Postings

Wednesday 24 October 2012

Die Psalms - Liedboek of Profesie



Die Psalms - Liedboek of Profesie

Die voorafskaduwing van die Psalms

                                                                                             Stes de Necker


Die Boek Psalms word algemeen gesien as ʼn versameling van 150 poëtiese gedigte.  Wanneer ons dit egter van nader beskou, veral in die lig van die Nuwe Testament, dan kom ons agter dat die Psalms ʼn rykdom voorafskaduwing (prefigurasie) van gebeure wat nog sou kom, bevat.

So poëties as wat die Psalms is, vind ons deurgaans die refrein van God se liefde en beskerming van Sy kinders. God sal nie alleen Sy kinders teen die vyand beskerm nie, maar sal ook die vyand verwoes.

Psalms is sekerlik die een boek waarna daar die meeste in die Nuwe Testament verwys word; bykans 100 verwysings of sinspelings. Nie alleen bevat dit van die mooiste poësie nie, maar bied dit ʼn rykdom van inspirasie, motivering, leiding en vertroosting.

Die Psalms is geskryf oor ʼn tydperk van nagenoeg een duisend jaar. Die oudste, Psalm 90, is geskryf ongeveer 1500 v.C. terwyl die jongste, Psalm 126 en 137, ongeveer 560 v.C. tydens die Babiloniese ballingskap, geskryf is.

Net soos die res van die Bybel is die Psalms ook wonderbaarlik deur die Gees van God geïnspireerd. In Handeling 1: 17 sê Petrus: “Broers, die Skrifwoord wat die Heilige Gees tevore by monde van Dawid oor Judas uitgespreek het, moes vervul word.” In Lukas 24: 44 sê Jesus: “Dit is die betekenis van die woorde wat Ek vir julle gesê het toe Ek nog by julle was, naamlik dat alles vervul moet word wat in die wet van Moses en in die profete en psalms oor My geskrywe is.”

Die volle samevatting van die geboorte, lewe, kruisiging en hemelvaart van Jesus, word in die psalms beskryf. Hy sou beide Goddelik en mens wees (Ps. 45: 6-7). Hy sou verraai word (Ps. 69: 25) en gekruisig word (Ps. 22: 1-31). Hy sou opstaan uit die graf (Ps. 16: 10) en sou opvaar na die Hemel, waar Hy as koning sal heers (Ps. 110: 1-7)

Die volgende 42 uittreksels is maar enkele voorbeelde van die heenwysings (sinspelings) van die Psalms in die Nuwe Testament. 




Ps. 2:1-2
Waarom is daar onrus onder die volke, waarom smee die nasies planne – en dit tevergeefs?
:2 Die konings van die aarde is in opstand, die leiers span saam teen die Here en teen sy gesalfde en sê:

Hand. 4: 26

Die konings van die aarde het in opstand gekom, en die heersers het saamgespan teen die Here en teen sy Gesalfde.


Ps. 5:10
Niks wat hulle sê, is waar nie; al waaraan hulle dink, is my ondergang; hulle vlei my, maar hulle wil my in die graf laat beland.

Rom. 3: 13

“Hulle keel is 'n oop graf, met hulle tonge bedrieg hulle. Oor hulle lippe kom woorde so giftig soos slange,

 Ps. 8: 5-7
wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien? 
:6 U het hom net 'n bietjie minder as 'n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon,


:7 U laat hom heers oor die werk van u hande, U het alles aan hom onderwerp:



Hebr. 2: 8
U het alles aan hom onderwerp.” By die onderwerping van alle dinge aan die mens is niks uitgesluit nie. Alles is aan hom onderwerp. Nou sien ons nog nie dat alle dinge reeds aan die mens onderwerp is nie.


Ps. 8:7

U laat hom heers oor die werk van u hande, U het alles aan hom onderwerp:


1 Kor. 15: 27

Daar staan immers geskrywe: “Alles het Hy aan Hom onderwerp.” Maar as die Skrif sê dat alles aan Christus onderwerp is, is dit duidelik dat die Vader wat alles aan Hom onderwerp het, uitgesonder is.


