Postings

Tuesday, 16 October 2012

Die Bybel - Handboek of Reelboek?



Die  Bybel - Handboek of Reëlboek


                                                                                               Stes de Necker

  

Hoeveel maal per dag kry ons te doen met een of ander toestel of instrument waarby daar 'n “Gebruikers Handleiding” (users’ manual) by die verpakking ingesluit is.

Ek wil glo dat die meeste mense hierdie handleidings sorgvuldig deurlees voordat hulle die toestel begin aanmekaarsit of gebruik, maar ek weet ook van talle wat, sonder om die “operating manual” te lees, eenvoudig wegspring en die toestel begin aanmekaarsit soos wat hy/sy dink die onderdele inmekaar pas; gewoonlik met ernstige skade aan die toestel, groot frustrasie vir die huismense en ʼn gekrenkte ego van die “tegnikus”. Dit is vir hierdie mense wat die Engelse uitdrukking: “When all else fail, read the manual” bedoel is.

In die lewe gaan dit presies dieselfde. Ons sien so baie mense wat bloot eenvoudig in enige situasie instorm sonder dat hulle enigsins eers die “users manual” na te slaan. Jong paartjies besluit halsoorkop om te trou sonder die vaagste benul wat die verantwoordelikhede van 'n getroude lewe inhou. Ander gee hulle oor aan die genietinge van hierdie lewe sonder om die gevare van hulle optrede in aanmerking te neem, terwyl ander weer bewustelik daarop uit is om met allerhande soorte praktyke, insluitende dwelms, spiritisme en selfs satanisme, te eksperimenteer.

Elkeen verlang na die dag om onafhanklik en op sy eie te wees. “Ek sal self regkom! Daar is baie wat (op die oog af) op hulle eie regkom!”  Dit lyk soms of baie jongmens maar te gretig is om agter die stroom van “self regkom” aan te gaan uit vrees dat hulle nie “in” sal wees as hulle nie doen wat die ander doen nie. Om deel van die groep te wees is belangriker as om van die groep uitgesluit te word. 

“Vergeet van 'n handleiding; ons weet wat ons doen!”

Ek glo vas dat hierdie verknogtheid aan “groep aanvaarding”, nog altyd te make het met die eng Gereformeerde opleidingstelsel van die verlede. As kind, wat gedurende die vyftigerjare in ʼn streng Gereformeerde huis grootgeword het en in ʼn suiwer Christelik-Nasionale skool skoolgegaan het, was ek in werklikheid nooit toegelaat om vir myself te dink nie. Net jammer ek het dit te laat agtergekom!
Die skool het vir ons besluit hoe ons ons hare moes sny en kam en hoe die skooldrag, wat ons verplig was om te dra, moes lyk. Die skool en onderwysers het vir ons besluit wat ons sal leer en wat ons nie sal leer nie; wanneer ons mag praat en wanneer ons nie mag praat nie; wat ons mag vra en wat ons nie mag vra nie. En bewaar die arme bloedjie wat nie elkeen van hierdie voorskrifte slaafs nakom nie! Hy/sy is baie gou as “anders” geëtiketteer en “anders” was bloot eenvoudig nie aanvaarbaar nie.

Later op universiteit het die universiteits-owerhede besluit in watter rigting ons kan studeer terwyl die kerk vir ons besluit het wat ons op Sondae mag doen en nie mag doen nie. Die Staat het vir ons besluit watter ingange van geboue en parke ons moet gebruik terwyl die Sensor Raad vir ons besluit het wat ons mag lees of nie mag lees nie;  of wat ons mag sien of nie mag sien nie.

Na universiteit moes ons begin werk en wat is die eerste ding wat gebeur? Die werkgewer vertel jou hoe jy jou werk moet doen.

Op hierdie stadium van jou lewe is jy omtrent 25 jaar oud en sedert graad 1, het niemand jou nog ooit geleer om vir jouself te dink nie, want jy was nie veronderstel om vir jouself te dink nie! Die sisteem het van jou ʼn  professionele na-aaper gemaak!

Ek onthou hoe ek by geleentheid op universiteit van ʼn dosent verskil het oor een of ander ekonomiese teorie. Heel gou is ek in geen onduidelike terme daarop gewys dat voorgraadse studie nie die plek is om van ʼn dosent te verskil nie! Nodeloos om te sê dat, toe ek hierdie verduideliking ook nie wou aanvaar nie, ek desnieteenstaande drie opeenvolgende pogings, nooit daardie vak kon slaag nie! Die opleidingstelsel van universiteite het ook maar min verskil van die stelsel wat in ons skole gegeld het. Solank jy net, soos wat dit 'n goeie papegaai betaam, bloot net wat jy geleer is in ʼn eksamen weergegee het, was jou uiteindelike kwalifikasie so te sê gewaarborg.

Hiermee wil ek egter nie sê dat álle universiteit dosente en lektore slawe van die opleidingstelsel van daardie tyd was nie. Genadiglik was daar ook dié dosente wat selfstudie en onafhanklike denke aangemoedig het en erkenning daaraan gegee het.

In baie gevalle was dit egter veiliger om deel van die hoofstroom te bly, aangesien jou kanse op sukses soveel groter was en dit voorgekom het of, as jy deel van die hoofstroom is, jy seker nie te  vêr verkeerd kan wees nie.
Hoekom sal enigeen dan bekommerd wees oor 'n handleiding vir die lewe, wanneer daar so vele andere was wat vír jou besluit het wat reg en verkeerd was. Selfs jou uiteindelike saligheid was weliswaar gewaarborg, solank jy net nie te veel opskudding veroorsaak nie!

