WAT HET VAN DIE KERK VAN JESUS GEWORD
Stes de Necker
Inleiding
Wanneer die Bybel van
die “kerk” praat verwys dit na die Christelike “gemeentes” of “vergaderings”
waarna in die Ou- en Nuwe Testamente verwys word. Die woord kerk is afgelei van
die Griekse woord “ekklesia” wat “geroepe” beteken.
Wanneer ons egter krities
na die kerk van God vandag kyk, dan wonder ʼn mens onwillekeurig of die kerk wat
ons vandag ken, dieselfde kerk is wat Jesus, byna 2000 gelede, hier op aarde
kom vestig het. Die vraag ontstaan tot watter mate die veranderinge, wat in die
kerk van Jesus oor die laaste twee millennia plaasgevind het, werklik Goddelik
geïnspireerde aanpassings was wat onder leiding van die Heilige Gees gedoen is,
of was daar veranderinge wat bloot as gevolg van sondige ideologieë,
kwaadwillige bedoeling, egosentriese selfbelang of selfs politieke
opportunisme, plaasgevind het.
In Handelinge 8 word
verwys na Simon, die Towenaar van Samaria wat deur Satan gebruik was om die
kerk van God te infiltreer en te ondermyn. Die Samaritane het hom selfs as God
se verkose verteenwoordiger beskou. Maar in Han. 8 : 22-23 sê Petrus vir hom
dat hy hom “in ʼn gal van bitterheid en bande van ongeregtigheid” bevind.
In 60 n.C. skryf Judas, die broer van Jakobus en
Jesus, dat die gelowiges moet stry vir die geloof wat eenmaal oorgelewer is aan
dié wat God vir Hom afgesonder het. In vers 4 sê Judas: “Die rede hiervoor is
dat sekere mense ongemerk julle geledere (kerk) binnegedring het, goddelose
mense wie se veroordeling lank reeds vas staan. Hulle misbruik die genade van
God.” (Woord tussen hakies
eie byvoeging)
Ná Judas waarsku Paulus
die gemeente in Thessalonika: “Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is
al aan die werk.” (2 Tess. 2: 7) en 5 jaar later waarsku hy die Korintiërs in 2
Kor. 11: “… omdat julle so maklik daarmee genoeë neem as iemand ʼn ander Jesus
kom verkondig as wat ons verkondig het…” en verder in verse 13-15 : “Sulke
mense is vals profete; hulle gaan oneerlik te werk deur voor te gee dat hulle
apostels van Christus is. En geen wonder nie! Satan self doen hom voor as ʼn
engel van die lig. Daarom is dit ook nie snaaks dat sy dienaars hulle voordoen
as mense wat die wil van God doen nie.”
Aan die einde van die
1e eeu n.C. skryf ʼn bejaarde apostel Johannes dat hy tydens sy bediening te
make gehad het met dwaalleringe wat wyer verspreid was as in die dae van Judas
en Paulus. In die derde brief van Johannes skryf hy in verse 9 en 10: “Ek het ʼn
briefie aan julle gemeente geskrywe, maar Diotrefes, wat danig daarop gesteld
is dat hy hulle voorganger is, aanvaar nie ons gesag nie. Daarom sal ek die
dinge wat hy doen, ter sprake bring as ek daarheen kom: hy versprei slegte en
vals gerugte oor ons; en asof dit nie genoeg is nie, ontvang hy self ook nie
die medegelowiges nie, en dié wat dit wil doen belet hy en ban hy uit die gemeente.”
Hierdie aanslae op die
kerk van Jesus kon beswaarlik deur die handjie vol apostels en ander oortuigde
gelowiges wat op daardie stadium bestaan het, effektief afgeweer word, en
verskeie dwaalleringe het onder die gemeentes posgevat.
Die eerste eeu n.C.
Een van die grootste
gebeurtenisse in die geskiedenis van die Kerk van Jesus was die verwoesting van
die tempel van God in die jaar 70 n.C. Die
Romeinse leër het die tempel verwoes, net soos wat Jesus in Sy profetiese rede
op die Olyfberg, 40 jaar vroeër voorspel het. Die Israeliete is in ballingskap
weggevoer en as slawe in die Romeinse Ryk versprei.
Baie van die
dwaalleringe wat voorheen verkondig was, het nou vastrap plek in die kerk
gekry. Die Kerk van Jesus het op hierdie stadium grotendeels bestaan uit
afstammelinge van die oorspronklik geslag Christene asook bekeerlinge uit die
vorige heidendom.
Aan die einde van die
eerste eeu n.C. tot en met die begin van die tweede
eeu n.C. het
die Romeinse vervolging van die Jode in alle erns begin. Drakoniese
onderdrukkende wette en belastings is op die Jode afgedwing en enige weerstand
daarteen is met uitwissing en geweld beantwoord. Duisende Jode verloor hulle
lewens in hierdie tyd.
Tweede eeu n.C.