Ps. 10:7
Hy lê 'n vloek op almal, hy onderdruk en bedrieg, hy bedink onheil en onreg.

Rom. 3: 14
hulle mond is vol vervloeking en bitterheid.


Ps. 14:2

Van die hemel af kyk die Here die mense deur om te sien of daar één verstandige is, één wat na die wil van God vra.

Rom. 3: 11
… daar is nie een wat verstandig is nie; daar is nie een wat na die wil van God vra nie.


U gee my nie oor aan die dood nie. U laat u troue dienaar nie in die graf kom nie.



Daarom het hy die opstanding van die Christus vooruit gesien en gesê: “Hy is nie aan die doderyk oorgelaat nie, en sy liggaam het nie vergaan nie.


Ps. 16:11
U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is.


Hand. 2: 28
U het my die paaie van die lewe geleer; u teenwoordigheid sal my met vreugde vul.








My God, my God, waarom het U my verlaat en bly U ver as ek om hulp roep?

Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eli, Eli, lemá sabagtani?” Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?

Ps. 22:2
My God, my God, waarom het U my verlaat en bly U ver as ek om hulp roep?

Mark. 15: 34
Om drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eloï, Eloï, lemá sabagtani?” Dit beteken: My God, my God, waarom het U My verlaat?



Ek is so min werd soos ‘n potskerf, my tong kleef aan my verhemelte, U laat lê my asof ek dood is.

                         Gal. 3: 13                         
Christus het ons losgekoop van die vloek wat die wet meebring, deur in ons plek ‘n vervloekte te word. Daar staan naamlik geskrywe: “Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout opgehang is.”


Ps. 24:1

'n Psalm van Dawid. Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here,



1 Kor. 10: 26
… “want die aarde met alles wat daarop is, behoort aan die Here.”


Ps. 31:6
In u hande gee ek my lewe oor, want, Here, troue God, U het my vrygemaak.

Hebr. 23: 46
Jesus het hard uitgeroep: “Vader, in u hande gee Ek my gees oor.” Na hierdie woorde het Hy die laaste asem uitgeblaas.


Ps. 34:13-17
As iemand die lewe lief het en ‘n lang lewe begeer om die goeie te geniet,
:14 moet hy sy tong weerhou van kwaadpraat en sy lippe van leuens.
:15 Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, soek vrede en jaag dit na!
:16 Die Here sorg vir die regverdiges en luister na hulle hulpgeroep.
:17 Maar Hy tree op teen dié wat kwaad doen en vee selfs die herinnering aan hulle van die aarde af.


1 Petr. 3: 12
Die Here sorg vir die opregtes en luister na hulle hulpgeroep, maar Hy tree op teen dié wat kwaad doen.”


Ps. 35:19 Moenie dat hulle wat sonder rede my vyande is, hulle verlustig in my leed nie. Moenie dat dié wat my sonder aanleiding haat, hulle verlustig in my leed nie.

Joh. 15: 25
Maar die woorde wat in die Skrif geskrywe staan, moet vervul word: ‘Hulle het My sonder rede gehaat.’


Ps. 45:7-8

U troon, verhewe wese, staan vir altyd vas, met u koninklike septer laat u geregtigheid geskied.
U het die reg lief en u haat die onreg, want, verhewe wese, onder groot vreugde het u God u bo u tydgenote tot koning gesalf.


Efe. 1: 9
U het die reg lief en U haat die onreg. Daarom het God, u God, U onder groot vreugde tot Koning gesalf bo u tydgenote.”


Ps. 50:12
Ek sou jou nie vra as Ek honger sou kry nie, want die aarde en alles wat daarop is, behoort aan My.

1 Kor. 10: 26
… “want die aarde met alles wat daarop is, behoort aan die Here.”


Ps. 50: 89
Aan U behoort die hemel, aan U behoort ook die aarde, die wêreld en alles daarin. U het alles gemaak.

