Postings

Friday 2 November 2012

Jesus se brief aan jou.


                     JESUS SE BRIEF AAN JOU


                                                                                                                                                                                           Stes de Necker

                                                                               

Koninkryk van God
                                                                             25 Desember
My liewe vriend,

Ek moes net vir jou skryf om vir jou te sê hoe baie Ek vir jou omgee. Ek het jou gister met jou vriende sien gesels. Ek het die hele dag gewag, gehoop jy sou ook met My wou praat. Ek het vir jou 'n sonsondergang gegee om jou dag mee af te sluit en 'n koel bries om jou rustig te laat word – en Ek het gewag. Jy het nooit gekom nie. Dit het My seergemaak, maar ek is steeds lief vir jou, want Ek is jou vriend.

Ek het jou gisteraand sien slaap en Ek wou jou so graag aanraak. Toe laat val Ek die maanlig oor jou gesig. Weer het ek gewag. Ek wou so graag na jou toe gaan sodat ons kon gesels. Ek het so baie geskenke vir jou. Jy het wakker geword en jou werk toe gehaas. My trane was in die reën.

As jy maar net na My wou luister! Ek is lief vir jou. Ek probeer dit vir jou sê in die blou lug en in die groen gras. Ek fluister dit in die blare van die bome en Ek adem dit in die kleure van die blomme. Ek skree dit uit in die bergstrome, gee die voëls liefdesliedere om te sing. Ek klee jou met warm sonskyn en laat die lug lekker ruik met die geur van die natuur. My liefde vir jou is dieper as die oseaan en groter as die grootste behoefte in jou hart. Vra vir My. Praat met My. Moet My asseblief nie vergeet nie. Ek het so baie om met jou te deel.
Ek sal jou nie verder pla nie. Dit is jou besluit. Ek het jou gekies en sal wag – want Ek is lief vir jou.

Jou vriend Jesus.



No comments:

Post a Comment