Dit is juis hierdie beskouing wat ten grondslag lê vir die verskil in die siening van die  Bybel as bloot maar 'n soort handboek of riglyn, “guide”, vir jou lewe of die siening dat die Bybel die een en enigste “reëlboek” vir jou lewe is.

Die Bybel is nie maar net 'n gids of breë riglyn vir die lewe nie!  Dit is 'n lewensnoodsaaklike “reëlboek” of “wetboek” wat God se voorskrifte oor hoe jy jou lewe moet lei, duidelik en ondubbelsinnig uitspel. Hoe ons moet leef, hoe ons in God moet glo, hoe ons mekaar moet liefhê, hoe ons onsself moet gedra, hoe ons kinders van God moet wees en aan die ander kant wat vir ons verbode is; moord, diefstal, haat , nyd, sondige begeertes, leuens,  egskeiding  ens. Dit is die reëls van die spel en daar bestaan min tweede kanse as jy daardie reëls verbreek. Net soos in sport bestaan daar nie 'n enkele sportsoort ter wêreld wat nie oor reëls beskik nie en daar bestaan ook nie iets soos 'n speler wat maar self kan besluit watter van die reëls hy wil nakom en watter hy nie wil nakom nie!

In die ongenaakbare spel van die lewe hoor ons egter al hoe meer van die sogenaamde “vrye wil” van die mens. Die probleem met hierdie siening is dat baie mense dit beskou as 'n soort “carte blanche” om te doen wat hy wil.

In my boek “Verborge Skatte van die Bybel” het ek gesê dat, na die sondeval, die mens 'n morele gewete bekom het en voortaan self sou moes kies tussen reg en verkeerd. Terwyl daar wel 'n element van “vrye wil” in hierdie eienskap van die mens bestaan, beteken dit nog lank nie dat ons dit wat onaanvaarbaar vir God is, daarmee kan regverdig nie! Ieder en elke keuse wat ons maak moet nog altyd gemeet word aan die maatstawwe wat God vir ons in Sy woord daargestel het.

Dieselfde geld ook vir die sogenaamde “vrye wil” van die mens. Terwyl ons sekerlik oor die reg beskik om volgens ons wil op te tree, moet ons nog altyd vir onsself die vraag afvra: Wat sal God wil dat ek moet doen. “WAT SOU JESUS DOEN?” (WWJD – “What would Jesus do”)

Vrye wil, net soos vrye keuse, is nie onbeperkte regte nie!  Indien enigiets, is beide  'n toets vir ons lewe; God se toets om te bepaal of ons tussen reg en verkeerd kan onderskei.

In 2 Tim. 3: 16 staan daar: “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek.” 

Hiermee sê God vir ons baie duidelik dat as ons 'n lewe van gehoorsaamheid aan Hom wil lei; dwalinge wil vermy, dit wat verkeerd is in ons lewe wil regstel en die regte leefwyse wil handhaaf, ons die Bybelse voorskrifte moet nakom. 

Daar bestaan GEEN ander maatstawwe vir ons lewe, as die wat in die Bybel vir ons gegee is nie!

Wat ons ook al doen of besluit, is óf reg óf verkeerd. Daar bestaan nie iets soos 'n goue middeweg, ('n soort van 'n riglyn), nie!

Jesus self sê vir ons dat daar nie 'n middeweg is nie. In Luk. 11: 23 staan daar: “Wie nie aan my kant is nie, is teen My. En wie nie saam met My die skape bymekaarmaak nie, jaag hulle uitmekaar.” Ons kan nie God en Mammon dien nie.  (Matt. 6: 24)

In die inleiding van hierdie boek het ek gesê dat die Bybel nie 'n natuurwetenskaplike handboek is wat korrekte geografiese feite probeer gee, of 'n geskiedenis handboek is wat korrekte geskiedenis inligting probeer verskaf nie. Die antiek Bybelse manuskripte is in die gewone spreektaal, binne die normale begrips raamwerk van die antieke tyd, geskryf. Dit was verder ook nooit bedoel om 'n letterkundige werk te wees nie! Dit is moontlik om hierdie rede dat dit baie keer wil lyk asof die Bybel nie altyd “betroubare” inligting oor sake gee nie. In Matt. 28: 20 sê Jesus egter: “... leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.”
In Psalm 119 vers 4 sê die Psalmdigter: “U het u bevele gegee dat dit ten volle uitgevoer moet word.” en vêrder in vers 105: “U woord is die lamp wat my die wegwys, die lig op my pad.” 

Liewe jongmens, in dieselfde Psalm 119; 9 staan daar: “Hoe kan 'n jongmens sy lewe skoon hou? Deur hom te hou aan u woord.”  In die Bybel gaan dit nie oor ingewikkelde teologiese leerstellings of oor intelligente akademiese dogmatiek nie. Dit gaan in die eerste plek oor God se liefde vir ons en ons liefde vir mekaar.

In sy artikel “Die Bybel bekoor met eenvoud” (Sien “Verborge Skatte van die Bybel” op Bld. 388) sê Prof. Piet Strauss, vorige Moderator van die  NG Kerk,  : “Die Skrif laat ons nie met 'n lugleegte of 'n verleentheid nie. Die Woord en Gees bevry ons om 'n groot, eenvoudige Skrif waarheid na te jaag: 'n lewe tot eer van God! Hoe nader jy aan die Woord lewe, hoe duideliker en eenvoudiger word die betekenis daarvan vir jou lewe. 'n Eenvoud wat vandag nog bekoor. 'n Eenvoud wat eenvoudig en ten diepste tot geloof en gehoorsaamheid lei.”

Miskien sal jy nou vir my sê: “As die Bybel dan so duidelik is, hoekom bestaan daar dan soveel hulpmiddels en geskrifte om ons te help om die Bybel te verstaan?”

