Postings

Wednesday, 30 May 2012

Enkele gedagtes oor die doodstraf




ENKELE GEDAGTES OOR DIE DOODSTRAF


                                                                                                                   


DIE WARE GOD IS OPSYGESTOOT

Die gesprek oor die herinstelling van die doodstraf as maksimum vonnis in Suid-Afrika het sedert 1994 'n omstrede onderwerp geword na die oorname deur die ANC/SAKP regering in Suid Afrika. 

Die "nuwe bedeling" het gepaardgegaan met die implementering van die eertydse Tussentydse Grondwet van Suid-Afrika, Wet 200 van 1993. Dit is later met die finale grondwet, Wet 108 van 1996 vervang. 

Laasgenoemde is sedertdien al menige male gewysig, meestal om sekere prosesse se implementering en uitvoerbaarheid vir die regerende party te vergemaklik.

In terme van die nuwe grondwet is 'n heel nuwe soort waardestelsel op die Suid-Afrikaanse gemeenskap afgedwing. Die grondwet is tot groot mate op die ANC/SAKP se sogenaamde Freedom Charter gegrond, wat in wese die nuwe regime se bloudruk is vir hul sosio-politiese rewolusie in Suid-Afrika. Die sekulêre humanisme en liberalisme dien as grondslag van die nuwe grondwetlike bedeling in Suid-Afrika.

Die uitwerking is sommer met die intrapslag opvallend in die aanhef tot die Konstitusie, wat soos volg lui: We, the people of South Africa, recognise the injustices of the past... en verder: ... a democratic and open society in which government is based on the will of the people ... en verder: This Constitution is the supreme law of the Republic: law or conduct inconsistent with it is invalid... 

Die RSA Grondwet is tans die hoogste gesag in Suid-Afrika en nie God en sy Gebod nie.

Die voormalige RSA se grondwet, Wet 32 van 1961, se aanhef het opvallend heel anders gelui, naamlik: In nederige erkentlikheid teenoor die Almagtige God, Beskikker oor die lotgevalle van nasies en die geskiedenis van volkere... en verder: Die volk van die RSA erken die oppergesag en leiding van die Almagtige God (Artikel 2).

Die mens het homself verhef tot God

Die huidige grondwet is 'n radikale wegbreek van die gevestigde en tradisionele waardestelsel van die Afrikaner. Ons is gekonfronteer met 'n vreemde kultuur wat uiting vind in die liberalisme en sekulêre humanisme wat die huidige grondwet voorskryf.  

Waarom vreemd? Die protestantse Calvinisme ken nie die andersoortige wêreldbeskouing van die sekulêre humanisme en die radikale liberalisme nie. Beide hierdie wêreldbeskouings bevat die filosofiese onderbou waar die mens sentraal staan en onafhanklik (outonoom) is van enige metafisiese verhouding met 'n goddelike wese.

Eenvoudig gestel, beteken dit dat die mens sy eie god is en nie afhanklik is van God Drie-enig nie. Die mens self word die maatstaf van alle dinge.

Hierdie lewensbeskoulike element van die huidige Suid-Afrikaanse grondwetlike bestel het gevolge op elke lewensterrein van die samelewing. Dit vind uiting in die sogenaamde Handves van menseregte wat deel is van hoofstuk 2 van die nuwe SA se huidige grondwet – artikels 7 tot 39 daarvan – en alle nuwe wetgewing sedert 1994. Hier dink mens in besonder aan die wetgewing oor arbeidsake, vroueregte, kinderregte, misdadigers se regte, gelykmaking van geslag, ras, kulture en godsdienste. Dit het dan ook neerslag gevind in die kwessie oor die doodstraf.

Doodstraf word afgeskaf

Gedurende 1995 het die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika 'n beslissing gevel dat die doodstraf hier ter lande afgeskaf word. Gevangenes wat reeds tot doodstraf gevonnis is, se vonnisse is verander na lewenslange gevangenisstraf.

Voorspelbaar en tipies van die liberalisme en die sekulêre humanisme, word lewenslange gevangenisstraf beskou as 'n mensliewender soort straf as die doodsvonnis. Of lewenslange gevangenisstraf in die oorvol en sindikaatbeheerde Suid-Afrikaanse tronke werklik mensliewender as die doodstraf is, is egter 'n debatteerbare punt.

Die handves van menseregte bepaal in artikel 11 daarvan: Elke mens het die reg op lewe. Dit klink op die oor af goed. Maar daar is tog 'n paar vrae wat ontstaan: Het die mens dan nie voorheen die reg op lewe gehad nie? Wat is so besonders daaraan om iets op skrif te stel wat eintlik al eeue lank vanselfsprekend deur die mensdom aanvaar is?