In die tyd 116 – 126
n.C. begin die Romeinse Kerk om hulle aanbiddings dienste op Sondae te hou en
die viering van die jaarlikse Paasfees as ʼn afsonderlike vakansiedag word
afgelas. In die plek daarvan word Paasfees nou op Paassondag met Nagmaal
gevier. Hierdie gebruik word later bekend as die “Romeinse Pase” of te wel die
“Romeinse Pasga” ( Lat. paschalis).
In hierdie tyd
ontwikkel die Gnostisisme as intellektuele lewenstyl tot so ʼn mate dat talle
nuwe teorieë en dogmatiese leerstellings die lig sien. Die Ou Testamentiese
weergawe van die skeppingsgeskiedenis en selfs die aard en wese van die
Goddelike natuur word nie gespaar nie. Gnostici verwerp die skeppings
geskiedenis en die heidense sienswyse oor die inherente kwaadaardigheid van
alle Goddelike skeppinge en die onsterflikheid van die siel, vind beslag in die
Romeinse teologie.
Judaïsme word as ʼn
sekte beskou wat ten alle koste uitgeroei moes word en die Jode word opnuut die
teiken van die Romeinse onverdraagsaamheid met alles en almal wat nie met die
Romeinse ideologieë saamgestem het nie. Dit was juis die gnostistiese siening oor
die onsterflikheid van die siel en die kwaadaardigheid van alle materiële
skeppinge, wat veroorsaak het dat die onvoorwaardelike voldoening aan die
Mosaïese wette nie meer as noodsaaklik beskou is nie. Indien ʼn bepaling van die
wet as onnodig of onvanpas gevind is, is dit bloot verander of afgeskaf.
In 135 n.C. stel die Romeinse Keiser, Hadrianus,
drastiese beperkende wetgewing teen die Jode in en herdoop Jerusalem na “Aelia Capitolina” wat in
werklikheid ʼn samestelling van sy eie naam “Aelius” en die Romeinse afgod
“Jupiter Capitolina” was. In hierdie tyd word Judaïsme, asook enige sosiale
kontak tussen Jode en Christene verbied en selfs met die dood strafbaar gemaak.
Onder die leierskap van Biskop Sixtus, distansieer talle sogenaamde Joodse
Christene hulleself van die res van die Jode wat nie die teologie van die
Romeinse Kerk kon aanvaar nie.
In hierdie tyd tree
daar veral twee, 2e eeuse, teoloë na vore, wat ʼn groot rol in die verdere
ontwikkeling van die kerk sou speel, naamlik Justinianus (95-167 n.C.) en
Irenaeus (130-202 n.C.) Beide hierdie kerkleiers het onder Polycarpus (69-155 n.C. )
studeer. Polycarpus was ʼn groot ondersteuner en dissipel van Johannes en een
van die min teoloë wat aan die Joodse geloof getrou gebly het.
Derde eeu n.C.
Aan die begin van die
derde eeu n.C. het daar gevolglik twee fundamentele beginsel verskille bestaan
tussen die Romeinse Christelike teologie en die tradisionele Joodse geloof wat
primêr gegaan het oor (1) die noodsaaklikheid van die voortgesette onderhouding
van die Mosaïese wette en (2) oor die siening van wie en wat God is. Die begrip
van ʼn Goddelike Drie-eenheid, wat tot op daardie stadium nog nie teologiese
inslag gevind het nie, is die eerste keer gebruik deur Tertullianus (150-225 n.C. ),
die sogenaamde vader van die Latynse teologie.
Naas Tertullianus, tree
daar ook ʼn tweede kerkleier na vore wat ʼn groot invloed sou uitoefen op die
voortgesette ontwikkeling van die Christelike kerk, naamlik Origines (185-254 n.C. )
Origines het die teorie van Tertullianus oor die bestaan van ʼn Goddelike
Drie-eenheid verder probeer uitbrei met sy eie teorie van “ewige
voortplanting”. Volgens hom moes die ewigdurendheid van Jesus, as ʼn essensiële
deel van die wese van die Vader gesien word, en as sulks ʼn eenheid met die Vader
vorm. Saam met die Heilige Gees, wat vanuit beide die Vader en die Seun uitgaan
het, het die Vader en die
Seun en die Heilige Gees dus ʼn Goddelike Drie-eenheid gevorm. Origines was ook
die vader van die begrip “vagevuur” as ʼn soort “halfweghuis” waar veroordeeldes
ʼn tweede kans op
bekering en redding sou kry.
In 313 n.C. word die Edik van Milaan uitgereik.
Konstantyn II, Keiser van Rome ontsê Jode
talle regte en voordele. Jode word nie langer toegelaat om in Jerusalem te woon nie en is verbied om enige
mens te oorreed om die Joodse geloof aan te neem. Alle Joodse sendingwerk word
verbied. Na die uitreiking van die Edik van Milaan word alle huwelike tussen
Christene en Jode verbied (selfs met die dood strafbaar gemaak) en aanneming
van die Joodse geloof word ʼn kriminele oortreding.
