Postings

Saturday 3 November 2012

Die Nuwe Testament - Kontinuum van die Ou Testament.



Die Nuwe Testament

Kontinuum van die Ou Testament


                                                                                               Stes de Necker


Ek het al voorheen gesê dat, op die verhoog van die lewe, die evangelie van Jesus afspeel teen die agtergrond “backdrop” van die Pentateug, met die Ou Testament as die res van die dekor.

Die Nuwe Testament behoort gesien te word as die voortsetting (kontinuum) van hierdie “opvoering” wat “afspeel op die verhoog van die lewe”. In die nuwe Testament kyk ons dus na die “tweede bedryf” van ons “opvoering” en hoedat die lewe en werk van ons Here Jesus Christus (God) in die Nuwe Testament voortgesit word. Jesus is immers terselfdertyd ook God!

Ek het vanaand na ʼn gedeelte gekyk van die Mej. Wêreld kompetisie wat vanjaar in London in Engeland plaasgevind het; en wat ʼn mooi klomp meisies was dit nie! Maar toe tref dit my weereens: Uiterlike beskou, kyk ons na omtrent 160 van die wêreld se mooiste meisies in hulle pragtige aandrokke, gegrimeer deur van die wêreld se beste grimeerkunstenaars en versier met die mooiste juweliersware wat ʼn mens jou kan voorstel. Terwyl ons die uiterlike prag en skoonheid, sintuiglik kan waarneem, kan ons egter niks sien van die innerlike skoonheid wat daar in hierdie meisies is nie. Enige mens wat nie een van hierdie meisies op persoonlike vlak ken nie, sal nooit weet of sy innerlik net so mooi of selfs nog mooier is nie.

Dit is presies dieselfde in ons siening van Jesus Christus. Afgesien van die beeld wat die Bybel vir ons gee van Jesus, en afgesien van die beeld wat die kerk vir ons deur die jare van Jesus geskets en voorgehou het, kan ons die ware glorie en skoonheid van ons Heiland eers raaksien wanneer ons daardie intieme en persoonlike verhouding met Hom het. Vir die res sien ons maar net die uiterlike “grimering en versiering” van Christus.

Vir elkeen van ons is dit moontlik om Jesus op hierdie vlak te leer ken en lief te hê; Want die Bybel sê vir ons presies wat om te doen om daardie intieme persoonlik verhouding met Jesus, te bekom!  

Ons moet in Hom glo!  Dis al! Jesus sal die res doen. En hoe kry ons daardie geloof? Die Bybel gee ook vir ons die antwoord hierop in Rom. 10: 14 “En hoe kan jy van Hom (Jesus) hoor sonder iemand wat preek?  En hoe kan iemand preek as hy nie gestuur is nie?” In die King James Bybel staan daar: “……faith cometh by hearing, and hearing by the woord of God.”

In ʼn neutedop kan ons seker sê dat die Ou- en Nuwe Testament gaan oor die geskiedenis van die wêreld sedert die skepping, en God se doel met die mens op aarde. Na die skepping verval die mens in sonde en word uit die Paradys van God se beskerming uitgesluit. Die mens is nou blootgestel aan die gevare buite die Paradys; smart, pyn en lyding, dood en die ewige verdoemenis.

God laat egter nie die mens alleen aan sy lot buite die beskerming van die Paradys oor nie, maar sluit met die mens ʼn verbond, dat Hy hulle God sal wees wat hulle sal bewaar en beskerm, maar dan moet die mens lewe soos wat Hy wil hê hulle moet lewe. (Die Ou Verbond)

Aangesien die mens, in homself, nie in staat is om volgens God se voorskrifte te leef nie, besluit God, na eeue se stryd tussen goed en kwaad, om ʼn nuwe verbond met die mens aan te gaan wat in wese daarop neerkom dat die mens voortaan, alleen uit genade, van die gevare buite die Paradys gered sal word, maar dan moet die mens in sy Seun, Jesus Christus glo.

Jesus Christus kom gevolglik na hierdie wêreld om die Ou Verbond af te skaf en deur Sy soen verdienste, ʼn Nuwe Verbond met die mens in te stel en te beseël, en nou breek die eindtyd, die tyd waarin ons leef, aan. In die Nuwe Testament het daar min “nuwe” dinge tot stand gekom wat die Ou Testament nie alreeds aan ons openbaar het nie. Al wat nou nog moet gebeur is dat Jesus weer moet terugkeer aarde toe soos Hy belowe het, om eens en vir altyd ʼn einde te maak aan die sonde en die voortdurende stryd tussen goed en kwaad.

Die Woord van God is dus nie nét die Nuwe Testament nie! Om ons Here Jesus werklik te ken en te waardeer wat Hy vir ons gedoen het toe Hy die straf vir ons sondes aan die kruis op Hom geneem het, sodat ons bloot uit genade en nie uit verdienste gered kan word, is dit nodig dat ons dit moet sien teen die agtergrond en voorskrifte en omstandighede van die Ou Testamentiese tyd.

Wanneer ons die Nuwe Testament dus lees binne hierdie historiese konteks, dan kry ons 'n totaal nuwe waardering en begrip van God se liefde en eindelose genade vir ons as sondaars.

In Psalm 119: 130 skryf die Psalmdigter: “Wanneer U woord vir mense oopgaan, bring dit lig; dit gee insig aan dié wat nog onervare is.”   

Vind nog interessante artikels op my blog.
Kliek net   http://stesdeneckers.blogspot.com


No comments:

Post a Comment