Die humaniste se antwoord op hierdie vraag is dat mense se lewens voorheen (byvoorbeeld gedurende die donker middeleeue) nie hoë waarde gehad het nie. In die "nuwe" Suid-Afrika onder ANC/SAKP regering het ons van die heel hoogste moordsyfers in die wêreld en is sedert April 1994 al ongeveer 350 000 vermoor, waarvan baie wreedaardig en barbaars.

Dit is duidelik dat vandag die toestand maar steeds dieselfde is: Menselewe het steeds nie veel waarde nie. Hier te lande word mense vermoor vir so min as 'n tweedehandse selfoon of R5,00 in 'n beursie. Wat het daardie 350 000 vermoordes se "reg op lewe" hulle gehelp?

Absoluut niks!

In teenstelling met die inhoud van artikel 11 van die grondwet dat elke mens die reg op lewe het, bepaal die sesde gebod: Jy mag nie doodslaan nie. Gemeenregtelik is moord strafbaar en was dit nog altyd so vanaf die vroegste tye. Die mensdom het vanaf die vroegste tye nie 'n verklaarde "mensereg" op lewe nodig gehad om moord en doodslag te verstaan en strafbaar te stel nie. Wat het dan sedertdien verander?

Menswaardigheid teenoor Natuurlike Verdorwenheid

Ek meen dat die antwoord op hierdie vraag gesoek moet word in die begrip menseregte.

Onderliggend aan die idee van menseregte is dat elke mens inherent goed is en met inherente menswaardigheid gebore word. Daardie ingebore en inherente menswaardigheid (wat deur die humanisme as 'n reg beskou word) moet volgens hierdie idee van menseregte dan beskerm word.

Vergelyk ons dit met ons belydenisskrifte en spesifiek die Heidelbergse Kategismus Sondag 2, dan stel ons egter presies die teenoorgestelde as die genoemde aanname van die liberalisme en die sekulêre humanisme. Ons glo naamlik dat die natuurlike, onbekeerde en nie-wedergebore mens van nature geneig is om God en sy naaste te haat. Hierdie inherente verdorwenheid van die menslike natuur word ook bevestig deur die Dordtse Leerreëls (Leerstukke 3 & 4, par. 1-4) en die NGB (artikels 14 & 15).

Kyk ons na die toestand in Suid-Afrika (en ook die res van die wêreld) van ernstige morele verval, selfverryking, geldsug, magsug, grypsug, geweld en misdaad, dan is dit veel eerder tekenend van die mens se inherente geneigdheid tot boosheid en sy eie verdorwe aard, eerder as sy inherente of aangebore goedheid. Dat dit so is, is skokkend en tragies, maar die feit is dat die mensdom se basiese instinkte en boosheid in 6000 jaar nog nie veel verander het nie.

Die sekulêre humanisme en die liberalisme leer ook dat die natuurlike mens nie met 'n verdorwe natuur gebore word nie, maar deur sy omgewing (dws deur die samelewing) besoedel en verdorwe gemaak word. Dit toon verbasende ooreenkoms met die dwaalleer van die Pelagiane gedurende die laat 16de eeu tot vroeë 17de eeu, wat geleer het dat erfsonde en die mens se verdorwe natuur uit niks anders as uit navolging ontstaan nie. Soos die Prediker sê: Daar is niks nuuts onder die son nie.

Tans is ons egter opgesaal met hierdie liberale en humanistiese grondwet en het sy tentakels reeds diep in elke fasset en op elke lewensterrein (ook die kerk) ingedring. Die debat oor die doodstraf moet teen hierdie agtergrond verstaan word.

Straf en Vergelding opsygestoot

Die vroegste strafbeginsel het straf en vergelding as hoogste motief gehad. Dit was in ooreenstemming met Bybelse beginsels van straf. Mettertyd is hierdie Bybelse beginsel ondergrawe deur humanistiese opvattings wat daartoe gelei het dat die basiese doel van straftoemeting aan die misdadiger verander het. Rehabilitasie en korrektiewe terapie is deesdae aan die orde as die uiteindelike doel van straftoemeting. Straf en vergelding word deesdae as onmenslik en outyds (oftewel "Bybels") gesien. Ons sien dieselfde opvattings ook in Suid-Afrika se strafregstelsel.

Die rede hiervoor is die opvattings van die humanisme: Indien die mens sy eie god (dit wil sê outonoom) is, dan is die mens en menselewe die hoogste goed. Hiervolgens is die ergste sonde die toepassing van die doodstraf deur die owerheid en die wreedaardigste mense is diegene wat ten gunste van die doodstraf is.

