Postings

Tuesday 23 October 2012

Twee Duisend Jaar van Joodse Vervolging.



Twee duisend jaar van joodse vervolging



Betekenis wat die vervolging van die Jode vir die Christendom inhou

                                                                                                 Stes de Necker


 1. Die vervolging van die Jode sedert die kruisiging van Jesus

Die Evangelie van Jesus (Sy lewe op aarde), is streng gesproke nog ʼn stuk Ou Testamentiese geskiedenis!  Die Ou Verbond (Testament) eindig (is “volbring”) eers toe Jesus Sy laaste asem aan die kruis op Golgota uitblaas. Onmiddellik hiérna, begin die Nuwe Verbond (Testament)

Toe Jesus gevolglik in Sy profetiese rede op die Olyfberg gesê het: “Dit verseker Ek julle: Nog in die leeftyd van hierdie geslag sal dit alles gebeur.” (Matt. 24: 34), was hierdie profesie in werklikheid ʼn heenwysing na die Nuwe Verbond tyd.

Sewentig jaar na Christus se kruisiging verwoes die Romeinse leër die Tempel van die Jode in Jerusalem, presies soos Jesus dit voorspel het (Matt. 24: 2), en die vervolging van die Jode, onder die Nuwe Verbond, begin.

70 n.C.  Die Romeinse leër verwoes Jerusalem, vermoor meer as een miljoen Jode, neem nagenoeg 100,000 gevange as slawe en verban talle Jode na ander dele van die Romeinse reik.

115-117: Jode in Ciprus, Sirene Egipte en dele van Mesopotamië, kom in opstand teen die Romeinse Reik in wat bekend staan as die Kitos oorlog. Die Romeinse soldate onderdruk egter die opstand, maar honderde duisende Jode verloor hulle lewens.

132: Bar Kochba lei ʼn mislukte opstand teen die Romeinse Reik. Nagenoeg half miljoen Jode sterf in die opstand en duisende word as slawe gevange geneem. Judaïsme word nie meer erken as ʼn wettige godsdiens nie.

135: Die eintlike vervolging van die Jode deur Rome begin. Besnydenis word verbied, en so ook die lees van die Torah. ʼn Tempel ter ere van die Romeinse afgod Jupiter word op die temple-heuwel in Jerusalem opgerig, en ʼn tempel ter ere aan Venus word  op Golgota opgerig.

200: Keiser Severus van Rome verbied die aanneming van die Joodse geloof.

306: Die sinode van Elvira verbied geslagsomgang, huwelike en sosiale kontak tussen Christene en Jode.

315: Keiser Konstantyn publiseer die Edik van Milaan en Jode word talle regte en voordele ontsê. Jode is nie langer toegelaat om in Jerusalem te woon nie en is verbied om enige mens te oorreed om die Joodse geloof aan te neem. Alle sendingwerk word verbied.

325: Die sinode van Nicéa besluit om die viering van Paasfees te skei van die Joodse Paasfees. In die besluit sê die sinode: “For it is unbecoming beyond measure that on this holiest of festivals we should follow the customs of the Jews. Henceforth let us have nothing in common with this odious people...We ought not, therefore, to have anything in common with the Jews...our worship follows a...more convenient course...we desire dearest brethren, to separate ourselves from the detestable company of the Jews...How, then, could we follow these Jews, who are almost certainly blinded."

337: Keiser Konstantyn van Rome vaardig ʼn wet uit wat huwelike tussen Jode en Christene met die dood strafbaar maak.

339: Aanneming van die Joodse geloof word ʼn kriminele oortreding.

343-381: Die sinode van Laodicea neem die volgende besluit: “It is not lawful [for Christians] to receive unleavened bread from the Jews, nor to be partakers of their impiety.”

367-376:  St. Hilary van Pontiefers verwys na Jode as ʼn perverse volk wat tot in ewigheid deur God vervloek is. In dieselfde tyd verwys St. Ephroem na die joodse sinagoges as bordele.

379-395: Keiser Theodosius die Grote van Rome keur die verwoesting van Joodse sinagoges wat vir godsdienstige redes gebruik is, goed. Die Christelike geloof word die amptelike geloof van die Romeinse Reik.