In “Verborge Skatte van die Bybel” het ek gesê dat ons nie almal predikers hoef te wees om die Bybel met insig en begrip te lees nie!  Al die ingewikkelde teorieë oor sogenaamde dualisme en monisme en pluralisme en al die ander –ismes wat daar mag bestaan, beteken uiteindelik nie veel as God self nie vir ons die Bybel open nie.  In Jer. 33: 3 sê die Here vir Jeremia: “Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie.”

Hoeveel keer het dit al met jou gebeur dat jy vir antwoorde in die Bybel soek, maar dit bloot eenvoudig net nie kry nie! Ons lees sekere gedeeltes van die Bybel oor en oor totdat ons naderhand elke woord en vers daarvan uit ons koppe ken, maar steeds gee dit nie vir ons die antwoord of berusting wat ons soek nie.  En dan, op ʼn goeie dag, lees ons weer diesélfde gedeelte, maar dié keer is dit anders. Meteens is dit of die teks vir ons ʼn héél nuwe en diepere betekenis kry en vir die eerste keer verstaan ons regtig wat die Skrif vir ons wil sê. Dit is wat ek bedoel met die Here vra dat Hy self vir ons die Bybel “oopmaak”; dat Hy self vir jou en my die betekenis van die Skrif uitlê (openbaar). Dán eers kry die skrifgedeelte vir ons wáre betekenis; dan eers groei ons werklik in ons geloof.

Maar weereens, dit beteken ook nie dat ons sónder die bediening van die Woord kan klaarkom nie! In Rom. 10: 14 – 15 sê Paulus: “En hoe kan jy van Hom (Jesus) hoor sonder iemand wat preek?  En hoe kan iemand preek as hy nie gestuur is nie?”  Die  Engelse King James Bybel stel dit soos volg in Rom 10: 17 “……faith cometh by hearing, and hearing by the word of God.”

Die Bybel is nie maar net 'n “user friendly guide” vir ons lewe nie. Dit is die Woord van God self!  (sacramentum)  In die Bybel ontmoet ons die God van die Woord. Calvyn het hierna verwys as “dei loquentis personae”.  In die Bybel kom God sélf aan die woord; is Hy sélf die Woord.

Die Woord van God is daarom nie bloot maar net 'n algemene riglyn of teologiese leerstelling nie. God praat met ons met die doel om ons te verander. Om ons van ons verkeerde weë te laat afsien, ons slegte gewoontes te laat staan, ons hardkoppigheid te laat vaar. 

Onthou altyd dat God jou nooit in die steek sal laat nie. Hy weet wat jy nodig het nog voordat jy Hom gevra het. Hy ken jou bekommernis. Hy ken jou vrese. Niks is vir Hom verborge nie.

In Matt.7 :7 sê Jesus self: “Vra en vir julle sal gegee word; soek en julle sal kry; klop en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.”  En dan in vers 9: “Watter mens onder julle sal vir sy seun 'n klip gee as hy brood vra, of 'n slang as hy vis vra?”

Die Bybel is die enigste boek ter wêreld wat onder die gesag van God geskryf is!



Hoe lank kan die aarde nog die mens se aanslag afweer?



Hoe lank nog kan die aarde die mens se aanslag afweer?


                                                                                                 Stes de Necker


Inleiding
In Gen. 1: 28 staan daar: “Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: ‘Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die vis in die see, oor die voëls in die lug, oor al die diere van die aarde, ook oor die diere wat op die aarde kruip.”

Die vraag wat ons as Christene onsself moet afvra is: “Hoe kom ons ons rentmeesterskap oor die skepping na?

Wêreldbevolking

In my boek, “Verborge Skatte van die Bybel” het ek in Hoofstuk 1 van Deel I daarvan na die groei in die wêreldbevolking sedert Adam se tyd verwys. Daarin het ek aangedui dat statistici meen dat gedurende die tyd 3,400 tot 3,500 VC. (die tydstip van die ontstaan van die mens Adam), daar reeds 25 miljoen mense op aarde was. Met die sondvloed, in nagenoeg 1,745 V.C., beraam statistici dat daar 44 miljoen mense op aarde was. Met die geboorte van Christus, (jaar 1), word die wêreld bevolking op 200 miljoen beraam en tans (2012) word die wêreld bevolking op 7 biljoen beraam. Die statistici voorsien verder dat in 2025, dertien jaar van nou af, hierdie syfer 8 biljoen sal beloop en in die jaar 2040, 9 biljoen!

Sedert die ontstaan van Adam, het dit die mensdom 5,200 jaar geneem om die 1 biljoen bevolkings kerf te bereik. Daarna het dit 120 jaar geneem om 2 bilj. te bereik; Toe 30 jaar om 3 bilj. te bereik; 25 jaar om 4 bilj. te bereik; 15 jaar om 5 bilj. te bereik; 10 jaar om 6 bilj. te bereik en toe weer 10 jaar om 7 bilj. te bereik in 2012.

Bereken teen hierdie groeikoers, beteken dit dat die aarde binne die volgende twintig jaar, nagenoeg 2 biljoen (2,000,000,000) addisionele mense sal moet akkommodeer en onderhou.




Bogenoemde grafiese voorstelling is uitgegee deur die Amerikaanse Departement van Handel, “World Population Growth Through History” in 2010.
  
Suid-Afrika alleen sal oor die volgende dertien jaar ʼn addisionele 28 milj. Mense moet voed en onderhou!

Grondbesetting

Suid-Afrika het tans 'n bevolking van nagenoeg 50 milj. mense en 'n totale grondgebied van 1,219,912 vk. Kilometer. Dit beteken dat die totale oppervlak per kapita in Suid-Afrika tans 25,000 hektaar beloop.