'n Strafregstelsel wat op Bybelse beginsels gegrond is, eis die doodstraf vir moord. Ons vind dit in Genesis 9:5-6; Exodus 21:14, 23-25; Numeri 35:31; Deuteronomium 19:21; Matteus 26:52; en Romeine 13:4. Omdat die Bybel lewe as kosbaar beskou, en die neem van 'n lewe as 'n ernstige wandaad beskou, verbeur die moordenaar sy eie lewe. Hierin dra die owerheid die swaardmag om doodslag te straf en wet en orde te hou.

Die idee van gevangenisstraf het eers in 1771 in Frankryk posgevat. Vandag is die doodstraf uit die mode en is die uitdien van gevangenisstraf die enigste opsie. Dit is egter nie soos God dit beveel het nie. Persoonlike aanspreeklikheid en verantwoordelikheid is een van die hoekstene van Goddelike (Bybelse) reg.

Gruwelgevolge van Menslike Selfverheffing

Die oorsaak van die hoë misdaadsyfer van epidemiese afmetings kan by die eiegeregtigheid van die liberalisme en die humanisme gesoek word. Die fout word nie meer by die misdadiger gevind nie, maar by die "siek" samelewing, wat bearbei moet word deur heropvoeding. Die misdadiger word sodoende nie persoonlik aanspreeklik gehou vir sy wandaad nie, maar die samelewing word in die beskuldigdebank geplaas en verwyt.

Reg en geregtigheid word afgebreek wanneer die geloof agter die reg verdwyn. Die humanisme se vyandigheid teenoor die doodstraf is in wese hul vyandigheid teenoor God se reg. Die staat of owerheid dra die swaardmag om veroordeelde moordenaars deur die regspleging en oplegging van die doodstraf regverdig te straf en om wetsgehoorsame burgers te beskerm (Romeine 13:4). Wanneer die owerheid egter die doodstraf afskaf en ook nie meer sy wetsgehoorsame burgers beskerm nie, het hy sy plig versaak en het sy swaard stomp geword (vergelyk NGB art. 36, oorspronklike bewoording).

Spreuke 12:10 vat hierdie situasie mooi raak: Die barmhartigheid van die goddelose is wreed.

Daar is duidelike inkonsekwentheid in die afskaffing van die doodstraf. Ironies genoeg word die veroordeelde moordenaar se reg op lewe gerespekteer en beskerm, maar ongebore babas se reg op lewe word geminag en babamoord – aborsie – openlik gewettig en vergemaklik. Ook ironies is die feit dat die veroordeelde moordenaar nie die doodsvonnis opgelê kan word weens sy totale minagting van sy vermoorde slagoffer se lewe nie. Inteendeel, die slagoffer se naasbestaandes moet nog deur belastings vir dekades lank indirek bydra tot die lewenslange versorging van die moordenaar.

Vir en Teen die Doodstraf

Prof. Marinus Wiechers, voormalige hoogleraar in die regte, is van mening dat al die argumente vir of teen die doodstraf almal eintlik ewe geldig is (artikel op die webwerf LitNet van 4 Junie 2008).

Hy gaan voort: ...die gemeenskap (wil) in sy diepste wese wel vergelding hê. Nie bloot uit wraakgierigheid nie, maar ter wille van sy eie voortbestaan... Gemeenskappe vrees vir hul eie voortbestaan as misdadigheid en veral gruwelike misdadigers nie permanent uitgewis kan word nie. Dit spruit uit die diepste sug na sekerheid en veiligheid...

Prof. Wiechers skryf verder: ...Die doodstraf het ‘n geweldige afskrikwaarde, wát ookal tot die teendeel probeer bewys word. Veral vandag, met die moderne media se moontlike dekking van verhore, veroordelings en teregstellings, sal die voltrekking ‘n skrikbeeld van misdaad versprei soos geen ander waarskuwende boodskap ooit sal regkry nie. Dink maar aan die skokgolwe in ons gemoedere toe die teregstelling van Saddam Hoessein vertoon is.

Moet daar dus aanvaar word dat die doodstrafdebat vir altyd in sirkels en sirkels verstrengel sal wees en nooit ‘n uitkome sal hê nie? Tog nie – as die debat in die laaste instansie nie oor die voor- en nadele van die doodstraf gaan nie, maar oor die aard van die staat waarin ons wil lewe.

Natuurlik sal ons almal in ‘n staat wil lewe waar die uitvoering van die staatsmag aan ‘n stel hoër waardenorme gekoppel is. Maar, word aangevoer, ons lewe ongelukkig nie in so ‘n utopie nie. Ons lewe eenvoudig in ‘n Afrika-werklikheid waar die meeste mense net die taal van die mag verstaan en waar die staat die mag oor lewe en dood moet hê om die verskriklike misdadigheid te bekamp. En eendag, as ons moreel gevorderd, beskaafd, mens- en vredeliewend is en geleer het om gehoorsaam aan sulke hoër norme te wees, kan ons weer probeer om ‘n verhewe staatsorde bokant die staatsmag te skep. ... Aldus Prof. Wiechers.