380: Die biskop van Milaan, wat vir die afbrand van die sinagoges verantwoordelik was, verwys na sy optrede as: “an act pleasing to God."

415: Die biskop van Alexandrië, St. Cyril, verban Jode uit Alexandrië en in dieselfde jaar verklaar St. Augustinus: "The true image of the Hebrew is Judas Iscariot, who sells the Lord for silver. The Jew can never understand the Scriptures and forever will bear the guilt for the death of Jesus."

418: St. Jerome, wat die Katolieke vertaling van die Bybel (Vulgaat) geskryf het, skryf oor die Joodse sinagoges die volgende: "If you call it a brothel, a den of vice, the Devil's refuge, Satan's fortress, a place to deprave the soul, an abyss of every conceivable disaster or whatever you will, you are still saying less than it deserves."

489-519: Christen bendes verwoes die sinagoges in Antioch Daphne (naby Antiochië) en Ravanna.

528: Keiser Justinianus vaardig die Justiniaanse kode uit. Hierdie kode verbied die oprigting van sinagoges, die lees van die Bybel in Hebreeus, samekoms van Jode in openbare plekke en die viering van Paasfees op die tyd wat die Jode normaalweg Paasfees gevier het. Jode word nie toegelaat om teen ʼn Christen in ʼn hof te getuig nie.

535: Die sinode van Claremont verklaar dat: "Synod of Claremont decreed that Jews could not hold public office or have authority over Christians."

538: Die derde en vierde Rade van Orliaans verbied Jode om gedurende Paasfees in die openbaar te verskyn ("From the Thursday before Easter for four days, Jews may not appear in the company of Christians." ) Huwelike tussen Jode en Christene word verbied en Christene word verbied om die Joodse geloof aan te neem. 

561: Die biskop van Uzes verban Jode uit sy gemeente (diocese) in Frankryk.

612: Jode word verbied om grond te besit of om te boer. Sekere beroepe word ook verbode vir die Jode.

613: In Spanje word Jode uit die land verban tensy hulle bereid is om na die Christendom oor te skakel. Joodse kinders ouer as ses jaar word met geweld van hulle ouers verwyder en grootgemaak in die Christelike geloof.

692: Die Raad van Quinisext besluit dat: "Let no one in the priestly order nor any layman eat the unleavened bread of the Jews, nor have any familiar intercourse with them, nor summon them in illness, nor receive medicines from them, nor bathe with them; but if anyone shall take in hand to do so, if he is a cleric, let him be deposed, but if a layman, let him be cut off."

694: Jode word as die bediendes van die prins beskou.

722: Leo III verbied Judaïsme en Jode word teen hulle wil in die Christelike geloof gedoop.

855: Jode word uit Italië verban.

1010: Die biskop van Limoges, Frankryk, laat Jode wat hulle nie tot die Christelike geloof bekeer nie, verban of om die lewe bring. 

1050: Die sinode van Narbonne verbied dat Christene in huise van Jode mag bly.

1078: Pous Gregory VII verbied Jode om posisies van gesag oor Christene te beklee.

1078: Die sinode van Gerona forseer Jode om kerkbelasting aan die katolieke kerk te betaal.

1096: Die kruistogte begin en alhoewel die bedoeling was om Jerusalem van Muslims te bevry, word die Jode die sekondêre teiken.  "Christ-killers, embrace the Cross or die!" word die bekende kreet. 12,000 Jode is in die eerste kruistog in die Rhyn Vallei vermoor. Hierdie moorde het aangehou tot en met die negende kruistog in 1272.

1099: Jode word deur die kruisvaarders in ʼn sinagoge geforseer en word saam met die sinagoge verbrand.

1130: In London word die Jode beskuldig van die dood van ʼn pasiënt en word geforseer om een miljoen Duitse Mark aan dié stad te betaal as vergoeding.

1146: Die tweede reeks kruistogte begin en die Franse monnik Rudolf eis die vernietiging van alle Jode in Europa.

1179: Die Derde Lateraanse Raad verklaar dat: "Jews should be slaves to Christians and at the same time treated kindly due of humanitarian considerations." … "the testimony of Christians against Jews is to be preferred in all causes where they use their own witnesses against Christians."