Onder
die bewind van Keiser Konstantyn II word die Christelike geloof (Katolieke
geloof) die amptelike geloof van die Romeinse Ryk.
In 325 n.C. vind die sitting van die Eerste
Konsilie van Nicéa plaas op aandrang van Keiser Konstantyn II. Alhoewel die
gepropageerde doel van die sitting was om ʼn gemeenskaplike standaard vir die
verkondiging van die Christelike teologie dwarsdeur die Romeinse Ryk vas te
stel, het Konstantyn egter ʼn verskuilde doel met die vergadering gehad, en dit
was om Godsdiens te gebruik om die vereniging van sy Ryk en die vestiging van ʼn
gemeenskaplike identiteit vir die Romeine te bewerkstellig. Vir hierdie rede
het hyself dan ook die voorsitterstoel ingeneem.
Daar
word beweer dat Konstantyn met die Konsilie van Nicéa nog nie gedoop was nie en
dat hy eers op sy sterfbed, toe hy te swak was om onderdompeling van die doop
te ondergaan, deur besprinkeling gedoop is. Laasgenoemde het gelei tot die
afskaffing van onderdompeling tydens doop en is vervang met die gebruik van
besprinkeling.
In die
daaropvolgende besprekings word alle menings wat nie met die sienings van die
Romeinse Kerk ooreengekom het nie (met die ondersteuning van die Keiser
natuurlik) summier van die tafel afgevee. Die sienings van die Biskoppe van
Rome seëvier gevolglik in meeste van die besprekings wat plaasgevind het.
Tydens
hierdie sitting word die verskille oor die gebruik van Paasfees vir eens en
altyd uit die weggeruim en word die Goddelike Drie-enigheid as amptelik
aanvaarde teologie, aangeneem.
Konstantyn,
wat voor sy bekering ʼn navolger van die sogenaamde heidense “Sonaanbidders”
was, was ook verantwoordelik vir die instelling van die Romeinse “Dag van die
Son”, ʼn Romeinse vakansiedag waarop alle besighede en die howe gesluit moes
word. As gevolg van sy vorige verbintenis met die heidense Sonaanbidders het
die stralekrans, wat vandag nog in die afbeeldings van Christus gebruik word,
die kerk binnegekom. Die gebruik van die gekruisigde Christus aan die kruis is
ook as gevolg van sy invloed in die kerk ingevoer.
Alhoewel
Rome nou die aanskyn van die Christelike geloof gehad het, het Konstantyn
stelselmatig begin met die onmenslike afdwinging van die Christelike
leerstellings van die Roomse kerk, wat nou bekend gestaan het as die Katolieke
Kerk.
As
direkte uitvloeisel van Konstantyn se vorige verbondenheid met die
“Sonaanbidders”, vaardig hy
ʼn edik uit wat “Sondag aanbidding” dwarsdeur die Romeinse Ryk verpligtend maak.
Net soos in sy vorige dekreet moes alle besighede en staatsinstansies op Sondae
gesluit wees en almal moes op Sondae, rus.
In 363
n.C. vaardig die Sinode van Laodicea die sogenaamde “kanon 29” uit wat Jode
verbied om op die Joodse Sabbatdag (M.a.w. Saterdag) te vier, en die Jode word
in werklikheid verplig om op Saterdae (Joodse Sabbat) te werk.
Groepe
wat nie bereid was om die Roomse leerstellings te eerbiedig nie, is as ketters
en vyande van die staat beskou, en meedoënloos vervolg. Die gevolg was dat die
Jode wat probeer het om van hierdie vervolging te ontsnap, gedwing was om oor
die grense van die Romeinse Ryk te vlug na gebiede soos Armenië en later na die
Balkan state van Europa.
Vierde
eeu n.C.
In
303-313 n.C. loods Diocletianus, Keiser van Rome, die ergste vervolging van die
Jode nog tot op daardie stadium, en Judaïsme word verder uitgedryf tot in
Klein-Asië. Alhoewel die Jode reeds honderde kilometers van hulle oorspronklike
tuiste of gemeentes verwyderd was, behou hulle steeds die benamings van “die
kerk van Efese” en die “kerk van Macedonië”. In hierdie tyd ontstaan daar ook die
gebruik van die woord “Paulitane”; Christene wat die leer van Paulus nagevolg
het.
Afgesien
van die voortgesette vervolging van die Jode, beleef die Katolieke kerk ʼn
relatiewe lang tydperk van vrede en konsolidasie tot en met die begin van die
Hervorming in die 16e eeu.
Intussen
is baie “Paulitane” deur die Bisantynse konings gedwing om in die Balkan te
hervestig, om sodoende as eerste linie (skans) teen die Bulgaarse stamme wat op
daardie stadium gedreig het om die Balkan binne te val, te dien.
