot sy mooi bedek
is .........., my bliksem ou Piet, wat het ons toe nou weer daarna gedoen?!”
Heel Aangenaam
Pas na die afloop van die episode
met die verslaggeefster, vra ʼn vriend van Eugene Terreblanche hom wat hulle nou
eintlik daar by sy huis gedoen het.
ET verduidelik dat hy nog handgemeen met die meisie wou
raak toe die by die huis uit hardloop en vir hom skree: Jy kan my tog nie vang
nie!
Die mielies was daardie jaar glo baie mooi en staan ruig
geelwit op die land toe die verslaggeefster die mielieland inhardloop om ver ET
te gaan wegkruip.
Die vriend vra hom toe, “maar Eugene, hoe het
jy die meisie toe in die mielieland gevind?”
ET, “Heel aangenaam ou vriend,
heel aangenaam!”
VOOR TROUE
Voor troue .....
HY; uiteindelik, ekt soooo lank
gewag!
SY; wil jy he ek moet waai?
HY; neeeeee,ek dinki eers da ani.
SY; is jy lief vir my ?
HY; natuurlik, somer baie
SY; het jy my al ooit verneuk?
HY; nee, hoe vra jy dan so iets?
SY; wil jy my soen?
HY; elke keer as ek kans kry.
SY; sal jy my moer?
HY; is jy mal, ek isi so mens
nie.
SY; kan ek jou vertrou ?
HY; JA!!!
SY; skat?
TWEE JAAR LATER, LEES NOU VAN
ONDER NA BO!
Wat my ma my geleer het
Wat my ma my geleer het...
1) Ma het my geleer hoe om te bid: "Jy moet bid dat
daardie kol op die mat uit is as ek vanaand by die huis kom"
2) Sy het my geleer van "time travel": "Ek sal jou tot in volgende week in klap!"
3) Sy het my geleer pa's is slimmer en ryker as ma's: "Gaan vra jou pa!"
4) Sy het my geleer oor plantkunde: "Lyk dit vir jou of geld op my rug groei?"
5) Sy het my geleer om altyd nederig en klein te wees: "Mannetjie !!!"
6) Sy het my van die weer geleer: "Dit lyk of 'n dekselse orkaan jou kamer getref het!"
7) Sy het my geleer van fauna en flora: "Moenie vir my vertel perredrolle is vye nie!"
8) Sy het my geleer om myself te ontdek: "Hou op om jou soos jou pa te gedra!"
9) Sy het my die wetenskap van osmose geleer: "Hou jou mond en eet jou kos!"
10) Sy het my geleer van uithouvermoë: "Jy sal by daardie tafel sit totdat jy jou spinasie opgeëet het!"
11) Sy het my geleer van sintuie: "Kinners word gesien en nie gehoor nie!"
12) Sy het my geleer van humor: "Hou aan lag, dan gee ek jou iets om oor te huil ook!"
13) Sy het my van jaloesie geleer: "Daar is duisende arm kinnertjies wat ouers soos joune begeer!"
14) Sy het geleer dat daar 'n plek en 'n tyd vir alles is:
"As julle mekaar wil vermoor, gaan doen dit buite! Ek't nou net hier skoongemaak!"
15) Sy het my wiskunde geleer: "Sit jy alweer en tanne tel!"
16) Sy het my logika geleer: "Want ek sê so, dis hoekom!"
17) Sy het my geleer dat wonderwerke nog kan gebeur:
"Ek sal jou klap dat jy jou antie vir 'n eendvoël aansien as jy my weer terug antwoord!"
2) Sy het my geleer van "time travel": "Ek sal jou tot in volgende week in klap!"
3) Sy het my geleer pa's is slimmer en ryker as ma's: "Gaan vra jou pa!"
4) Sy het my geleer oor plantkunde: "Lyk dit vir jou of geld op my rug groei?"
5) Sy het my geleer om altyd nederig en klein te wees: "Mannetjie !!!"
6) Sy het my van die weer geleer: "Dit lyk of 'n dekselse orkaan jou kamer getref het!"
7) Sy het my geleer van fauna en flora: "Moenie vir my vertel perredrolle is vye nie!"
8) Sy het my geleer om myself te ontdek: "Hou op om jou soos jou pa te gedra!"
9) Sy het my die wetenskap van osmose geleer: "Hou jou mond en eet jou kos!"
10) Sy het my geleer van uithouvermoë: "Jy sal by daardie tafel sit totdat jy jou spinasie opgeëet het!"
11) Sy het my geleer van sintuie: "Kinners word gesien en nie gehoor nie!"
12) Sy het my geleer van humor: "Hou aan lag, dan gee ek jou iets om oor te huil ook!"
13) Sy het my van jaloesie geleer: "Daar is duisende arm kinnertjies wat ouers soos joune begeer!"
14) Sy het geleer dat daar 'n plek en 'n tyd vir alles is:
"As julle mekaar wil vermoor, gaan doen dit buite! Ek't nou net hier skoongemaak!"
15) Sy het my wiskunde geleer: "Sit jy alweer en tanne tel!"
16) Sy het my logika geleer: "Want ek sê so, dis hoekom!"
17) Sy het my geleer dat wonderwerke nog kan gebeur:
"Ek sal jou klap dat jy jou antie vir 'n eendvoël aansien as jy my weer terug antwoord!"
Blou Vitterjoel
Die twee ou vriende loop in 'n parkie toe daar so 'n
seksie jong bokkie met 'n nou passende oefen broekie aan, by hulle verby draf.
'n Paar minute later sê die een
ou vir sy maat, “Ou Piet, onthou jy daardie blouvitterjoel wat hulle vir ons in
die army gegee het? Hoe lyk dit dan vir my die bleddie goed begin nou eers
werk!”
Wanneer om jou bek te hou
'n Olifant loop in die wildtuin
en mis bo-op 'n mossie. Met 'n groot gesukkel spartel die mossie hom los uit
die bol mis en met 'n helse geraas sit hy op die hoop mis en maak homself
skoon. Net toe hy mooi skoon is kom daar 'n wilde kat en vang die mossie.
In 'n nabye boom het twee ander mossies hierdie eskapade
sit en beskou en toe die kat die eerste mossie so wegdra, toe sê die een in die
boom vir sy pêl, “ Die poepol het ook nooit geleer jy hou jou bek as jy in die
kak is nie!”
Saad
So 'n jong boertjie van
Wes-Transvaal is skoon uit sy vel van vreugde toe die verpleegstertjie vir hom
kom sê hy is pa van 'n klein 1 kg. babatjie.
“Nou hoekom is jy so opgewonde oor so 'n klein ou
dingetjie?” wil die verpleegster weet.
“Ou sussie,” sê die kêrel, “hier
in die Wes-Transvaal is ons maar te dankbaar as ons elke jaar net ons saad
terugkry!”
No comments:
Post a Comment