1180: Die Franse koning, Philip Augustus, lê beslag op alle Joodse vaste eiendom en verban die Jode uit Frankryk.

1189: Jode word in Engeland vervolg. Die Koning van Engeland lê beslag op alle Joodse eiendom en meeste van die Jode se huise word afgebrand.

1205: Pous Innocent III skryf aan die Aartsbiskoppe van Sens en Parys dat: "the Jews, by their own guilt, are consigned to perpetual servitude because they crucified the Lord. As slaves rejected by God, in whose death they wickedly conspire, they shall by the effect of this very action, recognize themselves as the slaves of those whom Christ's death set free..."

1215: Die Vierde Lateraanse Raad aanvaar ʼn wet wat alle Jode en Muslims verplig om spesiale klere te dra. Hulle moes ook ʼn sirkelvormige kenteken dra om hulle van Christene te onderskei.

1227: Die sinode van Narbonne vereis dat Jode ʼn ovaal kenteken dra.

1229: Die Spaanse Inkwisisie begin en in 1252 keur pous Innocent IV goed dat inkwisiteurs marteling mag gebruik om inligting te bekom.

1236: Pous Gregory beveel kerkleiers in Engeland, Frankryk, Portugal en Spanje om alle Joodse boeke te konfiskeer.

1259: Die sinode van Mainz beveel alle Jode om geel kentekens te dra.

1261: Die Graaf van Brabant, Henry III sê in sy testament: "Jews...must be expelled from Brabant and totally annihilated so that not a single one remains, except those who are willing to trade, like all other tradesmen, without money-lending and usury."

1267: Die sinode van Wenen beveel Jode om “horned hats” te dra.

1290: Jode word uit Engeland verban. Nagenoeg 16,000 Jode verlaat die land.

1298: Jode word in Oostenryk, Bavaria en Frankryk vervolg. 140 Joodse gemeenskappe word verwoes en meer as 100,000 Jode word oor ʼn tydperk van ses maande om die lewe gebring.

1306: Jode word uit Frankryk verban. 100,000 Jode verlaat die land met slegs die klere aan hulle liggame en net genoeg kos vir een dag.

1320: 40,000 Franse ruk op na Palestina in die sogenaamde “Shepard Crusade”. Op pad word sowat 140 Joodse gemeenskappe verwoes.

1320: In Guinee Frankryk word die Jode daarvan beskuldig dat hulle verantwoordelik was vir die vergiftiging van waterputte en 5,000 Jode sterf op brandstapels.

1347: Die Swart Pes breek uit in die verre ooste en versprei vinnig na Europa. In vyf jaar beloop die sterftesyfer reeds 25 miljoen mense. Toe daar vasgestel word dat minder Jode aan die pes sterf ( hoofsaaklik weens hulle streng dieet en sanitêre gewoontes) word die Jode daarvan beskuldig dat hulle deur satan beskerm word. Die oplossing was om die Jode te vermoor. In Bavaria sterf 12,000 Jode; in die dorpie Efrut … 3000; in Rue Brufïe … 2000; in Strausburg … 2,000; in Maintz … 6,000 en in Worms ... 400.

1354: 12,000 Jode word in Toledo tereggestel.

1374: Jode word beskuldig van die epidemie wat in 1374 in Nederland en Duitsland uitbreek en tienduisende Jode word gemartel en tereggestel.

1391: Die vervolging van Jode begin in Seville in Spanje. 70 Joodse gemeenskappe in dié land word vernietig.

1394: Jode word vir die tweede keer uit Frankryk verban.

1431: Die Raad van Basel besluit dat: "forbid Jews to go to universities, prohibit them from acting as agents in the conclusion of contracts between Christians, and require that they attend church sermons."

1434: Joodse mans in Augsburg word verplig om geel knope aan hulle klere te werk en dwarsdeur Europa is Jode verplig om lang onderklere en jasse te dra.

1453: Die Franciskaanse monnik Capistrano oorreed die koning van Pole om alle menseregte van Jode op te hef.

1492: In Spanje word Jode die keuse gegee om óf as Christene gedoop te word óf om uit Spanje verban te word. 300,000 Jode verlaat Spanje sonder enige geld of besittings.