Gelowiges moet Boosheid Teengaan!

Ek is egter van mening dat ons nie moet sit en wag totdat Afrika se mense eendag moreel gevorderd, beskaafd, mens- en vredeliewend is nie, want dit mag duisende jare neem, indien ooit. Ek is van mening dat ons as gelowiges ons moet beywer om in ons skole, werk, staat en kerk onder medegelowiges die ernstige dwaling en misleiding van die liberalisme en sekulêre humanisme uit te wys en te bestry. Boosheid floreer wanneer die gelowige swyg en apaties staan en toekyk. 

Daar is duidelik 'n geestelike oorlog aan die gang tussen die sekulêre humanisme en die Christendom en die openbare media, internet, staatskole, die staat en selfs sommige kerke is aan die kant van die humanisme. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen hierdie verderflike idees en valse filosofie wat die koninkryk van God voortdurend ondergrawe (kyk Efesiërs 6 in hierdie verband).

Ek meen ook dat ons as gelowiges vir die huidige en onder hierdie omstandighede nie te hard moet mor oor die afskaffing van die doodstraf in Suid-Afrika nie. 

Die huidige owerheid verloën en misken die Drie-enige God en Sy gebod. Hulle ontken en misken dat ook hul gesag as regeerders van God afkomstig is.  

Hul volvoer nie hul roeping as regeerders wat so moet regeer dat die landsburgers "'n rustige en stil lewe" kan lei nie. (Vgl.1 Tim.2:2)

Die regbank van Suid-Afrika is vandag gevul met ANC gekeurde regslui wat noodwendig daartoe neig om eerder polities-lojale, maar minder bekwame, regsprekende amptenare in posisies van mag te wees.   

Dieselfde gebeur in die polisie.

Verder leef ons in 'n staatsbestel wat uitgesproke vyandiggesind is teenoor Blankes in die algemeen en Afrikaners in die besonder en daartoe geneig is om al hulle probleme en mislukkings op die Blankes te blameer, hoe vergesog dit ook mag wees.

Dit is daarom onwenslik en selfs gevaarlik om onder sulke omstandighede die doodstraf in die hande van 'n onverantwoordelike, goddelose en roekelose owerheid te plaas.

Solank skaamtelose geldsug, magsug en geddeloosheid aan die orde van die dag is, kan ons nie verwag dat daardie knoetserige doringboom enige vye moet dra nie.



Saturday, 26 May 2012

Suid Afrikaners se Grondwetlike Regte


Suid-Afrikaners se Grondwetlik regte

Realiteit of pypdroom


                                                                                                                                 Stes de Necker


Onlangs het die FW de Klerk Stigting die volgend uitspraak van oud Pres. De Klerk op die sosiale netwerk Face Book geplaas:
“Gedurende die negentigs het ons Suid-Afrikaners ooreenkoms bereik oor die tipe gemeenskap wat ons wou vestig. Ons het besluit op 'n grondwetlike demokrasie. Ons moet ons Grondwet ondersteun en die regte wat dit verseker, opeis.”
Soveel as wat ek met Mnr. De Klerk sou wil saamstem, koester ek egter ernstige bedenkinge oor die wyse waarop die oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners dit in die praktyk gaan regkry om hulle konstitusionele regte individueel op te eis.

Na 1994 bevind die oorgrote meerderheid Suid Afrikaners hulle in n politieke wildernis. Voor 1994 het daar nog iets soos 'n groep identiteit, elk met hulle eie leiers en organisasie strukture, bestaan. Na 1994 egter, voel baie gewone behoudende Suid-Afrikaners, vanuit die totale kleurspektrum, hulleself totaal leierloos.

Vir baie van hierdie Suid-Afrikaners bestaan daar vandag nie 'n gemeenskaplike forum waar hulle, in groepsverband, hulself teen die meedoënlose rasse aanslag van die ANC kan verdedig nie. Behalwe vir 'n paar individuele menseregte wat konstitusioneel verskans is en deur ons howe juridies beskerm kan word, bestaan daar nie veel ondersteuning vir die enkeling wat teen die georkestreerde aanslag van die ANC die beskerming van sy/haar groepsidentiteit en eiesoortige waarde en norme standaarde wil beskerm nie.