1 Kor. 10: 26
… “want die aarde met alles wat daarop is, behoort aan die Here.”

Ps. 69:5

Dié wat my sonder rede haat, is meer as die hare op my kop. Dié wat my vir altyd wil stilmaak, is sterk. My vyande dwing my met vals beskuldigings om af te gee wat ek nie geroof het nie.
Joh. 15: 25
Maar die woorde wat in die Skrif geskrywe staan, moet vervul word: ‘Hulle het My sonder rede gehaat.’





Ps. 69:10
Omdat ek u huis lief het, moet ek ly; die beledigings teen U het ook vir my getref.

Mark. 2: 17
Toe het sy dissipels daaraan gedink dat daar geskrywe staan: “Die liefde vir u huis verteer my.”



Ps. 69:10
Omdat ek u huis lief het, moet ek ly; die beledigings teen U het ook vir my getref.
Rom. 15: 3
Christus het immers ook nie aan Homself gedink nie, inteendeel. Dit was met Hom soos daar geskrywe staan: “Die beledigings waarmee mense U beledig, het op My neergekom.”






Beledigings het my gebreek, ek is gedaan. Ek het gehoop op meegevoel, maar tevergeefs, op mense om my te troos, maar daar was nie een nie.


Matt. 27: 34, 48
Daar het hulle Hom ‘n mengsel van wyn en gal gegee om te drink, maar toe Hy dit proe, wou Hy dit nie drink nie.
Een van hulle hardloop toe gou, vat ‘n spons en maak dit vol suur wyn en hou dit op ‘n stok vir Hom om te drink.

Ps. 69:23
Laat hulle feeste hulle tot 'n val bring en hulle offermaaltye hulle ondergang wees.
Ps. 69: 24
Laat hulle stokblind word, laat hulle gebreklik word


Rom. 11: 10
Mag hulle oë verduister word dat hulle nie sien nie; en buig hulle rug vir altyd krom.”


Ps. 78:2
Ek gaan 'n gedig voordra, ek gaan julle inlei in geheimenisse uit die verre verlede.


Matt. 13: 35

So moes vervul word wat die Here deur 'n profeet gesê het: “Ek sal gelykenisse gebruik as Ek praat; Ek sal bekend maak wat geheim gebly het van die skepping af.”


Ek gaan ‘n gedig voordra, ek gaan julle inlei in geheimenisse uit die verre verlede.
Matt. 13: 4
Al hierdie dinge het Jesus vir die mense in gelykenisse geleer, en sonder ‘n gelykenis het Hy hulle niks geleer nie.



Ps. 91:12

Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.
Hebr. 4: 11
“en ook: “Op hulle hande sal hulle jou dra sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.


Ps. 94:11
Die Here ken die gedagtes van die mens, Hy weet dit beteken niks.


1 Kor. 3: 20

… en op 'n ander plek: “Die Here ken die gedagtes van die wyse mense en weet dit beteken niks.”






Ps. 95:7-8

Hy is ons God en ons is sy volk, sy kudde, sy skape, deur sy hand versorg. As julle vandag maar na Hom wou luister:                            

“Moenie hardkoppig wees soos destyds by Meriba, soos die dag by Massa in die woestyn nie,




Hebr. 3: 15
Daarom word daar gesê: “Vandag as julle sy stem hoor, moet julle nie hardkoppig wees nie, soos julle voorvaders toe hulle in opstand gekom het.”


Ps. 95:7-8
Hy is ons God en ons is sy volk, sy kudde, sy skape, deur sy hand versorg. As julle vandag maar na Hom wou luister:
 “Moenie hardkoppig wees soos destyds by Meriba, soos die dag by Massa in die woestyn nie,
Hebr. 4: 7

God het immers weer 'n dag bepaal, naamlik “vandag”, wanneer Hy, soos reeds voorheen aangehaal, soveel later by monde van Dawid sê: “Vandag, as julle sy stem hoor, moet julle nie hardkoppig wees nie.”