1497: Jode word uit Portugal verban. 20,000 verlaat die land.

1523: Martin Luther skryf sy artikel "That Jesus Was Born a Jew. " en spreek die hoop uit dat groot getalle Jode hulle tot die Christendom sal bekeer. Die Jode reageer egter nie soos hy gehoop het nie en Luther begin ʼn haat veldtog teen die Jode.

1540: Jode word uit Napels verban.

1543: Teleurgesteld in die Jode se weiering om hulle tot die Christendom te bekeer,
ontwikkel Luther ʼn haat vir die Jode. In ʼn brief aan die priester Spalatin, skryf hy:
"I have come to the conclusion that the Jews will always curse and blaspheme God and his King Christ, as all the prophets have predicted....For one who is incorrigible is rendered worse rather than better by correction."

In 1543, skryf Luther in sy boek: "On the Jews and their lies, On Shem Hamphoras" "...eject them forever from this country. For, as we have heard, God's anger with them is so intense that gentle mercy will only tend to make them worse and worse, while sharp mercy will reform them but little. Therefore, in any case, away with them!...What then shall we Christians do with this damned, rejected race of Jews?
First, their synagogues or churches should be set on fire,...
Secondly, their homes should likewise be broken down and destroyed... They ought to be put under one roof or in a stable, like Gypsies.
Thirdly, they should be deprived of their prayer books and Talmuds in which such idolatry, lies, cursing and blasphemy are taught.
Fourthly, their rabbis must be forbidden under threat of death to teach any more...
Fifthly, passport and traveling privileges should be absolutely forbidden to the Jews..
Sixthly, they ought to be stopped from usury. All their cash and valuables of silver and gold ought to be taken from them and put aside for safe keeping...
Seventhly, let the young and strong Jews and Jewesses be given the flail, the axe, the hoe, the spade, the distaff, and spindle and let them earn their bread by the sweat of their noses as in enjoined upon Adam's children...
To sum up, dear princes and nobles who have Jews in your domains, if this advice of mine does not suit you, then find a better one so that you and we may all be free of this insufferable devilish burden - the Jews."

1550: Jode word verban uit Wene.

1555: In Rome word Jode verplig om in ghettos te leef en om kentekens te dra. Jode is nie toegelaat om eiendom buite die ghetto te besit nie. 3,000 Jode word gedwing om in ʼn gebied van nagenoeg 8 akkers te leef.

1582: Jode word verban uit Holland.

1648-1649: Chmielnicki Bogdan lei ʼn opstand teen die Poolse oorheersing in die Ukraïne. Sy tweede oogmerk was om alle Jode in die land uit te wis. Nagenoeg 100,000 Jode en altesaam 300 Joodse gemeenskappe word uitgewis.

1873: Die term “antisemitisme” (antisemitism)word vir die eerste gebruik in ʼn publikasie van Wilhelm Marr (League of Antisemites) genaamd "Der Sieg des Judenthums über das Germanenthum von nicht confessionellen Standpunkt

1881: Die Jode word blameer vir die moord op Alexander II van Rusland. Nagenoeg 200 individuele strooptogte gemik teen die Jode volg en duisende Jode word verarmd en dakloos gelaat.

1893: Anti-Semitiese partye wen sestien setels in die Duitse parlement (Reichstag)

1903: Tydens Paasfees word die Jode geblameer vir die dood van ʼn Christen dogtertjie en die selfmoord van ʼn jong vrou in ʼn Joodse hospitaal. In die opstand wat volg is 49 Jode vermoor, 500 beseer, 700 huise verwoes, 600 besighede vernietig en 2000 Joodse families word dakloos gelaat.

1915: 600,000 Jode word gedwonge verskuif vanaf die westelike grens van Rusland na die Russiese binneland. 100,000 sterf van uitputting en blootstelling.

1917: "In the civil war following the Bolshevik Revolution of 1917, the reactionary White Armies made extensive use of the Protocols to incite widespread slaughters of Jews." 200,000 Jode is in die Ukraine vermoor.

1920: Die Duitsers blameer die Jode vir die feit dat hulle Wêreldoorlog I verloor het.

