Postings

Wednesday 23 May 2012

Wat as Christus vandag eers aarde toe gekom het?



Wat as Christus vandag eers aarde toe gekom het


                                                                                                                         Stes de Necker


Scenario skets

(Stel jouself voor: Dit volgende gebeur vandag, in 2012; Christus het nog nie aarde toe gekom nie; die Nuwe Testament is nog nie geskryf nie, en ons leef nog onder die wet van Moses)


Nuusberig op SATV

“Goeienaand. Dit is sewe uur en hier volg die nuus, gelees deur Riaan Cruywagen.

Uit Bloemfontein word berig dat die seun van God gisteraand in die omgewing van Bethlehem, in die Vrystaat, gebore is.

Volgens ons medewerker op dié dorp, was die kindjie se ouers, Josef en Maria, op pad van Kestell na Bethlehem om die Regering se jongste sensus vorms te voltooi, toe Maria onverwags in kraam gegaan het. Gelukkig kon die paartjie egter ʼn koeistal van Mnr. Koos van der Merwe, ʼn melkboer van die distrik, te hure kry voordat die kleinding sy opwagting gemaak het. Maria, moes noodgedwonge die voerkrip as ʼn wiegie vir die baba gebruik.

Volgens Maria is haar verloofde, Josef, egter nie die baba (ʼn seuntjie) se biologiese vader nie, aangesien hulle nog nooit gemeenskap gehad het nie en sy, volgens haar huisdokter, nog ʼn maagd was. Maria beweer dat sy deur ʼn bo-natuurlike mag swanger geword het!  Sy het vir ons verslaggewer gesê hulle gaan die seuntjie Jesus noem.

Drie Hoogleraars, wat deur die Nasionale Regering afgevaardig was om hulle persoonlik van dié buitengewone bevalling te vergewis, het tydens ʼn onderhoud met die SAUK beweer dat die baba die toekomstige wêreld-heerser is, en dat daar nog groot dinge van hom in die toekoms verwag word.

Volgens ʼn Regerings woordvoerder, het die drie geleerdes egter versuim om na die Regering terug te keer ten einde verslag te doen oor hulle bevindinge. Soos verneem word is die Regering ernstig bekommerd oor ʼn moontlike toekomstige staatsgreep, en die weermag is vanoggend reeds opdrag gegee om alle seuntjies jonger as twee jaar in Bethlehem en omgewing, dood te maak. Die Josef gesin kon egter daarin slaag om betyds uit die omgewing weg te kom en skuil glo iewers in ʼn buurland.

Ons waarsku sensitiewe kykers dat die volgende insetsel ontstellende beeldmateriaal van die kinder-moord bevat.”

NS.
“My regisseur deel my nou net mee dat al die Korporasie se telefoonlyne reeds oorlaai is met oproepe van ontstoke kykers ....... ʼn Mens wonder waaroor hulle nou eintlik so ontstoke is?” 
 
SOU JY DIE NUUS GLO?







No comments:

Post a Comment