Postings

Saturday 9 June 2012

Old Dogs



Old Dogs

                                                                                                                                    Stes de Necker


Ou Boel lê eendag onder sy geliefde boom daar in die Kalahri en kou aan ʼn paar ou bene wat daar rondgelê het, toe hy ʼn tier sien aankom. Wetende dat hy met al die jig in sy gewrigte en verkalking van sy rugwerwels nie vinnig genoeg daar gaan wegkom nie, bly hy maar lê en kyk ánderpad toe. Toe hy agterkom dat die tier binne hoorafstand is, toe sê hy hardop, sodat almal hom kan hoor: “Magtig, dit was nou een van die lekkerste tiere wat ek in 'n lang tyd geëet het!” Toe die tier dit hoor maak hy hom vinnig uit die voete.

Intussen het daar 'n aap bo in die boom gesit en heeltyd die affêre dopgehou. Die aap dink toe hier kan hy 'n paar punte by die tier score en hardloop die tier in en vertel hom wat nou eintlik daar gebeur het.
“So 'n ou donner! Klim op, vandag is die dag wat daardie ou hond vrekmaak!”

Ou Boel, wat die aap agter die tier sien aanhardloop het en alreeds besef wat die aap nou eintlik in die mou gevoer het, bly maar lê en toe hy agterkom dat die tier met die aap op sy rug weer binne hoorafstand is, toe sê hy weer hardop: “Nou waar bly daardie aap so lank weg. Ek het hom al tien minute gelede gestuur om vir my nóg 'n tier te gaan haal!”

The moral of the story: When push comes to shove, the wisdom of old age wil trump the arrogance of youth every time!  


Vind nog interessante artikels op my blog.
Kliek net   http://stesdeneckers.blogspot.com


No comments:

Post a Comment