Ps. 109:8
Laat sy lewe kort wees en laat 'n ander sy amp oorneem!
Hand. 1: 20
“In die boek van die Psalms staan daar: “Laat sy woonplek leeg word; laat niemand daarin woon nie, “en: “Laat 'n ander sy amp oorneem.


Ps. 110:1
Van Dawid. 'n Psalm. Die Here het vir my heer die koning gesê: “Kom sit aan my regterhand, en Ek sal jou vyande aan jou onderwerp.”

Matt. 26: 64
Jesus antwoord hom: “Dit is soos u sê. Daarby sê Ek vir julle: “Van nou af sal julle die Seun van die mens sien waar Hy aan die regterhand sit van Hom wat magtig is, en julle sal Hom sien kom op die wolke van die hemel.”


Ps. 110: 1

Van Dawid. ‘n Psalm. Die Here het vir my heer die koning gesê: “Kom sit aan my regterhand, en Ek sal jou vyande aan jou onderwerp

              
  Hebr. 1: 3                          
Uit Hom straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God. Hy hou alle dinge deur sy magswoord in stand. Nadat Hy die reiniging van sondes bewerkstellig het, het Hy gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoë hemel.



Ps. 110:1
Van Dawid. 'n Psalm. Die Here het vir my heer die koning gesê: “Kom sit aan my regterhand, en Ek sal jou vyande aan jou onderwerp.”

Hebr. 20: 43
… totdat Ek jou vyande aan jou onderwerp het.







Ps. 110:4
Die Here het 'n eed afgelê en Hy sal dit nie herroep nie: “Jy sal altyd priester wees in die priesterorde van Melgisedek.”



Hebr. 7: 21
maar Jesus met 'n eed deur God, wat vir Hom gesê het: “Die Here het dit met 'n eed bevestig en Hy sal dit nie herroep nie: ‘Jy is priester vir ewig.’



Ps. 112:9
Hy gee mildelik vir die armes. Wat hy doen, is reg en blywend. Hy geniet hoë aansien.



2 Kor. 9: 9
Daar staan ook geskrywe: “Hy deel uit en gee aan die armes; hy bly altyd vrygewig.”


Ps. 116:10
Ek het in U bly glo, selfs toe ek gedink het dit is klaar met my
2 Kor. 4: 13
Daar staan in die Skrif: “Ek het geglo, daarom het ek gepraat.” Ons het dieselfde Gees wat die geloof wek, en ons glo, daarom praat ons ook.


Ps. 117:1
Prys die Here, alle nasies, loof Hom, alle volke,



Rom. 15: 11

En: “Prys die Here, alle nasies! Loof Hom, alle volke!”




Ps. 118:6

Die Here is by my, ek ken geen vrees nie; wat kan 'n mens aan my doen? Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan.
Hebr. 13: 6
Daarom kan ons met vertroue sê: “Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan 'n mens aan my doen?”



Ps. 118:26 
Prys hom wat in die Naam van die Here kom! Ons seën julle uit die huis van die Here.

Matt. 21: 9
Die mense wat voor Jesus geloop het en dié wat agter Hom aan gekom het, het begin uitroep: “Prys die Seun van Dawid! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom! Prys Hom in die hoogste hemel!”


Ps. 118:26
Prys hom wat in die Naam van die Here kom! Ons seën julle uit die huis van die Here.

Hebr. 13: 35

Kyk, nou word julle stad aan julleself oorgelaat. Maar Ek sê vir julle: Julle sal My sekerlik nie sien nie totdat die dag kom wanneer julle sal uitroep: Loof Hom wat in die Naam van die Here kom! ”

Ps. 140:4
Hulle tonge is so giftig soos slange, hulle woorde so venynig soos adders. Sela

Rom. 3: 13

“Hulle keel is 'n oop graf, met hulle tonge bedrieg hulle. Oor hulle lippe kom woorde so giftig soos slange,

No comments:

Post a Comment