Dit is
gedurende hierdie tyd dat die Paulitane in twee hoofgroepe verdeel het naamlik
die “Bogomille” en die “Waldense”. In
die 10e en 11e eeu n.C. trek die “Bogomille” weswaarts en
vestig hulle in Serbië en later in Bosnië. Aan die einde van die 12e eeue n.C. het die Bogomille se invloed sovêr
gestrek as Italië en die Suide van Frankryk. Dit was hierdie invloed wat gelei
het tot die ontstaan van die Kathare in die suidooste van Frankryk. Intussen
het die Waldense na die afgeleë valleie van die Alpe gevlug en hulle daar
gevestig.
Gedurende
die 13e eeu het afstammelinge van hierdie groep hulle in Bohemië en Duitsland
gevestig terwyl ander na gebiede in Middel- en Oos –Europa getrek het.
Gedurende die 14e en 15e eeu het
die Waldensiese Jode, Holland en Engeland binnegedring.
Aan
die einde van die 15e eeu ontstaan die sogenaamde “Sabbattariese Anabaptiste”
as ʼn Godsdienstige groep, wat ʼn tiepe vermenging van Joodse en Christelike leer
aangehang het. Hierdie benaming het sy ontstaan gehad in die feit dat hierdie
groep enersyds volgehou het om die Sabbat op die sewende dag (Saterdag) te
gedenk, en andersyds, diegene wat slegs deur besprinkeling gedoop is, nie as
Christene erken het nie.
Die
Hervorming
Reeds
sedert die 12e eeu het die geestelike verval in die Katolieke kerk reeds tot
verskeie oproepe vir hervorming gelei. Hierdie
ongelukkigheid onder die Katolieke het in die 16e eeu tot so ʼn mate opgebou,
dat net die kleinste vonkie tot ʼn grootskaalse uitbarsting sou lei.
Geskiedskrywers
is dit eens dat die gebruik in die Katolieke kerk belydenis van sonde te doen
en om dan vergifnis en kwytskelding teen betaling te ontvang, sogenaamde
“aflaatgeld”, die grootste oorsaak was wat tot die Hervorming gelei het.
Op 31
Oktober 1517 spyker Martin Luther, ʼn Augustynse monnik en dosent aan die
Universiteit van Wittenberg, sy bekende 95 stellings van beswaar teen die deur
van die Kasteelkerk van Wittenberg, vas. (Die kerkdeure was die plek waar al
die belangrike kennisgewings in daardie tyd vasgesit was sodat die mense dit
kon lees.)
In
hierdie stellings het Luther vir die eerste keer in die openbaar beswaar gemaak
teen die finansiële misbruike van die kerk, doktrinêre verdraaiings van die
ware leer en godsdienstige misbruike deur die kerk. Hierdie openlike uitdaging
van die Katoliek gesag, was al wat nodig was vir die begin van die Protestantse
Hervorming.
In
Duitsland het die Hervorming spoedig gelei tot die verdeling van die land
tussen die hervormingsgesinde “Lutherane” en dié wat getrou gebly het aan die
Katolieke Pousdom.
Die
Boere-oorlog van Duitsland in 1524, wat allerweë beskou word is as ʼn
godsdienstige oorlog, was egter grootliks ʼn stryd tussen die ryk prinse en
landhere aan die een kant, en die boerestand, wat die Lutherse leerstellings
gebruik het om hulle eie politieke en ekonomiese doelstellings te bevorder. Die
1524 oorlog in Duitsland het finaal die skeiding tussen die hervormers en die
Katolieke veroorsaak.
Die
hervorming het grootliks daartoe bygedra dat die “Verenigde Nederland” polities
in twee verdeel het in wat vandag as Holland en België bekend is. Die noordelike
deel, Holland , het grotendeels die Protestantisme
nagevolg, terwyl die suide, België, Rooms Katoliek gebly het.
Desnieteenstaande
die gewelddadige vervolging van die Nederlandse Protestante deur Karel V,
koning van Spanje, onder wie se gesag die Verenigde Nederland op daardie
stadium was, groei die Protestantisme, en veral die Calvinisme, steeds, totdat
dit uiteindelik onskeidbaar van die Hollanders se strewe na nasionalisme,
geword het.
Hierdie
strewe lei in 1568 tot die sogenaamde 80jarige oorlog tussen die Protestante,
onder aanleiding van Willem I, Prins van Oranje, en die Spaanse magte, onder
aanleiding van Filippus II, opvolger en seun van Karel V. In 1648 onderteken
die Spanjaarde die Verdrag van Münster waarin die onafhanklikheid van Holland erken
is.
Vir
die Protestante was hierdie oorwinning ʼn terugkeer na die Bybelse beginsels en
verwerping van baie van die Katolieke vorm- en rituele Godsdienstige
gebruike.
Vandag bestaan daar
nagenoeg 35,000 verskillende Christelike denominasie wêreldwyd.
Aankoms
van die Gereformeerde Geloof in Suid Afrika
In
1652 word Jan van Riebeeck in opdrag van die Verenigde Oost-Indiese Kompanjie,
na die Kaap gestuur om hier ʼn verversingspos en halfwegstasie op die
handelsroete na die Ooste , te vestig. Deel
van Riebeeck se opdrag was om sendingwerk onder die heidene te doen. As
Gereformeerde, word die gereformeerde kerktradisie in die Kaap gevestig.
