Postings

Saturday 9 June 2012

Ons unieke Kleurlingtaal



Ons unieke Kleurlingtaal

                                                                                                                              Stes de Necker




Sekerlik een van ons kosbaarste erfenisse is die unieke taal van die bruin gemeenskap in Suid-Afrika.
Nêrens ter wêreld kan jy hierdie taal, wat so deurspek is met die mooiste uitdrukkings wat daar kan bestaan, hoor nie.

Ongelukkig is dit vandag egter mode om agter die sogenaamde gekultiveerde moderne samelewing aan te hardloop, dat ons die ernstige gevaar loop dat ons eie “capey” taal vir altyd verlore kan gaan. En wat 'n jammerte sal dit nie wees nie!

Vroeër jare het ek altyd spesiaal voorsiening gemaak om, elke keer wanneer ek die Kaap moes besoek, 'n draai op Kommetjie en Houtbaai te maak, net om te luister na ons mense se kleurvolle uitdrukkings.
So gebeur dit toe eenkeer dat ek op die Houtbaaise hawe in my gehuurde Avis motortjie sit net toe daar 'n “bakkie” vol vis gelaai, kaai toe aankom.

Die vangs was netjies in bondeltjies van ses of meer vissies vasgemaak en op die bakkie staan die visserman met 'n bondeltjie in elke hand, besig om die varsheid en kwaliteit van elke bondeltjie vis te besing.

Op die kaai staan daar 'n bejaarde ou dame en skreeu vir die visserman: “Hoevieel soek djy”! Maar die visserman ignoreer haar botweg.

Sy skreeu weer vir hom: “Wat vra djy vi jou vissies?”, maar weereens antwoord die verkoper haar nie.
Nadat sy hom die vierde keer vra en hy steeds nie met haar wil praat nie, sê sy vir hom: “Moenie nou su wiesie! Ik koepie vir die trade nie; IK koep vi my family! Sê nou wat djy vra!”

Hierdie keer reageer die visserman op haar geskree en skreeu vir haar terug: “Djy wiet hoekom Ik ie vir djou will sê wat dit kossie. Djy stry altyd oor die prys!”

Die visserman het toe seker maar kop gegee en daar van onder in die bakkie langs die kaai skreeu hy vir haar terug: “Twinnig rand 'n bossie!’

Die ou tannie laat nie op haar wag nie en snou hom toe: “Ma djy’s seka mal in djou kop! Djy wiet dat ik it altyd by die anne manne koep vi tien rand”!

                                                                     ==========

By 'n ander geleentheid was Janelle saam met my en sy moes vinnig by Foshini inspring om iets koop, toe ek maar besluit om my op een van die stoele in die skoene afdeling solank tuis te maak.
Die skoen afdeling was van die res van die vloer geskei deur een van daardie “wrought iron” afskortings wat met plastiek blomme versier was. Nie lank of twee van die winkelassistente kom staan net agter my aan die oorkant van die afskorting, toe die een die ander vra: “Het daai vrou toe die langbroek aangepas?”
“Dja” sê die ander een. “En hoe lyk hy?”
“Nay” sê die een, “hy lyk te bakgat! Maar nou gaan sta en buk die blerrie vrou so vooroer dat die blerrie ding tot hie boë in haar hol optrek!”

                                                                   =============
By nog 'n geleentheid sit ek eendag by Kommetjie in 'n motor en luister na die gesprekke, toe daar so 'n jong klong met 'n 50cc motorfietsie daar opdaag.
Heel gou toe drom daar so 'n stuk of ses van sy makkers om die motorfietsie saam om hierdie nuwigheid te bewonder.
Die een vryf oor die saal, 'n ander vryf so oor die modderskerm, maar een van die makkers wil so oor die uitlaatstelsel (manifold) vryf toe dit hom brand dat jy eintlik die ssst kan hoor!
Hy spring met een sprong seker 'n goeie vier tree terug en toe hy grondvat skree hy vir die motorfietsie: “Hiert djou fokkin electric moer!”

                                                                    ============
Eendag ry ons op pad lughawe toe, toe die bestuurde besluit hy ken 'n korter pad. Die pad is toe nie veel meer as 'n eenrigting stegie wat ook net een motorwydte kan akkommodeer.
Met die indraaislag in die straatjie in, kom daar toevallig 'n vis aflewerings voertuig van die teenoorgestelde kant van die stegie, besig om in hierdie nou straatjie, teen die verkeer in, op te tru.
Die afleweraar verduidelik dat hulle agter is met hulle aflewerings en dat hulle nie lank sal wees nie. Moet glo net een krat vis by die betrokke winkel aflaai.
Gelukkig het ek tyd ophande gehad en sê vir die motorbestuurder ons kan maar wag totdat hulle klaar afgelaai het.
Toe die afleweraars die trok se agterdeur oopmaak, het een van die kratte vis seker omgeval en jy sien net hard gevriesde vis spat oor die straat in alle rigtings. 
Een van die die hard gevriesde visse gly onder die aflewerings trok deur en kry koers die straat af wat teen n redelike helling gelee was.     
“Oee my liewe Heerietjie” roep die een van die afleweraars, “kyk net hoe sail soe 'n sjeelbek trug sea toe!”