Baie Suid-Afrikaners smag vandag na ʼn groepsidentiteit met ʼn aanvaarde leiersfiguur wat daardie norme en standaarde, wat vir hom/haar belangrik is, kan verteenwoordig. Of so n forum binne of buite die politieke sfeer moet funksioneer is natuurlik debatteerbaar. Feit van die saak bly egter dat sonder ʼn gemeenskaplike spreekbuis, meeste Suid-Afrikaners nie veel gaan vermag teen die oormag van die ANC nie.

Ek wil my haas om te sê dat ek geensins verwys na ʼn soort laer trek nie. Meeste regdenkende Suid-Afrikaners besef terdeë die noodsaaklikheid om met alle rasse en politieke groeperinge saam te werk. Die probleem bly egter; hoe doen hy dit as individu?

Die bestaande politieke spektrum bied vir min Suid-Afrikaners 'n tuiste waar hulle, hulleself tuis kan voel.

Benewens die ANC en die DP, wat so te sê versadiging bereik het, bestaan daar in werklikheid geen ander politieke party wat enige potensiaal vir groei in die toekoms het nie. Die tragiese versplintering van COPE, wat die enigste resente groepering was wat oor 'n groot groeipotensiaal beskik het, het die politieke skaakspel in Suid-Afrika weereens in 'n skaakmat posisie gelaat.

Nog nooit sedert 1994, was Suid-Afrika so ryp vir die skepping van 'n politieke groepering, waarin die aspirasies van alle behoudende Suid-Afrikaners, geakkommodeer kan word nie. Al wat kortkom is 'n sterk leiersfiguur wat die oorgrote meerderheid Suid Afrikaners agter hom/haar kan verenig. 

Suid-Afrikaners het vêr gevorder op die pad van politieke wasdom. Die meeste mense besef dat politieke leierskap nie op die altaar van massageweld en radikale opportunisme geoffer kan word nie. Suid-Afrika is 'n land van realiteite wat nie met vreemde ideologieë regeer kan word nie. Ons benodig 'n eiesoortige Afrikanisme wat vir óns kan werk; nie wat die buiteland dínk vir Suid-Afrika behoort te werk nie!

Dit is vir ons, huidige geslag Suid-Afrikaners, om die uitdaging te aanvaar en werk te maak daarvan. Ons sit almal in dieselfde bootjie en as daardie bootjie die dag sink, dan sink ons almal saam met dit.

Ongelukkig is tyd nie aan ons kant nie. Wat ook al gedoen moet word, moet noú gedoen word, voordat die huidige regering dit wat nog oor is, ook vernietig het.

Suid Afrika kort dringend n nuwe politieke groepering wat bevoeg en in staat sal wees om die kretieke veranderinge wat gemaak moet word deur te voer aangesien die ANC nie by magte is om dit te doen nie. Die ANC beskik eenvoudig nie oor die nodige mens-potensiaal om dit te kan doen nie. Hulle is juis die mense wat verantwoordelik is vir die bestaande toestand!

Alle potensiaal binne die ANC sit vasgevang in die bestaande ANC ideologie en daarom is dit naief om te dink dat die Mbeki's of Motlantle's of Ramaphosa's van hierdie wereld enige wesentlike verandering kan meebring. 

Suid Afrika benodig leiers met die nodige intelegensie, dryfkrag, integriteit en vermoë om hierdie land van ondergang te red. Die soort kapasiteit wat bloot eenvoudig nie binne die ANC beskikbaar is nie.

Suid Afrikaners kan "toi toi" en staak tot hulle blou in die gesig is om hulle Grondwetlike regte op te eis, maar sonder die nodige politieke infrastruktuur waarbinne hulle georganiseerd kan funksioneer, sal al sulke pogings futiel bly.  

Vind nog interessante artikels op my blog.
Kliek net   http://stesdeneckers.blogspot.com








I'm a racist.

Racist??


A South African artist called Brett Murray has been causing a huge stir since his painting of South Africa’s president titled The Spear was put up in  a local gallery. The ANC have worked themselves up into a total frothy about the painting and their biggest issue with it - It’s racist. ??

Disrespectful, maybe. Rude, maybe. But racist??

That little word that has become the political whip with which the ANC work the masses up into angry mobs and riots anytime something happens that they don’t like. And it’s becoming really really tiring.

In South Africa, the word racist has lost it’s original meaning and now only get’s used to describe a white person doing something a black person doesn’t like. You never hear it used in any other context. You can’t say to a black CEO that he is racist because he won’t hire white people, no - he’s just making sure that only blacks get hired because of BEE. You can’t call a university racist because they won’t accept an application from a white student with straight A’s for 8 subjects - instead taking on a black student who barely passed metric. Nope, they’re not racist, they’re just correcting the wrongs of the past. But God forbid you do hire the white person or you do admit the white student, you’ll be branded racist by the government quicker that you can say “colour shouldn’t be the issue here” because how dare you choose a white person over a black person in a democratic South Africa.