Op 18
Augustus 1665 word die eerste Nederduitse Gereformeerde gemeente in Kaapstad
gevestig en met die koms van die Franse Hugenote en later die Britse Setlaars,
groei die Gereformeerde kerk sodanig, dat daar met die eerste Sinode van 2
November 1824, reeds 14 afsonderlike gemeentes van die kerk bestaan. Met die
Groot Trek in 1834-1840 brei die kerk uit tot in die Oranje-Vrystaat, Transvaal
en Natal en in 1962 kom die Algemene Sinode van die NG Kerk in Suid Afrika tot
stand.
Totstandkoming
van die Staat Israel
Aangesien
die Engelse nie ʼn oplossing kon vind vir die eeue oue geskil tussen die Jode en
die Arabiere nie, handig Engeland in 1947 die problem oor aan die nuut gestigte
Verenigde Nasies, om met ʼn plan vir die verdeling van die Palestynse gebied in
twee dele, ʼn Joodse en Palestynse gebiede, vorendag te kom. Hierdie plan van
die VN- taakspan word gedurende November 1947 deur die VN geratifiseer, met die
verstandhouding dat die Britse mandaatskap van Israel op 14 Mei 1948 sal
verstryk en dat op daardie datum alle Britse troepe uit Israel onttrek moet
wees. Toe die laaste Engelse magte Israel op 14 Mei 1948 verlaat, word die
Deklarasie van Onafhanklikheid van Israel, onder leiding van David Ben-Gurion,
dieselfde dag nog afgekondig.
Die
snelle groei van Sionisme in die tydperk ná Wêreldoorlog II, en die
totstandkoming van Israel as ʼn onafhanklike staat, veroorsaak dat talle Jode
wat gedurende die oorlog versprei en ontwortel is, in groot getalle terugkeer
na Israel .
Vandag
is Sionisme, soos wat die Judaïsme vandag bekend staan, weereens diep gevestig
en gewortel in die post-moderne Staat van Israel.
Wat het van die kerk
van Christus in die Suid Afrika geword ?
Net
soos die Jode het die kerk van Jesus die afgelope twee millennia op
wonderbaarlike wyse oorleef.
Teen
die agtergrond van die voorgaande historiese oorsig, kan die vraag seker met reg gevra word:
“Is die Gereformeerde kerke van vandag nog dieselfde kerk wat Jesus, 2000 jaar
gelede, hier op aarde kom vestig het?”
Deur die geskiedenis
moes die kerk van Jesus gereeld aanpassings maak in die Christelike teologie,
ten einde die kerk van algehele uitwissing te red. Met die Hervorming, gryp
Christus op wonderbaarlike wyse in om die kerk, wat oor ʼn tydperk van 2000 jaar
so te sê vervreemd geraak het van die oorspronklike beeld van die kerk van
Christus, terug te bring na die kerk wat Jesus wou hê dit moes wees. Of die
Gereformeerde kerkleiers besig is om daarin te slaag om die kerk van Jesus 100%
te herstel tot die Nuwe Testamentiese bedoeling daarvan, sal net die tyd ons
leer.
Die strewe onder die
swart bevolkings groepe van Suid Afrika na ʼn totale Afrosentriese waarde- en
norme sisteem, word deur talle blanke Suid Afrikaners vandag gesien as die
grootste bedreiging vir die behoud van ʼn eiesoortige Gereformeerde Godsdiens.
Soos in die verlede
staan die kerk van Jesus vandag weer by ʼn kruispad in Suid Afrika. Satan saai
verwarring en ontmoediging oral in Suid Afrika. Blanke Suid Afrikaners voel dat
die vorige Nasionale regering hulle in die steek gelaat het deurdat die
Eurosentriese waardes- en norme sisteme wat met die Hervorming herstel en
hervestig is, nie genoegsaam in die huidige konstitusionele bedeling in Suid
Afrika, verskans en beskerm was nie. Suid
Afrika word weereens deur ʼn minderheid regering regeer, behalwe dat dit hierdie
keer ʼn godsdienstige, nie-Christelike, minderheid is.
Een van die grootste foute
wat die gereformeerde Christendom in Suid Afrika vandag kan maak, is om te
vergeet dat die kerk van Jesus, wat Hy 2000 jaar gelede op aarde kom vestig
het, nie ʼn fisiese gebou of spesifieke gemeente was nie.
Die kerk van ons Here
Jesus Christus, is nie ʼn mensgemaakte organisasie wat onder sekulêre menslike
gesag funksioneer nie, maar omvat die totale Christendom wêreldwyd.