Met 'n beraamde bevolking van nagenoeg 77 milj. mense in 2025, sal die totale oppervlak per kapita afneem na 16 hektaar! 

Besef ons wat dit beteken?  Onder andere beteken dit dat Suid-Afrika, binne die volgende dertien jaar, 'n verdere 3 milj. hektaar landbougrond sal moet afstaan net om aan die toekomstige vraag na addisionele residensiële grond te voorsien.

Aardverwarming en verwoesting van die Natuur

Anders as in Suid-Afrika gee die internasionale nuus media (veral in die VSA) al hoe minder dekking aan die wesentlike gevare wat die verwoesting van die natuur inhou. Natuur wetenskaplikes en ekoloë beweer byvoorbeeld dat die internasionale pers, oor die afgelope twee jaar, 40% minder nuusdekking aan aardverwarming afgestaan het as in die tydperk voor 2010.

So onlangs as Februarie 2012 het die Wall Street Journal van  Amerika ʼn berig gepubliseer wat deur 16 sogenaamde “wetenskaplikes en ingenieurs” geskryf is onder die titel: “No Need to Panic About Global Warming”. Hierdie sogenaamde wetenskaplikes en ingenieurs is gelukkig vinnig deur wetenskaplikes op hierdie gebied gerepudieer en ontbloot as bloot 'n klomp anti-aardverwarming propagandiste wat in werklikheid nie eers wetenskaplikes of ingenieurs is nie en wie se foutiewe aannames reeds verskeie kere in die verlede deur kundiges verwerp is.

Die vraag is egter wié is hierdie propagandiste en wat is hulle motiewe vir die verspreiding van sulke onwetenskaplike beriggewing?

Die antwoord is voor die hand liggend; Die petroleum industrie kan nie bekostig dat die wêreld sal ophou om brandstof, wat uit olie en steenkool vervaardig word, te gebruik nie! Vyf van die “wetenskaplikes en ingenieurs” wat verantwoordelik was vir die verspreiding van die Wall Street Journal  berig, het bande met die petroleum reus Exxon Mobil gehad!

Ekonomiese imperatiewe

Die petroleum industrie beskik tans oor enorme olie reserwes wat ekonome reken 'n verlies van nagenoeg $20 triljoen sal beteken vir die aandeelhouers van maatskappye soos Exxon en andere as hierdie reserwes afgeskryf moet word. Hierdie verlies sluit nie die verdere triljoene dollar verliese in wat motor vervaardigers en sekondêre nywerhede sal ly nie. Vir die olie magnate van hierdie wêreld is dit 'n baie groter bedreiging as droogtes en oorstromings! Inplaas daarvan om die realiteit van aardverwarming en die verwoesting van die natuur in die oë te staar, sal hierdie magnate alles in hulle vermoë doen om die wêreld te oortuig dat aardverwarming nie regtig so 'n groot probleem is nie. Selfs eindelose misleidende veldtogte finansier om mense te oortuig om nie te “panic” nie!

Wetenskaplike wêreldwyd is van mening dat indien ons 'n verdere 565 milj. ton koolstof in die atmosfeer vrylaat,  ons reeds die gemiddelde wêreld temperatuur met meer as 20  Celsius sal laat styg. Die petroleum industrie beskik tans oor olie reserwes gelykstaande aan 2,795 bilj. ton koolstof. Vyf keer meer as die kritieke maksimum wat die aarde kan hanteer! Indien ons die grootste ramp in die geskiedenis van hierdie wêreld wil afweer, moet olie reserwes bly waar dit is; onder die grond!

