Postings

Sunday 17 August 2014

Hoeveel Israeliete het die Uittog uit Egipte meegemaak




Hoeveel Israeliete het die Uittog uit Egipte meegemaak

Stes de Necker


Een van die interessante debate wat tans na aanleiding van die oorlog tussen Israel en Palastina ontstaan het, is die vraag rondom die getal Israeliete wat die beloofde land binnegetrek het.

Die Middeleeuse Joodse filosoof, Moses Maimonides (1135-1204 n.C.) het by geleentheid gesê dat die oënskylike teenstrydighede tussen die Bybel en die wetenskap, óf vanweë ʼn gebrek aan wetenskaplik kennis, óf ʼn foutiewe begrip van die Bybel is.

Daar kan immers net één waarheid bestaan.

Soos in soveel ander gevalle, gee die Bybel ook hier vir ons nie een, maar twee, duidelike aanduidings van hoeveel mense die uittog meegemaak het.

1.  GEN. 46:26

In Gen. 46: 26 lees ons dat Jakob oorspronklik Egipte toe getrek het en dat 66 van sy afstammelinge die tog vanaf Ur na Egipte meegemaak het. Volgens die Skrif, het hierdie getal nie Jakob se skoondogters ingesluit nie.

Indien ons dus aanvaar dat, ingeslote Jakob se slawe en werksmense, daar oorspronklik altesaam 250 mense (66 afstammelinge + 66 skoondogters + 130 slawe en slavinne) Egipte toe getrek het, is dit dus baie moontlik dat hierdie getal mense oor n periode van 430 jaar, (die tydperk wat die volk van God in Egipte was), kon aanwas tot n bevolking van nagenoeg 3 milj. 

Vereenvoudigde Berekening
.
AANNAME:
a. Aanwas koers: 4 kinders per gesin.
b. Gemiddelde geslags duurte 28 jaar.
(Let wel, ek verwys hier na ʼn gemiddelde geslag duurte wat duidelik onderskei moet word van ʼn gemiddelde lewensduurte.  Gemiddelde lewensduurte beteken die gemiddelde tydperk wat mense leef. Gemiddelde geslag duurte beteken die gemiddelde ouderdom van mans tot en met die geboorte van hulle eersteling.)
c. Aanvanklike bevolkings grootte: 250
d. Tydperk: 430 jaar
e. Aantal geslagte: 15 (15 X 28 = 420)
f. Sterftes as gevolg van normale ouderdom sterftes was

Uit die onderstaande tabel blyk dit duidelik dat oor n tydperk van 420 jaar, ʼn aanvanklike bevolkings grootte van 250, in die bestek van 15 geslagte kan aanwas tot ʼn totaal van 2,976,517.

Hierdie berekening sluit nie die “menigte mense van ander afkoms” (Eks. 12:38) wat ook die tog meegemaak het, in nie. Alles insluitend kon die getal heel waarskynlik so hoog as 4 milj. mense gewees het.



2. NUM 1:44

Die tweede aanduiding van die getal mense wat die uittog meegemaak het, vind ons in Numeri 1:44.
Met die aanvang van die uittog het Moses het n opname laat doen van die getal weerbare manne wat daar in die groep was.

Volgens Numeri 1: 44, was daar altesaam 603,550 manlike Israeliete van 20 jaar en ouer, (uitgesonderd die Leviete)

Volgens Numeri 1: 44, was daar altesaam 603,550 manlike Israeliete, van 20 jaar en ouer, (uitgesonderd die Leviete) aan die begin van die uittog, in Egipte.

Indien ons sou aanneem dat 80% van hierdie mans op daardie stadium getroud was, en dat elke sodanige huishouding uit 6 lede bestaan het (vader, moeder en vier kinders), beteken dit dat nagenoeg 3,621,300, Israeliete die tog meegemaak het.

Bogenoemde berekening sluit nie die “menigte mense van ander afkoms” (Eks. 12:38) wat ook die tog meegemaak het, in nie. Alles insluitend kon die getal heel waarskynlik so hoog as 4 milj. mense gewees het.
Sekere navorsers beweer selfs dat daar meer mense kon wees.

Vogens beide die gesag van Gen. 46:26 en Num. 1:44, is dit duidelik dat die totale aantal mense wat die uittog uit Egipte meegemaak het, nagenoeg tussen 3,6 en 4,0 miljoen mense was.

Interessant ook om daarop te let dat, teen die einde van die uittog, toe daar weereens n volkstelling gedoen is, die verskil in die getal weerbare manne wat die uittog aanvanklik begin het (603,550), en  die gatal wat die beloofde land moes binnegaan (601,730) n skamele 1,820 was. 

Dit was nadat bykans 3,000 gesterf het toe hulle die beeld van die goue kalf aanbid het en nog 250 wat deur die aarde ingesluk is toe van die leiers van die volk in opstand teen Moses gekom het. Ons lees van nog sterftes maar ongelukkig word die getalle nie aangedui nie.

3. FEITELIKE GESAG

Volgens die agttiende eeuse ontdekkingsreisiger, Von Haven, (1761-1767)

 "I have observed earlier that we could not possibly be at Mount Sinai. The monastery [of St. Catherine] was situated in a narrow valley, which was not even large enough for a medium-sized army to be able to camp in, let alone the 600,000 men that Moses had with him, who, together with their wives and children, must have come to over 3,000,000."

GEVOLGTREKKING

Somtyds gaan dit my verstand te bowe waarom die mens alewig n bohaai moet maak oor iets wat relatief eenvoudig is.


Vir die gelowige Christen is die Bybel nog altyd die enigste ware en betroubare Woord van God, en die moeite werd is om “ten volle aangeneem te word”. 


No comments:

Post a Comment