Postings

Sunday 20 May 2012

Kultuurverskille - n Selfondersoek

Kultuurverskille – Selfondersoek.


                                                                                                    Stes de Necker


Ontleed self die volgende scenario aan die hand van die tradisionele gebruike en gewoontes waarna ek in “Die ontstaan en gevolge van kultuur-historiese verskille in Suid-Afrika” verwys het.  

Die vrae wat jy vir jouself moet beantwoord is:  (1) Wat het die huishulp hiermee bedoel? …  en (2), wat het die huiseienaar hiermee verstaan?

Om jou met die ontleding te help, het ek die verskillende gedeeltes van die storie waarna jy spesifiek moet oplet onderstreep.

Scenario:

ʼn Sekere huiseienaar, ʼn wit man, het die betrokke oggend met die verkeerde voet uit die bed uit opgestaan en sit in sy studeerkamer agter sy lessenaar en koffie drink.

Die huishulp, ʼn swart vrou, daag laat by die werk op en, sonder om te klop (1), kom sy die studeerkamer binne en sê nie ʼn woord nie (2). Sy gaan sit op die vloer (3) langs die deur en kyk die hele tyd na die mat (4) onder haar.

“Waar die hel kom jy nou vandaan en wie het vir jou gesê jy kan sommer in my kantoor inkom ?!”

Sonder om na die man te kyk (5) wil sy nog probeer antwoord (6), toe dié alreeds verder gaan met sy uitbarsting: “En nou gaan jy seker ook weer vir my sê die bus was laat!”

Intussen het die man agter sy lessenaar opgestaan en gluur na die huishulp waar sy steeds  op die vloer sit. (7)

Toe sy wéér ʼn keer probeer antwoord terwyl sy na iets teen die muur agter die man kyk (8), word haar poging begroet met: “Staan op man, jy sit nie as jy met my praat nie!” 

“Maar meneer ….” 

“Hoekom kan julle ʼn mens nooit in die oë kyk nie en gin’ nikse meneer met jou nie; lóóp en gaan doen jou werk!”

Klink dit vir jou bekend of was jy self al skuldig hieraan ?


Vind nog interessante artikels op my blog.
Kliek net  http://stesdeneckers.blogspot.com

No comments:

Post a Comment