1925: Hitler publiseer sy boek “Mein Kampf” en skryf: "Today I believe that I am acting in accordance with the will of the Almighty Creator: by defending myself against the Jew, I am fighting for the work of the Lord.”   Charles E Cloughlin van die Katolieke kerk in die VSA verklaar dat Hitler se optrede teen die Jode geregverdig is in die stryd teen Kommunisme. 

1933: Adolf Hitler kom aan bewind. Twee jaar later word Jode nie langer as Duitse burgers erken nie. Jode is verbied om poste in die staatsdiens, regsprofessie en universiteite te beklee. Jode was ook nie toegelaat om as onderwysers te kwalifiseer nie en was verbied om redakteurs van enige nuusblaaie te wees.

1934: ʼn Wye verskeidenheid wette word aangeneem om Jode uit skole en professionele beroepe te dwing.

1935: Die Nuremberg Wette word aangeneem wat burgerskap beperk tot "German or related blood." Jode word staatsloos gelaat.

1936: Kardinaal Hloud van Pole dring aan op die boikot van alle Joodse ondernemings.

1938: Op 9 November stuur Hitler stormtroepe, die Duitse SS en die Hitler Jeug op ʼn strooptog van Joodse besighede. 91 Jode is gedood, 177 sinagoges is verbrand, en 7500 Joodse besighede verwoes. Hierdie strooptog sou later bekend staan as die  Nag van Gebreekte Glas. (Kristallnacht)

1938: Hitler beveel dat elke Jood ʼn geel “Ster van Dawid”, as kenteken moet dra.

1939: Die uitwissing van die Jode (Holocaust) begin. Teen 1945, met die einde van Wêreldoorlog II is nagenoeg 6 miljoen Jode, waarvan 1.5 miljoen kinders was, deur die Duitsers vermoor. Jode is in die strafkampe van  Auschwitz, Dacau, Sobibor, Treblinka en ander met sianied gas om die lewe gebring, terwyl ander doodgeskiet of op toe-trokke met koolstof monoksied versmoor is.

1940: Die Vichy regering van Frankryk werk saam met die Duitse Nazi’s en bevries nagenoeg 80,000 Joodse bankrekenings. Oor die volgende vier jaar deporteer die Franse nagenoeg 76,000 Jode na die Duitse strafkampe. Eers in 1995 erken Presedent Jacques Chirac van Frankryk dat: “… the state bore a heavy share of responsibility in the mass round-ups and deportations of Jews, as well as in the property and asset seizures that were carried out with the active help of the Vichy regime."

1941: 13,000 Jode sterf in Bucharest Roemenië op bevel van die pro-Nazi  regering van Antonescu.

1946: Alhoewel Wêreldoorlog II in 1945 tot ʼn einde gekom het, het die uitmoording van die Jode, veral in Pole, steeds voortgeduur.
Bron: Religious Tolerance.org


Statistieke: Jode wat in die menseslagting van W.O.II gesterf het
Land
Aanvanklike Joodse populasie
Beraamde aantal vermoor
Getal vermoor
Getal oorlewendes
Pole
3,300,000
91%
3,000,000
300,000
Rusland
3,020,000
36%
1,100,000
1,920,000
Hongarye
800,000
74%
596,000
204,000
Duitsland
566,000
36%
200,000
366,000
Frankryk
350,000
22%
77,320
272,680
Roemenië
342,000
84%
287,000
55,000
Oostenryk
185,000
35%
65,000
120,000
Letland
168,000
85%
143,000
25,000
Holland
140,000
71%
100,000
40,000
Morawië
118,310
60%
71,150
47,160
Latwië
95,000
84%
80,000
15,000
Slowakye
88,950
80%
71,000
17,950
Yugoslawië
78,000
81%
63,300
14,700
Griekeland
77,380
87%
67,000
10,380
België
65,700
45%
28,900
36,800
Italië
44,500
17%
7,680
36,820
Bulgarye
50,000
0%

50,000
Denemarke
7,800
.8%
60
7,740
Estland
4,500
44%
2,000
2,500
Luxemburg
3,500
55%
1,950
1,550
Finland
2,000
.03%
7
1,993
Noorweë
1,700
45%
762
938
Totaal
9,508,340
63%
5,962,129
3,546,211




  ʼn Joodse Rabbi  word  gedwing om te bid by die lyke van Jode wat deur die Duitsers tereggestel is.
                       