Geloof
|
Aanhangers
|
%
|
Aanhangers
|
%
|
2001
|
2007
|
|||
Christendom
|
35,750,641
|
79.77
|
29,684,861
|
73.52
|
Ateïste
|
6,767,165
|
15.1
|
3,262,428
|
8.08
|
Ander
|
283,815
|
0.63
|
||
Buddisme
|
12113
|
0.03
|
||
Islam
|
654,064
|
1.46
|
985,460
|
1.45
|
Onoortuig
|
610,974
|
1.36
|
||
Hindu
|
551,668
|
1.23
|
504,707
|
1.25
|
Inheemse gelowe
|
125,898
|
0.28
|
6,056,487
|
15.0
|
Judaïsme
|
75,549
|
0.17
|
68,640
|
0.17
|
Verskillende gelowe in Suid Afrika
Verteenwoordiging van Christene in Suid Afrika
79.9% van die Swart bevolking is Christene,
17.5% het geen geloof, .2% is Muslims en 2.3% behoort aan ander gelowe of is
onoortuig.
86.8% van die Wit bevolking is Christene, 8.8%
het geen geloof, .2% is Muslims, 1.4% is Judaïsme, 2.7% behoort aan ander gelowe of is onoortuig.
Die rol van
kultuurverskille in die kerkgeskiedenis van Suid Afrika
Die ontmoeting tussen
die witmens (hoofsaaklik van Europese afkoms) en swartmense (hoofsaaklik van
Afrika afkoms) in die vroeë 19e eeu, was ook die begin van die stryd om
Christelike eensgesindheid tussen die verskillende kulturele groepe binne Suid
Afrika te bewerkstellig.
Met hierdie ontmoeting
het twee verskillende en bykans teenoorgestelde groepe kulture, bymekaar
uitgekom, wat vir die volgende 170 jaar die grondslag van die politieke,
maatskaplike, ekonomiese en godsdienstige ontwikkeling in Suid Afrika sou
bepaal.
Toe die Sinode van
Dordrecht in 1619 verklaar dat die kerk van Jesus die gemeenskap van die
“uitverkorenes” van God is, was hierdie verklaring tot ʼn groot mate die begin
van “godsdienstige-apartheid” in die gereformeerde Christelike kerke wêreldwyd.
Enige godsdiens wat nie suiwer op die Christelike geloof en belydenis geskoei
was nie, moes summier veroordeel en vermy word. Hierdie wanopvatting het
veroorsaak dat baie wit Suid Afrikaners vas geglo het dat slegs blankes hemel
toe kon gaan!
Met die aankoms van die
Gereformeerde geloof in Suid Afrika in 1652, was hierdie siening reeds diep
gewortel in die gereformeerde geloofsoortuiging.
Met die stigting van
die Nederduitse Gereformeerde Kerk in 1853 en die Gereformeerde Kerk van Suid
Afrika in 1859, was die Calvinistiese siening van die kerk as die gemeenskap
van uitverkorenes, steeds fundamenteel in die belydenisse van beide hierdie
kerke gevestig. God is die enigste ware God wat ewig, wys en die skepper van
die heelal is, en slegs die uitverkorenes van God sal die ewige lewe beërwe
solank hulle die leerstellings van die kerk gehoorsaam en eerbiedig,
Teen die jaar 1800 het
die druk op die gereformeerde kerke, van binne hulle eie geledere, begin
toeneem vir ras gebaseerde segregasie, en hierdie problem is vererger toe swart
gelowiges begin aandring het op afsonderlike swart kerke en gemeentes. In 1881
word die NG Sendingkerk, wat hoofsaaklik vir kleurlinge bedoel was, gestig, en
in 1910 kom die NG Kerk in Afrika, wat hoofsaaklik vir swart gelowiges bedoel
was, tot stand.
Vir die Afrikaans
sprekende blanke gereformeerdes het dit in die laat 19e eeu en vroeg 20e eeu
primêr om ʼn eiesoortige, blanke (Eurosentriese) oorlewing en selfbehoud in Suid
Afrika gegaan. Die primêre doelwit was die behoud van ʼn Eurosentriese waarde en
norme sisteem, wat gelei het tot die stigting van die “Zuid-Afrikaansche
Republiek” (Transvaal ) in 1852, en die
Oranje-Vrystaat Republiek in 1854.
Die aanbreek van die
Anglo Boereoorlog in 1899, en die daaropvolgende totstandkoming van die Unie
van Suid Afrika in 1910, het die behoefte aan eiesoortige selfbehoud onder die
Afrikaanssprekende blankes nog verder laat groei. Suid Afrikaners wat voorheen
van boerdery ʼn bestaan gemaak het, was as gevolg van die oorlog verarmd en
ongeskoold vir werk in ʼn geïndustrialiseerde omgewing, agtergelaat.
In 1961 kom die
Republiek van Suid Afrika tot stand. Weens die getalle oorwig van die swart
bevolking, en uit vrees vir ʼn swart oorheersing binne ʼn westerse demokratiese
politieke stelsel, besluit die Suid Afrikaanse regering, onder leierskap van
Dr. HF Verwoerd, op ʼn stelsel van afsonderlike ontwikkeling, waarin elke
eiesoortige gemeenskap, binne sy eie grondgebied, selfstandig en afsonderlik
kan ontwikkel. Ten einde hierdie model te implementeer word ʼn verskeidenheid “tuislande”
geskep waarbinne die verskillende gemeenskappe geakkommodeer kon word.