                                                                   ===============

Ek en Mann Oelrich moes by geleentheid die Landbou Navorsings Raad op Stellenbosch besoek. Na verskeie mislukte pogings om by die Raad se kantore uit te kom, besluit ons maar om by iemand wat darem min of meer lyk of hy die omgewing ken, pad te vra.
Die kêrel begroet ons met 'n joviale “Jis jis master!” Dit lyk kompleet of hy met 'n houtspaan op die bek geslaan is met sy ontbrekende vier voortande.
Ons vra hom of hy weet waar die LNR se kantore is.
“Siekelik master! Die maste hou net straight aan met dié straat tot by die dêrre robot en daarg dgraai maste slap links. Dan is maaste nou sterk op pad ARC toe. By die twiede robot moet maaste net so effens regs gaan, dan sit die offices soe oppie oogkantste corner.”
Ek maak toe die fout om vir hom te sê, “Dankie ou bul, ek waardeer dit”. Dadelik vra hy my, “Kom die mastes van die Vgrystaat af?”  Ek sê toe maar ja, hoe het hy geweet.
“Maste! ... dis net 'n Vgrystaater wat vgir 'n Stormer sal sê hys 'n Bull!”
Genadiglik het ek hom nie ‘ou bul’ genoem met die groetslag nie, anders sou hy ons sekerlik die pad terug Bloemfontein toe verduidelik het!

                                                                    ========


My ou vriend Hennie vertel my hulle was met vakansie in die Kaap, toe hy in Belville ook moes rigting vra vir die pad Strand toe.
Die Bruinman verduidelik toe ook hoe hy by die volgende verkeerslig moet regs draai, met dié straat moet aanhou tot by 'n spoorweg kruising en dan ná die kruising, weer regs moes draai. Toe die ou op daardie punt kom toe sê hy:
“Seur moet nou moei luiste, wanneer seur klaar regs gedraai het, dan ry die seur tot by die laagwater bruggie. Annerkant die bruggie sal seur 'n fourway stop kgy. Daar draai die seur links en ry tot by die T-junction.”
Hennie vertel, die ou staan so 'n oomblik en peins oor wat hy nou net gesê het en toe sê hy, “Oo my gottatjie seur, as die seur by daagie T-junction kom dan moet die seur wiet djys nou in djou moer in verdwaal!”
Toe begin hy maar weer van vooraf verduidelik!

                                                                           =========
 
Ek dwaal eenkeer tussen die stalletjies op Groentemark Plein, toe die een Kleurling man by ʼn ander een verbyloop. So in die verbyloop vra die een vir die ander een, “Kan djy my altemit sê hoe laat dit is?” 
“Dja” sê die ander ou, “ek kan
“O thanks man” sê die eerste ou en loop verder!

                                                                            =========
Wanneer ek in Kaapstad was het ek gewoonlik by die Dorpshuis tuisgegaan.
Destyds het daar 'n kelner in die hotel gewerk wat verseker nie op sy bek geval was nie.
Een aand bestel ek vis vir aandete by die betrokke kelner. Toe hy die dis vir my bring, merk ek terloops op dat die vis darem seker varser is as dit wat ons in die Vrystaat kry.
“Heege master! Dis net soos die maaster daar sê, inigiets varser as daagie vissie sou mos nog galeef het!”

                                                                            =========


Hallo antie Hannie,

Lanklaas van antie gehoor. Net baie donkerte hier by ons op Paterson as gevolg van een of ander moerg wat moeligheid gemaak het by Koe..Koe…, ag daar innie Kaap se Yskor.

Ons se huis lyk party aande soos 'n disco so kort opmekaar gaan die krag af en aan. My pa het toe besluit genoeg is genoeg. Net voor Krismis het pa besluit lat hy wil oplaas 'n generator koep, oorlat hy moeg was virrie krag onderbrekings. My oupa het al gedink dis omdat my pa party maande die Munispaliteit se geld innie borrelstoor belê.

My pa sê hy's gatvol, dit maak nie saak nie, of dit nou daai simpel mannetjie vannie Cownsil is wat sy krag afsny, of daai simpel mannetjie van Eskom, hy worrie nie, hy wil 'n generator hê. Nou ja, toe gat ons winkels toe om die ding te koep.