Nog nooit in die geskiedenis was die wêreld se ekonomiese doelwitte so in stryd met die chemiese en natuurkundige realiteite van vandag nie. Die jongste finansiële verslag van Exxon Mobil vir die 2010/2011 finansiële jaar toon 'n wins van $41 bilj. of te wel R 308,730,000,000 !    
Die geldmag en aardverwarming.   
Dit wil voorkom of die mensdom magteloos staan teen die volgehou aanslag op die natuur en die aarde se voortbestaan deur die wêreld se geldmag. Menige wêreld konferensie oor die verwoesting van die aarde lewe bitter weinig of geen, resultate nie; westerse regerings weier summier om hulle koolstof vrystellings in te perk uit vrees dat ander moondhede hulle ekonomiese magsbasis sal oorneem; menige natuur-vriendelike uitvindsels en patente word summier opgeraap, net om dit iewers vêr weg te stoor sodat dit nie in die handel kan verskyn nie. Enigeen wat sou durf waag om hierdie magte te opponeer word summier uit die weggeruim. Terwyl ons rustig saans “7e Laan” kyk, heers die “dier uit die aarde” alreeds oor die regerings van hierdie wêreld.
Babilon, politieke en ekonomiese setel van wat eens die Romeinse Ryk was en in Openbaring die huidige politieke en ekonomiese magte van die wêreld verteenwoordig, floreer. Openbaring 18: 3 sê: “... die sakemanne van die aarde het ryk geword uit haar grenselose weelde.” 
In die beskouing van Openbaring in “Verborge skatte van die Bybel” (Hfst. 9 van Deel II) het ek gesê dat die opkoms van die geldmag, wat vandag besig is om die westerse wêreld in ʼn greep van “geld aanbidding” vas te vang en die politieke leiers van hierdie wêreld wat nie skroom om die naam van Christus vir hulle eie politieke gewin te misbruik nie, is duidelike tekens van die mag van die dier waarvan daar in Op. 13 gepraat word.  Openbaring 16 tot 18 word beskryf hoe hierdie Babilon, die “sedelose vrou”, die “politieke en ekonomiese magte van hierdie wêreld”  tot ʼn val sal kom.
In Matt. 24: 7 sê Jesus:  “Die een nasie sal teen die ander te staan kom en die een koninkryk teen die ander; daar sal op baie plekke hongersnode en aardbewings wees” en vêrder in vers 11: “Daar sal baie vals profete kom en hulle sal baie mense mislei.”  
Ons sien vandag al hoe meer die gevolge van aard verwarming; droogtes, hongersnood, oorstromings, ongekende weerstoestande; die verwoesting van die natuurlike hulpbronne deur die mens en die opkoms van valse profete (soos die skrywers van  “No Need to Panic About Global Warming”). 
In Matt. 16: 2-3 sê Jesus:  (2) “...  en sê julle: ‘Daar kom mooi weer, want die lug is rooi; (3) in die môre sê julle: ‘Vandag sal dit onweer wees, want die lug is dynserig rooi’. Julle weet hoe om die voorkoms van die lug te beoordeel, maar die tekens van die tye kan julle nie onderskei nie.”
Tekens van die tye
Liewe leser, in Hfst. 1 van Deel I van “Verborge Skatte van die Bybel” het ek gesê dit wil voorkom of ons, in soverre dit ons aardse bestaan betref, reeds diep in beseringstyd is.
Verder het ek ook gesê dat dit NIE beteken dat die aarde noodwendig binne die volgende maand of jaar (of 21 Desember 2012) sal vergaan nie! Dit beteken bloot dat ons as Christene altyd gereed moet wees vir die dag wanneer Jesus weer na hierdie aarde sal terugkeer. Of dit oor 'n maand, 'n jaar, of selfs duisende jare sal wees, weet ons nie. Maar wat ons wel weet is dat ons, “ons klere moet was, sodat ons reg kan hê op die boom van die lewe en deur die poorte in die stad kan ingaan.” (Open. 22: 14)
Wanneer die wederkoms sal plaasvind weet net God. Selfs nie Jesus Christus weet wanneer dit sal wees nie. Wanneer dit ook al die dag gebeur sal elke mens, ek en jy ingesluit, rekenskap moet gee van ons rentmeesterskap oor hierdie aarde.
In die gewone spreektaal praat on almal elke dag oor iets wat sogenaamd aan ons behoort. My grond; my huis; my man; my vrou; my kinders, terwyl niks hiervan in werklikheid aan ons behoort nie. God, aan wie alles behoort, het al hierdie dinge maar bloot aan ons toevertrou. Ons as rentmeesters daaroor aangestel.

'n Rentmeester besit nie iets nie; hy hou bloot dit wat die eienaar aan hom gegee het in trust. In hierdie opsig beskik 'n rentmeester dus nie oor besitreg nie, maar oor 'n verantwoordelikheid waaroor hy as rentmeester aangestel is.

Jesus het verskeie gelykenisse gebruik waarin Hy rentmeesterskap as beeld van die mens se verantwoordelikheid gebruik. Elke gelykenis eindig met die vertelling van ʼn rentmeester wat verslag moet doen oor die eienaar se besittings. Hiermee wou Jesus ons prakties leer van ons verantwoordelikhede as Sy rentmeesters (vertrouelinge)  oor alles wat Hy aan ons toevertrou het: tyd, geld, vermoëns, die aarde, familie  ens. Eendag sal ons ook verslag moet doen aan die eienaar van hierdie dinge  en ons met Sy besittings te werk gegaan het.  Rom. 14: 12  “Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee.”

Rentmeesterskap, is nie iets wat ons uit vrye wil doen nie; dit is ʼn verantwoordelikheid wat aan ons opgedra is. (1 Kor. 9: 17)

Hoe gaan ons eendag aan God verduidelik wat ons met Sy aarde, Sy skepping, aangevang het?


Vind nog interessante artikels op my blog.
Kliek net  http://stesdeneckers.blogspot.com


Sunday, 7 October 2012

Restoring the Agricultural potential of the Free State



Restoring the Agricultural potential of the Free State Province of South Africa


                                                                                     Stes de Necker


 “DOING WHAT IS RIGHT”


Background

South Africa is strewn with examples of failed land reform projects for agricultural development. Once productive and vibrant farming enterprises are now little more than unproductive wasteland.

The contribution of Agriculture to the Free State’s economy {measured in terms of GGP} has declined steadily between 1981 and 1994 and again between 2000 to 2004; the sector actually showed negative growth rates between 1991 and 1994. This decline reflected a net loss of some 55 000 jobs in Agriculture between 1980 and 2001 and a further 25 000 jobs between 2001 and 2004.

Historically the economy of the Free State was based primarily on Mining and Agriculture and it is both these pillars of the provincial economy which have declined since at least the early 1990’s. The decline of subsidiary contributions to the provincial economy i.e. electricity, water and construction are associated with the decrease in mining and agricultural activities. Meanwhile manufacturing, finance and services {community and government} have been growing steadily reflecting a national trend in recent economic development.

Fig 1 reflects the total contribution of all sectors to the Free State GGP


                                                                   Fig 1

Fig 2 graphically represents the contribution of Mining and Quarrying and Agriculture, Forestry and Fishing specifically


                                                                                Fig 2



The contributions of all sectors contributing to the Free State GGP in Rand value, for the period 1995 – 2004 is represented in annexure A

Based on multipliers developed for the Free State economy by Conningarth Economists, Agriculture’s contribution to Free State GGP will {theoretically} be zero by the year 2020. It must emphasized however that this is a theoretical point, because in practice there will always be a certain production input, although it can still reflect a negative growth rate.

Approximately R 600 million direct investment in agriculture was needed in 2002 to simply stabilize the declining agricultural contribution, while a further R110 million would have been needed to effect a 2% growth in the sector annually.


