Postings

Sunday 4 November 2012

Uitdaging vir die Landbou in Suid Afrika.



SAlandbou moet 83,4 m. in 2025 voed

Volksblad  25 Maart 2011

Charles Smith


TEEN die jaar 2025 sal Suid-Afrika ’n totale bevolking van 83,4 miljoen moet voed.Dit beteken dat die kommersiële landbou tot 57,05% meer voedsel sal moet produseer.


Mnr. Stes de Necker, oud-Hoofdirekteur van die Vrystaatse departement van landbou, sê dit kan slegs geskied as die kleinboere en kommersiële boere in die land gehelp word om onderskeidelik selfstandig te boer en om na moderne verbouings- en presisiepraktyke om te skakel.


De Necker het in ’n artikel vir Landbou-Volksblad ’n ontleding gedoen van die grond wat nodig is vir al die huise wat nog in die land gebou moet word en die hoeveelheid kos wat geproduseer moet word om al die ekstra mense te voed.


Hy skryf volgens Statistieke Suid-Afrika woon 46,3% van die land se bevolking in
landelike gebiede, wat ’n totaal van nagenoeg 22 miljoen mense verteenwoordig.


Teen ’n verstedelikingskoers van gemiddeld 7,5% per jaar, beteken dit dat 1 650 000 mense per jaar na Suid-Afrika se stede migreer.

Teen ’n residensiële bevolkingsdigtheid van 50 mense per hektaar sal daar 462
000 hektaar nie-residensiële grond oor die volgende 14 jaar vir verstedeliking beskikbaar gestel moet word.


Volgens Times Live (18 Mei 2010) was Suid-Afrika se behuisingsagterstand 2,1 miljoen eenhede. Teen ’n gemiddelde erfgrootte van 250 vierkante meter word daar dus ’n totaal van 525 000 ha grond benodig vir regeringsbehuising. Tel hierby ’n verdere 15% vir infrastruktuur soos paaie en riool, dan word daar altesaam 603 750 ha nie-residensiële grond benodig net om die behuisingsagterstand in die land uit te wis.


Binne die volgende 14 jaar sal die staat dus ’n totaal van: )
1771468ha nie-residensiële grond benodig om vir die normale bevolkingsaanwas behuising te voorsien; )462 000 ha nie-residensiële grond benodig vir verstedeliking weens die ontvolking van die platteland;)603 750 ha nie-residensiële grond benodig om die huidige behuisingsagterstand uit te wis;) Dit is ’n totaal van 2837218ha nie-residensiële grond, wat iewers vandaan moet kom. 


Oor 14 jaar sal Suid-Afrika 28
019311 addisionele monde moet voed net as gevolg van natuurlike aanwas. Hierdie syfer sluit nie immigrante vanaf Suid-Afrika se buurlande en immigrante van elders in die wêreld in nie. Die totale getal immigrante in Suid-Afrika word nou op 4 miljoen mense beraam. Teen dieselfde aanwaskoers van 57,05% sal net die getal immigrante in Suid-Afrika oor 14 jaar soveel as 6 282 000 beloop.


In die lig van voorgenoemde berekenings voed Suid-Afrika dus nou ’n totale bevolking van nagenoeg 53
109107 mense.


In 2025 sal Suid-Afrika dus ’n totale bevolking van 83 410 418 moet voed.


De Necker sê as die landboukundige volhoubaarheid van die regering se grondhervormingsplan oor die laaste 17 jaar enigsins ’n aanduiding is van die produksievermoë van sulke grondoordragte, dan moet aanvaar word dat die huidige kommersiële landbou grotendeels vir die verhoogde produksie verantwoordelik sal wees.


Indien Suid-Afrika nie totaal van die buiteland vir sy voedselvoorsiening afhanklik wil wees nie, beteken dit dat die kommersiële landbou oor die volgende 14 jaar 57,05% meer voedsel sal moet produseer as wat tans die geval is. 


Weens die regering se landbou- en grondhervormingsbeleid, lyk dit onwaarskynlik of die kommersiële landbou dit gaan regkry aangesien daar reeds volgens statistieke ’n afname van 17
998 boerdery-eenhede van 1993 tot 2007 was.


Indien die bykomende 2
837218ha nie-residensiële grond vir residensiële ontwikkeling van bestaande landbougrond verkry moet word, gaan dit die kommersiële landbou se taak om aan die verhoogde vraag te voorsien, net verder bemoeilik.

 
De Necker sê hy het in 2005 reeds gewaarsku dat landbou se proporsionele bydrae tot Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BBP) ’n konstante afname getoon het sedert die jaar 2000 en dat indien hierdie tendens sou voortduur, hierdie bydrae uiteindelik minimaal sou wees.


Wikipedia, die internasionale elektroniese ensiklopedie, verwys nou na landbou se bydrae tot die BBP as volg:
“As mining and manufacturing industries expanded at a faster rate, agriculture’s share of GDP declined from about 20 percent in the 1930s to about 12 percent in the 1960s and to less than 7 percent in the 1990s.”


Die belangrikheid van hierdie ekonomiese aanwyser lê in die feit dat voornemende buitelandse beleggers beswaarlik in ’n kwynende sektor van die ekonomie sal belê terwyl daar baie groter groeipotensiaal in die ander sektore van die ekonomie bestaan.


Landbou in Suid-Afrika is verseker nie meer die spreekwoordelike gans wat die goue eier lê nie.


Hongersnood staar Suid-Afrika in die gesig en daar bestaan net twee moontlikhede om die dreigende voedseltekorte in die toekoms af te weer, naamlik:) Om so vinnig as moontlik Suid-Afrika se nuweling- en kleinboere te help om selfstandig en ekonomies volhoubaar te boer;)
Om ons kommersiële boere die nodige finansiële bystand te gee om so spoedig moontlik na moderne verbouings- en presisieboerderypraktyke om te skakel om sodoende produksiekoste effektief te verlaag en opbrengste optimaal te verhoog. 


De Necker sê met die nodige kennis en vaardigheid kon boere in lande soos Brasilië, Argentinië, Australië en Nieu-Seeland besparings van tot 48% in insetkoste behaal deur om te skakel na bewaringsbewerking.


Hierteenoor het boere in Amerika besparings van tot 35% op hul insetkoste behaal.Hulle het dit reggekry deur die toepassing van effektiewe presisieboerderystelsels en praktyke.


Verhoogde produksie-uitsette, wat weens hierdie praktyke behaal is, was in sekere gevalle so hoog as 15%.


As hierdie lande dit kon regkry, kan Suid-Afrika dit sekerlik ook regkry.


Enigiemand wat meer inligting oor hiedie onderwerp wil bekom kan gerus Stes de Necker kontak by: stesdenecker@telkomsa.net  of Fax to Email no: 0866125254

http://stesdeneckers.blogspot.com




No comments:

Post a Comment