Oppie kaart want my Pa sê my ma se kaart is baie lekker, jy koep net op Budget se rikening. As jy koep en jy vertel die mense om dit op Budget se rekening te sit, da doen hulle dit sommer. Ek weet nie lekker wie Budget issie, maar ek wiet my pa sit alles op Budget se rikening. Ek reken die Budget gat darem lekker moerig wees as hy uitvinne wat my pa alles op sy rekening koop. Hoe gaan hulle ooit wiet... wil pa weet.

In elk geval ons loep koop toe die generator ding, en dis mooi daar waarg die moeilikheid begin. Kyk, as julle dink my pa weet niks van kamp af nie, of van karre af nie, of van vroumense af nie, dit is tog goed wat 'n mens met djou oee kan sien, dan moet julle weet, hy weet éérs niks van lektriek af,.... dis wat my ouma altyd sê. Maar my pa worrie nie, toe hy eers na 'n hele paragraaf vreemde woorde daai generatortjie gestart kry, toe dink hy lat hy 'n elektriese engeneer is. Dis glo slim ouens wat krag vergstaan, sê hy.

Toe is my pa slim genoeg om te weet, solank daai generatortjie loep, solank maak hy krag, maar as hy stop, dan is hy net 'n stuk blik, met 'n fancy Japanese name. So, voor my pa die ding aan die krag loop koenek, toe swiets hy eers die generatortjie af, en hy se vir my " Jannie, as 'n ou met krag werk, dan moet djy slim wees, en nugter"... nou val dit my by...my pa is nie een vannie twee nie, so toe weet ek .... hie kom groot stront.

Maar ek het verniet geworrie, toe my pa daai drade vat, en hy shok nie, toe weet ek hy weet waarvan hy praat. Toe maak hy die drade mooi skoon solat die koper uitsteek en hy is toe reg om die masjientjie aan die kragpunt te konnek. Nou ja, toe sit ek lekker en kyk hoe my slim pa die kragonderbreking ding onner die knieg kry, en ek worrie niks nie, oorlat ek kan sien my pa ken.

Toe maak my pa daai swietsbord innie kombuis oop, en hy maak reg om sy generatortjie se drade aan die swietsbord se drade te koenek. Dis glo soe lat as die krag afgaan, dan start my pa net sy generatortjie en dié se krag sal die swietsbord maak werk. Daar is 'n gesegde wat die grootmense gebruik, hulle sê dat as die pawpaw die fan strike, dan is daar groot  moeilikheid. Daai ooms wat so sê,.. het nog nie gesien wat gebeur as die swietsbord se krag my pa tref nie.

Kyk antie, toe my pa so oppie leertjie staan en hy konnek daai generatortjie se krag draad so aan die swietsbord se rooi draad, toe smaak dit vir my my pa is aan die hartaanval kry of hy kry 'n senuweeinstorting of 'n eleptiese aanval of 'n stroke offe ding, so beskyt hy hom. Die way wat my pa daai swietsbord ruk en pluk, met die briek-dance en alles, dog ek my pa gat die ding uit die muur uit ruk en net 'n gat daar los innie muur daar waar die swietsbordtjie was.

Met die smile op sy gesig van die ge-shock lyk dit nogal of hy dit geniet. My pa spog mos hoeka hy kon jongtyd deurnagdisko sonner ophou. Hy ruk daai swietsboks of hy aan't wen is op 'n pinball-masjien! Nou ja.. die swietsbordtjie moef nie, en my pa hou nie op rukie, en hy jodel soos Charles Jacoby dit sou gelaaik het.

Ek dog dis van woede wat my pa so skreeu oorlat hy nou begin kwaad word virrie swietsbordtjie. Hy dans so oppie leer dat die een na die ander boutjie  uit die leer pop vannie skud ... en hy gooi sy dikkerige lyfie rond boop daai leer asof hy nou inne briekdans kompetisie deelneem, of 'n voordanser by die 20 -20 krieket is. Net toe ek vir my pa wil waarsku lat hy vannie lier gaan afval, toe gebeur dit al klaar, .... hy val van daai leer af, maar hy val nie grond toe soos 'n mens moet nie. Toe verstaan ek hoekom party mense sê " hy't daar afgemoer" want.. daai wassie 'n val nie, daai was 'n moerse harre slag!

In elk geval, kyk my pa val toe lat dit vi my lyk asof hy geskiet is, maar sy lyf gee nog so 'n paar rukke met die wat hy so deur die lug trek, nes daai ouens op TV wat by die olimpiese spiele innie swembad induik en dan sulke langarm S-draaie innie lug maak. Al verskil is nou dat daar nie water onner is nie - net die kombuisvloer met die tapyt wat golwe maak soos hy neerval.