                                                               
2. Betekenis wat die vervolging van die Jode vir die Christene van vandag inhou.

Sedert 70 n.C. het ʼn iedere en elke verskynsel waarna Jesus in Sy profetiese rede op die Olyfberg verwys het, reeds plaasgevind. Die antichris bestaan alreeds sedert die koms van Jesus Christus! Dit wil selfs voorkom of God lank reeds Sy uitverkore volk geheel en al verwerp en verlaat het, want nog nooit in die geskiedenis van die mensdom was daar ʼn volk wat, terwille van hulle geloof, oor so ʼn lang  tydperk, so vervolg, mishandel en uitgemoor is nie. Sedert die jaar 70 n.C. het daar, met die uitsondering van net twee eeue (900 -990 n.C. en 1700 – 1799 n.C.),  nie ʼn enkele eeu verbygegaan wat die Jode nie gewelddadig vervolg en uitgemoor is nie.

Die tragiese hiervan is dat 98% van al hierdie gruweldade deur sogenaamde Christene gepleeg is! (ʼn Mens kan verstaan hoekom Mahatma Ghandi gesê het dat hy maklik sou kon oorskakel na die Christendom, as dit net nie was vir daardie volgelinge van Christus nie!)

Die wonderbaarlike hiervan is dat die Jode vandag die enigste volk ter wêreld is, wat sedert die Ou Testamentiese tyd, hulle eie identiteit behou het en nog altyd in dieselfde land woon wat God aan hulle, bykans 3500 gelede, gegee het! 

In Rom.11 vra Paulus “Het God dan nie tog Sy volk verstoot nie?” en “Het Israel se struikeling hulle finale val beteken?” Maar dan in Rom. 11: 25 sê Paulus: “Ons staan hier voor ʼn geheimenis, broers, en ek wil hê julle moet weet wat dit is, sodat julle nie te selfversekerd sal wees nie. Die verharding het oor ʼn deel van Israel gekom en duur totdat die volle getal uit die heidennasies in die koninkryk ingegaan het; en op hierdie manier sal die hele Israel gered word.” En verder in vers 29: “As God eenmaal aan mense Sy genadegawes geskenk en hulle geroep het, trek Hy dit nooit weer terug nie.”

GOD HET ALMAL AAN DIE ONGEHOORSAAMHEID OORGEGEE, SODAT HY HOM OOR ALMAL KAN ONTFERM. (Rom. 11: 32)   

Paulus se boodskap is duidelik: Ons (nie-Jode) het ons redding te danke aan die verharding wat oor Israel gekom het en, soos vir ons, sal God die Jode ook weer red. God het nie Sy uitverkore volk afgeskryf nie!  (Lees gerus maar weer Rom. 9: 30 tot Rom. 11: 36)

In Sagaria 10: 8 staan daar: “Ek sal vir hulle fluit en hulle bymekaarmaak. Ja, Ek gaan hulle red, en hulle sal net so baie wees as tevore. (Die enigste plek in die Bybel wat sê God kan fluit!)

Daarom antwoord Paulus ook in Rom. 11: 11 op die vraag: “Het Israel se struikeling hulle finale val beteken?” met:  “Beslis nie!”

Die feit dat ons nou ook deel van God se verbondsvolk is, is gevolglik geen rede tot selfverheffing nie, maar eerder rede tot innige dankbaarheid en geloof in Jesus Christus.

Anti-semitisme, wat bloot op grondslag van geloof berus, behoort vir elke Christen gelowige rede tot ernstige vermaning te wees. Die eeue-oue vervolging van die Jode moet eerder vir elkeen ʼn les wees van hoe ernstig God oor ongehoorsaamheid is, en hoe groot Sy goedheid en genade vir ons as gelowige, nie-Jode, is.