Most of the time when you are a white person and you call your fellow countrymen to be held accountable for their unacceptable words and actions such as corruption, nepotism, fraud, theft, you’ll be branded a racist.

Today, I shouted at a taxi driver who pushed in-front of me nearly driving me into the curb with no regard for the fact that I have a child in the car - I must be a racist, because only racists care about road safety it would seem.

I complained to the manager of my bank because the woman handling my account is so incompetent and hasn’t responded to one email or message I’ve left her for over 2 months!  Never mind that my account is about to be shut down because of FICA. I must be a racist then because only racists expect service from a bank and stupidly think an organisation is going to actually do the job they promise to do in all their marketing material.

The other day my husband confronted a woman outside a shopping centre after she carelessly threw her fast food packet on the floor less than 10cm from a dustbin. Her response - "you’re just a racist". Yes, you’re absolutely right, because only racists care about keeping their city clean and litter free.

I fired a lady who worked for me once because I caught her rummaging through one of my cupboards and she had taken my passport and other belongings which I found in her bag. Her only response - "you’re a racist". Yes, yes I am. Because only racists think that stealing is a criminal offence and is done by people with no morals or conscience.

I swear being a white person in this country can be very bloody exasperating at times. The ANC has brainwashed the masses with this little word - racist - to the point that it’s actually completely lost its meaning and now get’s used totally out of context. Most days I just let it pass and I don’t go into effect of it. But today is not one of those days. Today I’m angry and today I’m sick and tired of it.

I’m not shouting at you because you’re black, I’m shouting because you’re a maniac on the roads who is a danger to society.

I’m not complaining to your manager because you’re black. I’m complaining because you’re an incompetent moron who is incapable of doing her job properly.

I’m not firing you because you’re black. I’m firing you because you’re a thief.

I’m not confronting you because your black, I’m shouting at you because you’re a messy pig who expects other people to clean up your mess.

Please get over yourselves and move out the way of the remarkably amazing black people who DO take total responsibility and who actually want this country to work for ALL the people who live in it.
 
If being a racist in this country means that I will stand up for my rights, fight for what is fair and true and hold everyone around me accountable for their words and actions, then I am a racist through and through. If being a racist means that I believe in freedom of speech and expression and that everyone’s point of view is relevant, no matter what colour, age or sex, then I will proudly announce to all who can hear that I am a racist. If being a racist means that I believe we should all be treated with the same rules and consequences and that no-one, especially not the President, is above the law and exempt from criminal prosecution when that law has been broken, then print me a t-shirt saying “I am a racist” and I will wear it in the streets. If being a racist means that I will not stand idly by while the few, corrupt pigs in the ANC rape this country for everything they can get with no regard for the poor and the homeless and the uneducated, then I’ll get I’m a racist tattooed on my back.

Mr Zuma and the ANC - you need to get a different vocabulary. Instead of shouting at someone like Brett Murray about a painting being offensive, maybe you should be asking yourselves why he painted it in the first place. Instead of wanting to take Zapiro to court every time he depicts the president & his shower head in one of his cartoons, why don’t you stop to realise that there is truth in everything he draws and that your angry responses are really due to the fact that he keeps hitting a nerve that’s a little too close to home.

Maybe, Mr Zuma, it’s time to take a long, hard look in the mirror. If you were honest with yourself  you’d see that people actually have very little respect for you because some believe you have lied and cheated your way through your Presidency. According to reports you have been involved with more seedy, corrupt criminals than Horatio Cane and that you have abused funds for personal gain.

Even the great Oliver Tambo’s daughter doesn’t think much of you based on what she had to say about the painting: “He should inspire the reverence he craves. This portrait is what he inspired”

You Mr Zuma and your ANC are a bunch of CANTS!

CAN’T let go of the past
CAN’T stop operating from a place of revenge and hate for what’s happened in the past
CAN’T stop the out of control corruption that is rife throughout every government department
CAN’T seem to get the education right in this country
CAN’T say goodbye of Affirmative Action and BEE which is ruining businesses across this land

But what do I know?

I’m just a white girl talking about a black man.

I must be a racist

Find some more interesting articles on my blog.
Just click   http://stesdeneckers.blogspot.com


Wednesday, 23 May 2012

Wat as Christus vandag eers aarde toe gekom het?



Wat as Christus vandag eers aarde toe gekom het


                                                                                                                         Stes de Necker


Scenario skets

(Stel jouself voor: Dit volgende gebeur vandag, in 2012; Christus het nog nie aarde toe gekom nie; die Nuwe Testament is nog nie geskryf nie, en ons leef nog onder die wet van Moses)


Nuusberig op SATV

“Goeienaand. Dit is sewe uur en hier volg die nuus, gelees deur Riaan Cruywagen.