Sy splinternuwe boe-tanne sit om die tafelblad vasgebyt, sonner lat my pa by hulle is. Toe dit vir my lyk dat my pa sy kop helemal gaan misval en op sy gat te lande gaan kom, toe skrik ek want ek vrees toe vir harsing-skudding, want my ma sê altyd my pa se verstand sit in sy hol en dat hy 'n harde kop en 'n lamsak is. Nou gaan my arme pa sy agterent verder lam val.

Maar toe is dit te laat, hy val dat die droogtestof in 'n wolk tussen die vloerplanke uitspring en my pa met sy asma lyf in die stofwolk sit en hoes. Maar toe is dit nogie kla nie. Daar sit my pa en jaaif, toe voel ek darem oek beter oorlat ek kan sien hy is nie heeltemal 'n lamsak nie. Hy wikkel sy boude soe lekke daar oppie grond en jodel..met die een kant van die kragdraad steeds in sy hand soos 'n getrynde sanger met 'n mike. Skielik dink ek weer aan Charles Jacobie.
Maar my pa weet van ..want so tussendeur trek hy nog vir my gesigte ok, en spoeg sy ondertande met een boog tot binne in die wasbak..

Wat 'n performance antie... ek kon wrgagtag nie anders as om vir Pa hande te klapie.

Groetnis,
Kleinboet
                                                              =========

The fruit seller walks up to the car and says:
"Peske, Peske. Lekke peskes. Net vyf rand virrie laanie."
The guy in the car says: "Is hulle soet?"
The fruit seller says: "Dja menee, kyk hoe stil sit hulle!!"

                                                              ==========

The guy selling snoek on the corner shouts:
"Hiers djou snoek"
The guy in the car says:
"Wat vra julle vir daai snoek?"
The guy replies:
"Ons vra hulle niks, wil djy hulle iets vra?"

                                                             ===========

Gatiep sit in sy garage waar hy die laaste goed moet ontruim en bepeins sy lot.
Hy't sy huis verloor, sy werk verloor en sy vrou het die kinders gevat en hom geskei.
Hy sien 'n kas met wynbottels en loop soontoe.
Hy vat 'n leë bottel, smyt dit teen die muur en skel: 'Djy issie reason lat ekkie 'n vrou hettie!'
Hy vat 'n tweede bottel: 'Djy issie reason lat ekkie kinners hettie!'
Derde bottel: 'Djy issie reason lat ekkie 'n job hettie!'
Vierde bottel: 'Djy issie reason lat ekkie ' n huis hettie!'
Hy vat die vyfde bottel en sien dis nog nie oopgemaak nie - vol wyn.
Hy sit die bottel saggies neer en sê: 'Staan djy eers eenkant toe, my broe. Ek sien djy wassie involved nie!'

                                                                 ============

Gatiep en Maraai sit innie bus in Cape Town toe die lady opklim "with a face made up to kill" ek sê: bloed roei lips, "seven layers of base" en silke "massive eyelashes" lat sy nie ees haar oe kan oep maakie.
Daars nie oep seats, so sy skeem sy hang maar aan die leather strap.
"Hei Gammat," se Gatiep, "kom offer djy nie die lady 'n seat nie?"
"Nei," skeem Gammat,"a painting moet mos hang."

                                                                  ============

Meraai sê vir Gatiep : "Djy moenie dink djy sal by die Hiemel se hek ingan
as djou asem soe na drank ruikie."
Gatiep sê : "Meraai, dais 'n technical point van Hiemel toe gan wat djy nie van wietie. My asem ganie saamie ."


                                                                  ===========


IEK SÊ MA NÊT.

Ik iss affie Kap menier,
waa dênk djyt iek darrie prât gelier?
Djulle whaities wat soe lag virrie die klank va mei,
ka hie annerrghkant Maamesbughrrei oek ma alte lekke bghrrei!
En wat va djy mê djou Preetoorieaanse taaal -
en elke woerd met sy prêgnint vookaal?
                                                                                       MARIUS BUYS

                                                             ==========

Ons eie en enigste “capey” taal; moedertaal; gebore en getoë aan die Suidpunt van Afrika. 
'n Waardevolle juweel wat die moeite werd is om gekoester en bewaar te word.


Vind nog interessante artikels op my blog.
Kliek net   http://stesdeneckers.blogspot.com


1 comment:

  1. Is soe ek geniet dit..want dis tamatie virie partie en angeliere virie meisie metie mooi maniere..

    ReplyDelete