In Rom. 2: 1 vermaan Paulus “… mense wat die waarheid deur hulle ongeregtigheid probeer onderdruk …” wanneer hy vir hulle sê: “Daarom is daar vir jou geen verontskuldiging nie, vir jou, mens wat ʼn ander veroordeel, wie jy ook al is.” en verder in vers 3 staan daar: “… verbeel jy jou dat jy aan die oordeel van God sal ontkom?” (eie onderstreping)

Vir almal wat deesdae so gretig deelneem aan die vlaag anti-semietiese propaganda in groot dele van die Midde Oosterse wêreld, en onder andere ook in Suid Afrika, hou Paulus se brief aan die gelowiges in Rome, ʼn baie ernstige waarskuwing in. Die Jode is nog altyd God se uitverkore volk!  (Lees maar Rom. 11: 28)

Aangesien ons verlossing en redding bloot  onverdiende  genade is, het ons nie die reg om enige mens op grond van sy of haar geloof, te veroordeel nie!  Ons het niks om oor te roem nie.                                                                                                    


Die vervolging van die Jode as voorloper van die koms van Jesus

In Matt. 24: 14 sê Jesus: “En hierdie evangelie van die koninkryk sal in die hele wêreld verkondig word, sodat al die nasies die getuienis kan hoor. Eers dan sal die einde kom.”

Volgens skatting van die “World Christian Database” van 1990 tot 2000, groei die Christendom (wêreldwyd) jaarliks met sowat 25,210,195 nuwe volgelinge (1.36%), terwyl Judaïsme toeneem met nagenoeg 124,515 (.91%) nuwe volgelinge per jaar. Volgens die WCD was daar in die jaar 2000 ʼn geskatte 2 biljoen Christene wêreldwyd (33% van die wêreldbevolking). Volgens skatting sal die Christendom teen die jaar 2025 nagenoeg 33.4% van die wêreldbevolking (3 biljoen mense) beloop.

Gemeet teen die gemiddelde internasionale bevolkings-groei koers van 1.41%, wil dit voorkom of die Christendom .05% meer toetredings as die normale aanwas geniet, terwyl Judaïsme, .5% van die normale aanwas, afstaan aan ander gelowe. Hierdie berekening is uiteraard gebaseer op die aanname dat kinders die geloof van hulle ouers sal aanneem.

Daar moet egter in gedagte gehou word dat hierdie gevolgtrekking suiwer teoreties van aard is en beteken geensins dat die uitvloei van die Judaïsme as gevolg van ʼn oorskakeling na die Christendom is nie! Dit dui bloot op die waarskynlikheid dat die Christendom steeds gedy en dat Judaïsme besig is om af te neem.

Godsdienstige statistieke is sekerlik van die mees onbetroubare gegewens wat daar bestaan, hoofsaaklik as gevolg van die sensitiwiteit- en subjektiewe aard daarvan.

Internasionale statistieke oor geloofs-lidmaatskap is verder uiters beperk en om daarby nog veranderlike tendense in die reeds onvoldoende statistieke te probeer vasstel, is amper onmoontlik. 

Volgens die Bybelgenootskap van Engeland, was daar in die jaar 2007 reeds meer as 7.5 biljoen Bybels wêreldwyd versprei. Hierdie syfer sluit nie die talle elektroniese kopieë van die Bybel wat vandag op ons rekenaars, “iPhones” en “BlackBerries” beskikbaar is nie!

Met die wêreldbevolking wat tans op 7 biljoen mense beraam word, beteken dit dat daar, teoreties, vir elke mens op aarde ʼn Bybel bestaan! (Ons weet egter dat as gevolg van ongelykhede in die verspreiding van die Bybel, daar nog talle mense in die wêreld is wat nie Bybels besit nie)   

In Matt. 24: 14 sê Jesus: “En hierdie evangelie van die koninkryk sal in die hele wêreld verkondig word, sodat al die nasies die getuienis kan hoor. Eers dan sal die einde kom.” en (voordat die einde kom) .... die evangelie moet eers aan al die nasies verkondig word.” (Mark. 13: 10).

Tot dusvêr is Die Woord van God  reeds in meer as 2000 tale vertaal en in meer as 97% van alle lande ter wêreld verkondig. 

God fluit reeds geruime tyd vir Sy kinders om hulle bymekaar te maak. Party van ons wíl dit net nie hoor nie!

No comments:

Post a Comment