Een van die groot
gevolge van hierdie beleid was dat die godsdienstige ideologie en politieke
ideologie so vermeng geraak het, dat politiek en godsdiens later so verstrengel
geraak het dat dit nouliks van mekaar geskei kon word.
Die afsondering en
marginalisering van swart mense was die hoof oorsaak dat na 1960, die ontwaking
van ʼn Afrosentriese maatskaplike model onder swart Suid Afrikaners groter
momentum laat kry het en die ANC word die amptelike verteenwoordiger van
prakties alle swart mense in die stryd om politieke selfbehoud.
ʼn Belangrike aspek wat
dikwels uit die oog verloor word, is die feit dat die swart mense van Suid
Afrika nie net uit een homogene groep bestaan nie. Een van die talle gevolge
van die Nasionale regering se apartheids beleid was juis dat dit die
gemarginaliseerde bevolkings groepe, naamlik Swartes, Kleurlinge en Indiërs, in
een verenigde front gedwing het. (Destyds bekend as die “United Democratic
Front”)
In die sewentiger en
tagtiger jare van die vorige eeu, toe die druk teen die apartheidsbeleid, van
binne én buite Suid Afrika, op sy hewigste was, was die gereformeerde susters
kerke van die grootste struikelblokke in die soeke na ʼn gemeenskaplike
aanvaarbare oplossing vir die politieke probleme van Suid Afrika. Baie
gereformeerde predikante het die regering ondersteun, maar daar was net so baie
wat ʼn geïntegreerde politieke
bedeling vir Suid Afrika teengestaan het. Hierdie onderlinge twis was die groot
oorsaak dat mense soos Ds. Beyers Naude, ʼn voormalige NG predikant, uit die
bediening getree het en by ʼn swart gemeente aangesluit het.
In 1990 het selfs die
Katolieke Kerk teen integrasie op skoolvlak betoog toe die “South African
Catholic Defence League” gestig is om teen politieke inmenging deur die Kerk
beswaar te maak.
Een van die sterkste
swart-godsdiens bewegings wat heftig teen die beleid van apartheid gekant was,
was die Suid Afrikaanse Raad van Kerke, wat onder leiding van Aartsbiskop
Desmond Tutu, verskeie vreedsame protes optogte gelei het waartydens menige
petisies aan die regering oorhandig is.
Na die verkiesing van
1994, toe die ANC die verkiesing gewen en die regering van die land oorgeneem
het, bevind die blankes van Suid Afrika hulle nie net in ʼn predisposisie met
betrekking tot hulle politieke identiteit nie, maar is hulle ook bekommerd dat
die proses van algehele integrasie hulle ook van hulle gereformeerde
identiteit, sal ontneem.
Die grootste tragedie
wat as gevolg van hierdie stryd teen, aan die een kant, die behoud van eie
identiteit (aan beide kante) en aan die ander kant algehele integrasie bestaan,
kon die kloof van verdeeldheid tussen wit en swart in Suid Afrika nog nooit
vernou word nie.
Agterdog aan weerskante
van die kleur skeiding bly nog steeds een van die grootste struikelblokke vir
wedersydse aanvaarding. Alhoewel skole in Suid Afrika tans groot vordering maak
met die uitroeiing van hierdie probleem, leef die probleem by die ouer geslag
Wit- en Swartmense, wat onder die euwel van apartheid geleer en grootgeword,
steeds voort. Dit is juis die ouer geslag, wit en swart, wat nié daarin kon
slaag om hulle Westerse en Afrika gewoontes met mekaar te versoen nie, met die
gevolg dat, binne die huislike verband word die historiese verskille nog
steeds voortgeplant.
Die uitdaging vir die
opinie- en beleidsvormers in Suid Afrika vandag is om ʼn gemeenskaplik aanvaarde
(kollektiewe) waardesisteem te vind wat voorsiening kan maak vir “eenheid in diversiteit”.
Amerika is ʼn goeie voorbeeld hiervan, waar groepe van verskillende en
uiteenlopende identiteit, vreedsaam en ongehinderd met mekaar saamleef, maar wat nog
steeds trots is op hulle gemeenskaplike Amerikaanse identiteit.
Suid Afrika is ʼn land
van minderhede en daar bestaan geen enkele groepering wat hulleself tot
verteenwoordigers van ʼn ander kan of mag verhef nie. Die huidige
regering is in werklikheid ook ʼn minderheid regering as lidmaatskap van die
Christendom as kriteria gebruik word. Dit hang gevolglik bloot af wat die
kriteria is wat gebruik word om verteenwoordiging teen te meet. Die vraag kan sekerlik gevra word: “Wie is nou
eintlik die Afrikanis wat oor ʼn alleen mandaat vir “regeerder” beskik?”