Fig 3 graphically represents the declining trend of agriculture’s contribution to the Free State’s GGP reaching a negative contribution by the year 2020.


                                                                         Fig 3


Away from the resources and energy of the Metropolitan Economies, polite expressions of loyalty, poor service delivery and sheer incompetence tend to be the order of the day in the Free State. Participating creatively and effectively in the global economy will require an entirely different mindset, daring to be less governmental, challenging conventional development policies and fostering competitive regional and global linkages. Equipping all agricultural stake holders in the Free State to develop these qualities will be a major challenge.

Nowhere in modern history has Governments been able to conduct farming operations economically and sustainably within the confines of governmental policies and statutory regulations. Communist Russia, Cuba and most recently Zimbabwe are examples of this inability.

In Africa, numerous regimes have failed to effectively produce food for their citizens. With all the best intentions in the world, present South African Government policies,  mentorships by agricultural organizations, NGO’s and commodity organizations have, at best, only succeeded to postpone the evil day and all these efforts are doomed to failure unless a long term remedy can be found to stop the continuous decline in agricultural production in the province.

The rules of the game

The renowned scenario planner, Clem Sunter, in a publication “The World and South Africa in the 2010’s” said that: “We live in a world that is constantly evolving, and yet within this evolution, history seems intent on repeating itself. This paradox has been driven by our continued use of history as a source of experience to improve ourselves, but also by our remarkable refusal at times to learn from it.”

In an attempt to highlight the real reasons for the steady decline in Agricultural productivity, this proposal follows the classic methodology used in scenario planning which comprises three steps namely {a.} the rules of the game {b.} the key uncertainties and {c.} the possible solutions that emanate from them. The rules of the game are those propositions that are virtually certain to apply in the industry, whereas the key uncertainties are the hidden risks lurking in the woods. The end solution itself is a possible outcome under the mentioned circumstances. The solution proposed in this report is nothing new to SA as contract farming has been practiced for decades. The scale and practices which are proposed however, differs substantially from the practices of the past.

Constant rising input costs i.e. fuel, fertilizer, pesticides and labour, with the accompanying inability of most farmers to maximize revenue in the market place, have forced many farmers off their land. Furthermore, the majority of South African farmers, especially our emerging and existing small to medium range operations, seems to be unable to stay abreast of modern scientific methodology and technology due mainly to financial constraints and inadequate support structures.

New generation fuel efficient tractors and farming equipment combined with modern production methods for example scientific minimum tillage and water harvesting practices, have not only made it possible for many established commercial farmers to survive the recent economic decline in agriculture but in fact to grow even bigger.

In the RSA, as elsewhere on the globe, successful farmers are applying modern scientific methodologies and technology to ensure their eventual success.

These modern practices have resulted in what is described in this proposal as the seven rules for successful farming i.e.

  1. Good productive land
  2. Modern technology and equipment
  3. Knowledge of scientific farming practices and methodology
  4. Modern financing methods
  5. Modern insurance methods to counter the impact of unforeseen disasters
  6. Optimal reduction in input cost
  7. Optimal marketing strategies to maximize revenue

Farmers in traditional rural communities, as well as newly established emergent farmers, are generally in command of the first of these vital seven rules i.e. being in possession of, or have access to, good productive land. Small to medium range operations {i.e. existing smaller farming enterprises} may at best be in command of three, at best four of the above mentioned rules, while only the few really successful commercial farmers will be in command of all seven.

Measured against the above mentioned vital rules for Agricultural success, it is not difficult to understand why most land reform projects in SA have not been successful.

All attempts to rectify the current ills in the industry, without attempting to re-invent the wheel, will not succeed unless recipients of land reform projects and small to medium range farming operations have, or have access to, the means to apply all seven of the above mentioned prerequisites.


Key Uncertainties

The main uncertainties that could reshape agricultural production in SA are the following:

  1. Whether or not the issue of land ownership can be resolved peacefully and productively. Productive land reform as compared to “political land reform” implies in the very first instance that land reform in SA should be primarily focused on the retention of economic viability and sustainability of  the land in question. Establishing numerous isolated patches of unproductive and economically non viable farming entities is a sure recipe for failure. Agricultural competitiveness in the international market will increasingly be driven by economies of scale, which can hardly be obtained by individual operations.
  1. Closely following the above mentioned, is whether or not SA will be in a position to timeously secure a competitive edge in the global economy which itself is becoming increasingly competitive.
  1. Whether or not the current inadequacies in the country’s infrastructure, particularly related to the supply of electricity, road and rail transport and health facilities can be solved in a way that does not limit economic growth.
  1. Whether or not the current crime rate {particularly violent crime} is reduced to an acceptable level.
  1. Whether or not SA can remain the generally peaceful society it has been since 1994 given the current internal conflict situation which has resulted from recent political tension in SA.
  1. Whether the HIV/Aids pandemic, which is currently draining SA of its much required recourses, can be stopped and ultimately eradicated.
  1. Whether or not the critical skills deficit, which is developing in parts of the economy, can be overcome and whether we can improve the quality of our education system to suit the current skills requirements.
  1. Whether or not Zimbabwe, as one of our closest neighbours, can rise from the current political abyss it finds itself in.
  1. Whether or not we can succeed in bringing the current unacceptable rate of inflation back to acceptable levels. When considering measures to curb rising inflation, one needs to distinguish between two types of inflation namely, “demand inflation” and “cost inflation”. SA is currently experiencing predominantly cost inflation caused by ever rising energy and fuel costs over which the South African consumer have little or no control. These increases in turn result in increases of other commodity prices such as food.
  2. It is estimated for instance that should the oil price reach $190 US per barrel, the domestic price of maize would increase to R 5000 per ton, compared to its current level of around R 2200 per ton. Such increases hold disastrous consequences for SA and what’s more, this is no urban legend. These are hard facts.