Uit Bloemfontein word berig dat die seun van God gisteraand in die omgewing van Bethlehem, in die Vrystaat, gebore is.

Volgens ons medewerker op dié dorp, was die kindjie se ouers, Josef en Maria, op pad van Kestell na Bethlehem om die Regering se jongste sensus vorms te voltooi, toe Maria onverwags in kraam gegaan het. Gelukkig kon die paartjie egter ʼn koeistal van Mnr. Koos van der Merwe, ʼn melkboer van die distrik, te hure kry voordat die kleinding sy opwagting gemaak het. Maria, moes noodgedwonge die voerkrip as ʼn wiegie vir die baba gebruik.

Volgens Maria is haar verloofde, Josef, egter nie die baba (ʼn seuntjie) se biologiese vader nie, aangesien hulle nog nooit gemeenskap gehad het nie en sy, volgens haar huisdokter, nog ʼn maagd was. Maria beweer dat sy deur ʼn bo-natuurlike mag swanger geword het!  Sy het vir ons verslaggewer gesê hulle gaan die seuntjie Jesus noem.

Drie Hoogleraars, wat deur die Nasionale Regering afgevaardig was om hulle persoonlik van dié buitengewone bevalling te vergewis, het tydens ʼn onderhoud met die SAUK beweer dat die baba die toekomstige wêreld-heerser is, en dat daar nog groot dinge van hom in die toekoms verwag word.

Volgens ʼn Regerings woordvoerder, het die drie geleerdes egter versuim om na die Regering terug te keer ten einde verslag te doen oor hulle bevindinge. Soos verneem word is die Regering ernstig bekommerd oor ʼn moontlike toekomstige staatsgreep, en die weermag is vanoggend reeds opdrag gegee om alle seuntjies jonger as twee jaar in Bethlehem en omgewing, dood te maak. Die Josef gesin kon egter daarin slaag om betyds uit die omgewing weg te kom en skuil glo iewers in ʼn buurland.

Ons waarsku sensitiewe kykers dat die volgende insetsel ontstellende beeldmateriaal van die kinder-moord bevat.”

NS.
“My regisseur deel my nou net mee dat al die Korporasie se telefoonlyne reeds oorlaai is met oproepe van ontstoke kykers ....... ʼn Mens wonder waaroor hulle nou eintlik so ontstoke is?” 
 
SOU JY DIE NUUS GLO?







Sunday, 20 May 2012

Toe kinders nog kinders was.




Toe kinders nog kinders was


                                                                                                            Stes de Necker



Een van die mees tragiese gevolge van ons sogenaamde moderne samelewing, is die feit dat ons kinder van vandag vergeet het hoe om te speel.

Vandag word elke spaar oomblik opgeneem deur 'n geklets op Blackberries, I-phones, Facebook, Twitter en wat nog alles. Graad 1 kindertjies doen op skool wat ons eers in Hoërskool geleer het. Alles gaan oor prestasie. Prestasie in die klaskamer, op die sportveld, op kulturele gebied ens. ens.

Ek het op 'n plaas grootgeword en gewoonlik was daar nooit genoeg ure in 'n dag op naweke en vakansies om alles te kon doen wat ek graag wou doen nie. Saam met my plaas vriende, kinders van die plaaswerkers, het ons perdgery, donkie gery, vlotte gebou om op die plaasdam mee te ry, kettie geskiet, kleilat gegooi, tol gespeel, albaster gespeel en wat nog alles. Die skool vakansies was almal te kort, om van naweke nie eers te praat nie.

En dan breek daardie verpeste Maandae aan. Terug koshuis toe. Terug na die roetine van opstaan, ontbyt, skool toe, middagete, studie, sport, aandete, studie, slaaptyd. En dit terwyl die verlange terug na die plaas en jou plaas maatjies, jou nie vir 'n enkele oomblik laat los nie.

As enigiemand my vandag sou vra wat my punte op laerskool was, sal ek dit om my lewe te red nie kan onthou nie! Want dit was nie belangrik nie. Van belang was om normaal groot te word. Om te leer deur te speel. Om wedersydse aanvaarding te leer deur met jou anderskleurige plaas maats saam te verkeer. Om respek vir grootmense te leer wanneer pa jou foeter omdat jy Outa Jan sommerso op sy voornaam genoem het en hom nie gerespekteer het deur Outa te sê nie. Om die natuur te leer ken en self te kon uitmaak wanneer die reën op pad is. En dan die grootste lesse van almal, en dit is om te leer dat melk van 'n koei kom en nie uit 'n bottel in die kafee nie; dat mieliemeel van gemaalde mielies kom wat eers geplant en gestroop met word. Dat koue botter jou brood gaan opfrommel as jy dit nie eers laat sag word het, nie. Om van vuur gebraaide mielies, stokbrood, vars “separater” melk, plaasbotter, die geur van 'n vars geplukte tamatie nie eers te praat nie.