Matt. 22: 37-
40
“Jy moet die Here jou
God liefhê met jou hele
hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die
eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste
liefhê soos jouself.’ In hierdie twee gebooie is die hele wet en die
profete saamgevat”
Het jy geweet dat:
In die
Westerse gebruik:
|
In die
Swart gebruik:
|
1. Die mindere die meerdere eerste groet
|
1. Die mindere nie praat voordat die meerdere hom/haar toestemming
gegee het om te praat nie.
|
2. Die meerdere se kop
|
2. ʼn Mindere se kop mag nooit hoër wees as die van die meerdere
|
3. Die mindere mag nie sit voordat die meerdere hom/haar toestemming
gegee het om te sit nie
|
3. Die mindere sal van nature gaan sit wanneer die meerdere ook sit,
want sy/haar kop (hoof) mag nie hoër wees as die van die meerdere nie
|
4. ʼn Vrou word altyd die geleentheid gegee om eerste by ʼn deur in te
gaan. ʼn Motor se deur word eerste vir ʼn vrou oopgemaak.
|
4. ʼn Man sal voor ʼn vrou by ʼn deur ingaan om aan te toon dat hy haar
agter sy rug vertrou. In sekere gemeenskappe moet die man voor loop ten einde
enige verskuilde gevare die hoof te bied.
|
5. Mans staan wanneer daar gebid word
|
5. Mans en vrouens moet hulle so laag as moontlik op die grond
neerbuig
|
6. Mense wat hard praat word as ongemanierd beskou
|
6. Mense wat sag praat word gesien dat hulle van iemand skinder en
andere dit nie mag hoor nie
|
7. Wanneer ʼn meerdere ʼn mindere aanspreek moet die mindere die
meerdere in die oë kyk.
|
7. Wanneer ʼn mindere aangespreek word, mag die mindere die meerdere
nie in die oë kyk nie want dit is ʼn teken van aggressie
|
8. ʼn Mindere word selde die geleentheid gegun om sy/haar kant van ʼn
saak te verduidelik
|
8. ʼn Mindere word altyd die geleentheid gegun om sy/haar kant van ʼn
saak te verduidelik
|
9. Wanner jy ʼn meerdere op kantoor besoek klop jy aan die deur, wag
om ingenooi te word en wag om toestemming te kry om te gaan sit
|
9. Wanneer jy ʼn meerdere op kantoor besoek, maak jy die deur
stilletjies oop, gaan in, gaan sit, en wag vir die meerdere om jou raak te
sien en te groet wanneer dit die meerdere pas
|
10. Wanneer jy iemand met die hand groet, dan doen jy dit met ʼn
stewige en ferm handdruk.
|
10. Wanneer jy iemand met die hand groet en hard druk, dui dit op
aggressie. ʼn Sagte handdruk dui onderdanigheid en nederigheid aan.
|
11.
|
11. Iemand wat bloot op sy/haar van aangespreek word, beskou dit as
respek vir sy/haar herkoms
|
12. Die mindere moet gewoonlik die meerdere eerste groet
|
12. Die persoon wat ná ʼn ander by ʼn plek opdaag (2e opdaag) moet
eerste groet
|
Die beste waarborg vir ernstige misverstand en konflik wat jy seker
Ontleed self die volgende scenario aan die hand
van die voorgenoemde gebruike.
Die vrae wat jy vir jouself moet
beantwoord is: (1) Wat het
die huishulp hiermee bedoel? … en
(2), wat het die huiseienaar hiermee verstaan?
Om jou met die ontleding te help, het ek
die verskillende gedeeltes van die storie waarna jy spesifiek moet oplet
onderstreep.
Scenario:
ʼn Sekere huiseienaar, ʼn
wit man, het die betrokke oggend met die verkeerde voet uit die bed uit
opgestaan en sit in sy studeerkamer agter sy lessenaar en koffie drink.
Die huishulp, ʼn swart
vrou, daag laat by die werk op en, sonder
om te klop (1),
kom sy die studeerkamer binne en sê
nie ʼn woord nie (2). Sy gaan sit op die vloer (3) langs die deur en kyk die hele tyd na die mat (4) onder haar.
“Waar die hel kom jy
nou vandaan en wie het vir jou gesê jy kan sommer in my kantoor inkom ?!”
Sonder om na die man te
kyk (5) wil sy nog probeer
antwoord (6), toe
dié alreeds verder gaan met sy uitbarsting: “En nou gaan jy seker ook weer vir
my sê die bus was laat!”
Intussen het die man
agter sy lessenaar opgestaan en gluur na die huishulp waar sy steeds op die vloer sit. (7)
Toe sy wéér ʼn keer
probeer antwoord terwyl sy na
iets teen die muur agter die man kyk (8),
word haar poging begroet met: “Staan op man, jy sit nie as jy met my praat
nie!”
“Maar meneer ….”
“Hoekom kan julle ʼn mens nooit in die oë kyk nie
en gin’ nikse meneer met jou nie; lóóp en gaan doen jou werk!”
Klink dit vir jou
bekend of was jy self al skuldig hieraan ?
No comments:
Post a Comment