Government can continue to attempt curbing inflationary escalation by means of customary fiscal measures {i.e. increasing interest rates and reducing the monetary supply in circulation} till consumers are blue in the face, but until such time as the real inflation drivers namely energy and fuel costs are brought under control, fiscal measures will have very little effect in reducing the current inflation level.

The traditional definition of inflation namely that inflation is caused by too much money, chasing too few goods and services, simply doesn’t hold true for South Africa’s current situation.

When analyzed properly one discovers that SA’s inflation rate, excluding food and energy increases, amount to only 3%

SA has remained part of the international mainstream economy for the last fourteen years as a result of stable government and disciplined macro-economic policies. Staying part of the international mainstream is proving increasingly challenging. Greater efficiency in terms of Government delivery as well as a dramatic reduction in the crime rate and transformation of the Health and Education System will be critically necessary.

Loosing further ground in its competitiveness in the international economic arena will most certainly see SA joining the likes of Zimbabwe, Myanmar, North Korea and Somalia as the failed states of the recent world order.

Proof of SA’s decline from its primary position in the international economy is clearly reflected in three major reports released recently namely:

  1. The World Economic Forums {WEF} Global competitive Index shows a fall for SA from 36th position in 2006 to 44th position in 2007.
  2. The World Bank’s Doing business in 2008  survey of global ease-of –doing-business rankings has shown SA slipping from 29th position to 35th. This is the first time the country has fallen out of the top 30, since the survey began 5 years ago.
3.      The International Institute for Management Development’s World Competitiveness Yearbook for 2007 highlights SA descending from 38th to 50th position in a ranking of 55 countries.


Proposed Solution

This proposal is aimed at presenting a practical achievable solution, which can bring about a U-turn of the SA Agricultural economic position and which can advance our rankings in the international arena by the time we get to 2013 i.e. 5 years from now. This proposal will also require the development of new Agricultural economic space in SA’s position as principle gateway into Africa as well as launching our bid to gain a bigger market share in the Far East.

 It further aims at reversing a certain amount of complacency, lack of service delivery and some misdirected government policies, which have taken SA’s eye off the ball in a game where the demands on the players are unyielding. SA faces a possible ejection form the first world economy to a position of a typical third world economy, and this can happen quicker than we think. Kenya’s current political upheavals demonstrated just how rapidly a country can tumble towards this position.

Prime arable land is currently available in the trust land areas of the Free State. Approximately  85 000 hectares, of which at least 80% is suited for food production, is currently lying dormant because of farming operations which have become obsolete and uneconomical after 1994. Pre 1994 substantial returns were produced on these lands, all be it through highly subsidized practices of the then Bophuthatswana Government. This vast resource can, with the necessary management and best practice methodologies, again be put into food production that can effectively reduce the continued decline in agricultural production in the Free State.

The increasing application of modern crop rotation systems, the development of new technology and the application of exciting new tillage methodologies are rapidly creating vast new possibilities to solve the problems experienced with previous orthodox farming practices. The current unaffordable cost of fuel and the possible reduction in the cost of herbicides have greatly improved the viability of for instance no-till or minimum tillage methods. The main objectives of this type of practice is to disturb the soil surface as little as possible in order to preserve moisture captured in the lower layers of the soil and to inhibit the growth of weeds captured in these lower soil layers.

New generation tractors and implements designed primarily with a view to maximizing fuel efficiency and optimal kilowatt to implement ratios, makes it possible to reduce input costs significantly.

The proposed solution lies in the establishment of a purpose specific utility company, co-operatively owned by all the stake holders in the venture which can secure the necessary funding, expertise and best practice methodologies that will satisfy all seven key prerequisites necessary for sustained economic development.

With the support and participation of all stake holders in the trust land areas {i.e. Chieftains, community leaders and the community} at least 50% of the currently unproductive arable land can once again be put into food production by means of the well known system of custom farming. Implementing this system, the proposed utility company, which will be co-operatively owned by all stake holders through share equity, can effectively move in, prepare the soil, plant, grow, harvest and market the crops and all profits {i.e. net surplus after deduction of operating costs} will revert back to the share holders in the form of dividends.

One of the key elements during this process would be the concerted and continuous transfer of skills to all relevant stake holders involved in the process. Building a strong properly skilled and educated critical mass will be paramount for the continued success and viability of the project.

It is envisaged that at least 15 000 hectares arable land can be put back under agricultural production.                           

It is further necessary that a specific designated area for continued best practice research be established. An ideally suitable site for this purpose has already been identified.

As is the case with the development of any commercial venture the single biggest challenge will be securing the necessary funding and financial backing for such a  project.

Considering the scale and magnitude of the venture, acquiring the necessary amount of seed capital at most favorable conditions may prove to be a challenge.


Closing remarks

As can be deduced from the afore mentioned, the purpose of this report is in the first place not to present to the reader a blue print for a successful agricultural development which will solve all agricultural problems with the proverbial wave of the magic wand, but rather an honest attempt by the author to serve as a basis for further debate and to elicit further inputs and ideas from all stake holders, other professionals and expert advisers which will enhance the viability of this proposal.

The farmers of the Free State, working with and not against Government, have plenty control over their own destinies and the choices which we need to be make are clear: we do little and fall further into a failed economy classification or we stop the current slide by implementing the logical remedial interventions as tough as they may be.