Dit was leer!

Nie hierdie opgesmukte akademiese getjommel wat ons kinder vandag gevoer word nie. Hoekom moét klein Jannie of Sannie alreeds in standerd een, Newton se wette ken? Wat maak dit saak of hulle alreeds in standerd een, Fisika en toegepaste wiskunde moét ken?! Genade, daar lê vir hulle 'n hele lewe nog voor waarin hulle al hierdie dinge kan leer as hulle eers groter is.

Maar nou word so veel as moontlik so gou as moontlik in hulle ingedril en ingestop dat 'n mens sou sweer iemand is bang die arme bloedjie gaan dood vóórdat hy/sy al hierdie goed geleer het.

Ek onthou nog so goed toe ek in standerd drie was, moes ons 'n Engelse opstel skryf oor enige iets interessants wat ons die vorige naweek gedoen of beleef het. Hoe kon ek dan anders as om oor die plaas te skryf.

Die betrokke Saterdag het die weer uit die Noord-weste begin saampak en kort voor lank toe bars daar 'n donderstorm los dat dit lyk of hemel en aarde wil vergaan. Ons skape het dié dag in die veld geloop en toe die weer effens opklaar, besluit ek dat dit beter sal wees as die skaap die aand eerder in die kraal slaap.

Dit was die onderwerp van my opstel, maar tale en spelling was nog nooit een van my sterk punte nie. In daardie dae het ons van “diktee”, inplaas van spelling gepraat.

Die tweede paragraaf van my opstel sal ek nooit vergeet nie. Dit klink toe so:
“I went to bring the sheep too the kraal. But every time I keer them here, the wetherlight strikes there. And when I keer them there the wetherlight strikes here.”

'n Dag later, toe die juffrou my opstel boek vir my teruggee, het sy onderaan my literêre kunswerk geskryf: “Vir jou storie kry jy tien uit tien. Maar vir Engels net 'n halwe punt, want hierdie keer het jy darem nie weer sheep met n "j" gespel nie"!

Dit was die dae toe kinders nog normaal grootgeword het. Toe kinders nog kinders was.

En daar het dit my nou net aan my volgende wysheid laat dink.

As jy vandag normaal grootword, is jy al klaar mal genoeg.


Vind nog interessante artikels op my blog.
Kliek net   http://stesdeneckers.blogspot.com



Kultuurverskille - n Selfondersoek

Kultuurverskille – Selfondersoek.


                                                                                                    Stes de Necker


Ontleed self die volgende scenario aan die hand van die tradisionele gebruike en gewoontes waarna ek in “Die ontstaan en gevolge van kultuur-historiese verskille in Suid-Afrika” verwys het.  

Die vrae wat jy vir jouself moet beantwoord is:  (1) Wat het die huishulp hiermee bedoel? …  en (2), wat het die huiseienaar hiermee verstaan?

Om jou met die ontleding te help, het ek die verskillende gedeeltes van die storie waarna jy spesifiek moet oplet onderstreep.

Scenario:

ʼn Sekere huiseienaar, ʼn wit man, het die betrokke oggend met die verkeerde voet uit die bed uit opgestaan en sit in sy studeerkamer agter sy lessenaar en koffie drink.

Die huishulp, ʼn swart vrou, daag laat by die werk op en, sonder om te klop (1), kom sy die studeerkamer binne en sê nie ʼn woord nie (2). Sy gaan sit op die vloer (3) langs die deur en kyk die hele tyd na die mat (4) onder haar.

“Waar die hel kom jy nou vandaan en wie het vir jou gesê jy kan sommer in my kantoor inkom ?!”

Sonder om na die man te kyk (5) wil sy nog probeer antwoord (6), toe dié alreeds verder gaan met sy uitbarsting: “En nou gaan jy seker ook weer vir my sê die bus was laat!”

Intussen het die man agter sy lessenaar opgestaan en gluur na die huishulp waar sy steeds  op die vloer sit. (7)

Toe sy wéér ʼn keer probeer antwoord terwyl sy na iets teen die muur agter die man kyk (8), word haar poging begroet met: “Staan op man, jy sit nie as jy met my praat nie!” 

“Maar meneer ….” 

“Hoekom kan julle ʼn mens nooit in die oë kyk nie en gin’ nikse meneer met jou nie; lóóp en gaan doen jou werk!”

Klink dit vir jou bekend of was jy self al skuldig hieraan ?


Vind nog interessante artikels op my blog.
Kliek net  http://stesdeneckers.blogspot.com