There is little space left in SA for mediocre economic activities and peace-meal handouts to satisfy the needs of the masses. We are the most modern economy on the African continent and we have already established ourselves as the gateway to the rest of Africa for most overseas businesses wishing to invest in Africa. Retaining this position will however require the speedy development of major reliable and economically viable business ventures. The most obvious, as far as the Free State economy is concerned, being the re-establishment of the Free State as the bread basket of SA.

Having faced the same dilemma as the one we are currently facing in SA, New Zealand in the mid 1980s reverted to a system of co-operative best practice farming and not only did they succeed in reversing their economic slump, but managed to capture the total dairy market in the Far East! If they could do it, why not us?

As Clem Sunter so rightly put it: “The question today is not to be or not to be, but rather to do or not to do”.

 SA has the potential to surprise the world a second time. The question is however: Has the South African Government the political will to do so?

Anyone interested in obtaining more information on the ARPM Development Model can contact Stes de Necker at:  stesdenecker@telkomsa.net or fax to email at 0866125254



Acknowledgements

Information obtained in the following sources are gratefully acknowledged

  1. Never Mind the Millennium. What about the next 24 hours – Clem Sunter 1999
  2. The World and South Africa in the 2010s – Shantelle Illbury and Clem Sunter Feb 2008
  3. Growth and Development in South Africa’s Heartland – Centre for Development and Enterprise July 2005
  4. Conningarth Economists – Multipliers Developed for the Free State Province 2000
  5. The World and South Africa in the 90s – Clem Sunter 1987
  6. Inflation. How do we tame public enemy number one – Dr. Anton Rupert -  Lecture presented on 16 August 1977 at the University of Pretorius Post Graduate Business School 25th Anniversary
  7. Handbook for the Production of Small-grains in the Summer Rainfall Areas – ARC Small Grain Institute 2008  
  8. Find some more interesting articles on my blog.
    Just click   http://stesdeneckers.blogspot.com

Sunday, 26 August 2012

Wysheid van die Grysheid


Wysheid van die Grysheid

Waarnemings uit my eie lewenservaringe


                                                                                                                        Stes de Necker



  1. Plenty of wine makes a good teacher but bad preacher. 
  2. Moenie onder 'n hoenderstellasie gaan sit en wanneer die hoenders dan op jou kop mis sê dit is die Here se skuld nie. 
  3. Three reasons why men love women over forty; they don’t tell, they don’t yell, and they’re as grateful as hell. 
  4. Om heeldag in 'n rolstoel (rocking chair) deur te bring, sal jou aan die beweeg hou maar jou nêrens bring nie. 
  5. Die Heilige Gees is daardie stil stem in jou binneste wat gedurig moet skreeu om gehoor te word. 
  6. As jy jou vandag maar net normaal gedra, is jy al klaar mal genoeg.
  7. Gholf is the only sport you can play until you can’t lift your balls any more. 
  8. When you party the whole world wants to party with you, but when you die, you die alone. The moral of the story? Die partying! 
  9. As jy van jouself 'n toffie maak moet jy nie tjank wanneer iemand jou eet nie. 
  10. Heimwee en dronkverdriet het verbasend baie in gemeen; Die mediese wêreld kon dit nog nooit verklaar nie; Daar bestaan nie medisyne daarvoor nie en beide duur ongeveer twee uur. 
  11. Wanneer jy lag wil almal saam met jou lag, maar wanneer jy huil is dit jou vriende wat saam met jou huil. 
  12. In die koudste plek op aarde sal liefde nog altyd warm bly. 
  13. I had a lot of worries in my life, most of which never happened.
  14. Dit is nie hoeveel jy verdien wat jou ryk maak nie. Dit is hoeveel jy gee.
  15. Die enigste wettige diefstal is om iemand se hart te steel.
  16. Daar is vier soorte mense in die lewe.
    1. Die wat wag dat iets gebeur;
    2. Die wat sit en kyk wanneer iets gebeur;
    3. Die wat hoop iets gebeur;
    4. Die wat iets laat gebeur.  
  17. Gebruik al die klippe wat die lewe na jou toe gooi om jou fondasies te versterk.
  18. Die Universiteit van die lewe is die duurste van almal. 
  19. Africa is running upwards on the downwards escalator. 
  20. Die probleem met demokrasie. As almal altyd reg is, hoekom is almal nie ryk nie? 
  21. In die Olimpiade van die lewe is daar net een opponent wat jy moet wen en dit is jyself. 
  22. Moenie oordeel wat jy nie verstaan nie.
  23. Die enigste iets nuuts in die lewe is die geskiedenis wat jy nog nie geleer het nie. 
  24. In die skildery van jou lewe het God 'n baie spesiale kleur gekies vir elkeen wat Hy in jou lewe laat kom het. 
  25. Wees versigtig vir iemand wat jou te vinnig antwoord. Dit beteken gewoonlik hy/sy het nog nie die saak van alle kante bedink nie.  
  26. Wysheid word met pyn betaal.  
  27. Bid vir krag en vermoë, nie om 'n ander te verslaan nie, maar om jou grootste vyand, jyself, te verslaan. 
  28. Die dag wanneer ons liggame weer terugkeer na die grond waaruit ons gemaak is en ons bloed weer die vog teruggee aan die waters waarvandaan dit gekom het, daardie dag sal ons eers besef dat die aarde nie aan ons behoort het nie.  
  29. Die paradoks van die geloof: 
    1. God gee jou die geloof waarmee jy in Hom moet glo.
    2. God gee jou die vertroue (hoop) waarmee jy op Hom moet vertrou.
    3. God gee jou die liefde waarmee jy vir Hom moet lief wees.
  30. 'n Wet moet streng juridies geïnterpreteer word, maar dit moet met groot deernis en verstandigheid toegepas word.
  31. Ons kon soveel by ons kinders geleer het as hulle net vóór ons al daar was.